Iaan & Mia se plaastroue

Mia en Iaan het vir die heel eerste keer in 1994 ontmoet by hulle kleuterskool in Graaff Reinet, min te wete dat na 20 jaar hulle man en vrou gaan wees. By Mooi Troues is ons gek oor ‘n plaas troue en dit is presies wat Mia en Iaan se troue weerspieël, ‘n plaas troue met moderne dekor elemente. Die onthaal lokasie is perfek vir die regte platteland paartjie omring deur die mooie natuur, bossies en grondpad. Ons weet sommer jy sal hierdie troue baie geniet.

Mia en Iaan se troue_0001Mia en Iaan se troue_0002 Mia en Iaan se troue_0003 Mia en Iaan se troue_0004 Mia en Iaan se troue_0005 Mia en Iaan se troue_0006 Mia en Iaan se troue_0007 Mia en Iaan se troue_0008 Mia en Iaan se troue_0009 Mia en Iaan se troue_0010 Mia en Iaan se troue_0012 Mia en Iaan se troue_0013 Mia en Iaan se troue_0014 Mia en Iaan se troue_0015 Mia en Iaan se troue_0016 Mia en Iaan se troue_0018

Hoe het julle verloof geraak?


Op 26 Januarie 2014 het die griep Iaan plat getrek, maar dit het hom nie gekeer om Baukerskop, ‘n koppie in Queenstown,te gaan uit klim nie, konsuis sodat ek mooi fotos kan gaan neem in die natuur. Ek het eers gehuiwer om te gaan omdat hy so siek was, maar ek het dit baie romanties gevind dat hy ‘n geleentheid geskep het om dit waarvan ek hou, saam met hom te kan geniet.

Met die pragtige sonsondergang as agtergrond het hy sy liefde vir my verklaar, op sy knieë gegaan en my gevra om met hom te trou!

Mia en Iaan se troue_0019 Mia en Iaan se troue_0020 Mia en Iaan se troue_0021 Mia en Iaan se troue_0022 Mia en Iaan se troue_0023 Mia en Iaan se troue_0024 Mia en Iaan se troue_0025 Mia en Iaan se troue_0026 Mia en Iaan se troue_0027

Hoe lank was julle saam voor julle besluit het om te trou?

9 uit die 20 jaar wat ons mekaar ken was ons ‘n paartjie. Op Laerskool wou ek nie ja se as hy my die “kys” gevra het nie…eers ‘n paar jaar later, Graad 11, het ons begin uitgaan. Ons het ook vir ‘n ruk ‘n lang afstand verhouding gehad, gedurende universiteit dae en in die begin stadiums van die lewe as werkende persoon, totdat ek werk gekry het in dieselfde dorp as hy. Daarna was alles perfek, dinge het in plek geval en ons het na 11 maande verloof geraak en 9 maande later getrou!!

Mia en Iaan se troue_0028 Mia en Iaan se troue_0029 Mia en Iaan se troue_0030 Mia en Iaan se troue_0031 Mia en Iaan se troue_0032 Mia en Iaan se troue_0033 Mia en Iaan se troue_0034 Mia en Iaan se troue_0035 Mia en Iaan se troue_0036 Mia en Iaan se troue_0037 Mia en Iaan se troue_0038 Mia en Iaan se troue_0039 Mia en Iaan se troue_0040 Mia en Iaan se troue_0041

Julle advies vir ander paartjies:


Probeer ten alle tye in liefde optree, en wys jou liefde oral.  Daar is niks lekkerder om lief gehê en gewaardeer te voel nie, dit bring vreugde, respek en vrede. Ook baie belangrik, “A family that pray together, stay together.”

Mia en Iaan se troue_0042 Mia en Iaan se troue_0043 Mia en Iaan se troue_0044 Mia en Iaan se troue_0045 Mia en Iaan se troue_0046 Mia en Iaan se troue_0047 Mia en Iaan se troue_0048 Mia en Iaan se troue_0049 Mia en Iaan se troue_0050

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue: Bloemfontein Venue
  • Hare: Zurita
  • Grimering: Lucille
  • Spyseniering: Celest Spyseniering
  • Koek: Megan
  • Videograaf: Raising Flags
  • Platejoggie: Fanie Sound
  • Bruid Rok: Odette Designs
  • Bruidsmeisies: Odette Designs
  • Bruidegom pak: Heinz In Style

[endsection]