Mooi Troues deel vandag ‘n baie oulike boheemse reisiger tema trou inspirasie, geïnspireer deur Günther Schubert se praatjie op Radio Sonder Grense oor tendense wat moet eindig in 2015. Ronel Strauss het aandagtig geluister na wat ons stigter en aanlyn Redakteur te sê gehad het. Sy het ‘n simplistiese en onkonvensionele, tog stylvolle benadering gehad ten opsigte van die Boheemse reisiger tema fotosessie. Hulle het nie die algemene Boheemse kleurskema gevolg nie, maar meer die vryheid van Boheems beklemtoon met die tafel in die oop veld en mooi vars blomme. Geniet die fotosessie en maak seker jy deel dit met almal wat jy weet van mooi goed hou!
Wat was die inspirasie agter die fotosessie?
Ek het een dag op RSG na Günther Schubert van Mooi Troues se raad geluister oor die vyf tendense in troues waarvan die tyd verby is. Günther se raad is noukeurig gevolg e ons het ‘n simplistiese en onkonvensionele tog stylvolle benadering gehad ten opsigte van die fotosessie.
Ons het ook besluit om geheel en al af te wyk van die tipiese helderkleurige boheemse kleure. Dus het ons liewer gegaan vir die meer aardse kleure met wit, goud, pienk, en ook spatsels geel en blaargroen.
Ons het ook baie gehou van die gebruik van fyn, sagte en mooi blomme, kant, materiaal, ens. saam met growwe hessian, hout, vetplante, tou, ens.
Ook wou ons dit graag in ‘n veld met blomme doen waar dit die vryheid van die boheemse lewe uitbeeld en ook iets van die pastorale leefwyse weergee.
Vertel ons meer van die tafel?
Ons het ’n ou houtkis gebruik as tafel wat ook die reisigers lewe uitbeeld. Die blomme is gekies volgens die kleurskema, en om die aardse gevoel terug te bring, het ons vetplante gebruik. Die ander dekor was wynbottels en konsul bottels wat ons met goue verf gespuit het. Verder het ons kantagtig lopers op die punte geplaas waar die borde op gedek was. Belangrik vir ons by die tafel was om die simplistiese reël toe te pas, die spyskaart wat dan ook dien as ‘n servet houer en naamplaatjie reflekteer hierdie idee en is ‘n praktiese dog stylvolle benadering ten opsigte van die doel voor oë.
So ook die koektafel: Die idee was om die koektafel avontuurlustig te laat voorkom maar ten opsigte van die versiering het ons ons steeds laat lei deur die reël van simplisme. Weereens die mooi refleksie van ons kleurskema en sagte kant saam met die growwer hessian en vetplante wat weer terugkeer na die aardse gevoel.
Hoekom het julle die venue gekies?
Pampoenkraal is ongerep en die groen woudagtige voorkoms en velde met lenteblomme, lelies en grond paadjies was hierdie venue absoluut in die kol om die vryheid van ‘n reisiger uit te beeld.
Die idee was ook om die natuur se lente groen as agtergrond vir hierdie fotosessie te gebruik en hiervoor was Pampoenkraal perfek.
Hoekom het julle daardie spesifieke rokke gekies?
Die rok het ons gekies omdat dit die boheemse styl pragtig reflekteer met die kant afwerkings op die bolyf en die sagte sjiffon wat lospassend om die lyf val. Totaal en al ‘n wegbreek van die oorbekende vintage gevoel.
Ons was van die eerste oomblik af net verlief op hierdie rok.
Enige advies wat jy as fotograaf kan gee aan paartjies?
Bespreek die verloop van jou troue deeglik met jou fotograaf; hulle kan vir jou regtig goeie raad gee ten opsigte van die tydslyn beplanning van jou groot dag, en hou dan by die tydlyn op die dag.
Maak ook seker jy kies ’n goeie en dinamiese MC vir die dag, sodat jy jou troue kan geniet en hy/sy verantwoordelik kan wees om almal op hulle plekke reg te kry. Geen bruidspaar is veronderstel om agter familie aan te roep of te hardloop vir familie foto’s en wat nog alles nie.
Kies ook jou strooimeisies baie keurig: Kies iemand wat jy weet wat nie oor hulself meer gaan omgee op jou troudag as oor jou nie. Jy as die bruid, wil jou dag geniet; kies mense rondom jou wat dit vir jou moontlik gaan maak. ‘n Gelukkige bruid op haar troudag maak mooi foto’s.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ronel Strauss
- Koek en gebak: The Manly Baker
- Skryfbehoeftes: Truegrey
- Venue: Pampoenkraal te Altydgedacht
- Grimering: Este Ueckermann
- Hare: Robin Hill van Strangelove
- Blomme en Dekor: Ronel Strauss