Verloof? Wat om volgende te doen?

Baie geluk met julle verlowing, dit is ʼn opwindende tydperk in paartjies se liefdesreis.  Julle wonder seker wat om nou volgende te doen?  Dit is ʼn vraag wat baie paartjies vir ons hier by Mooi Troues vra.  Party paartjies raak só gestres, dat hulle onmiddellik dink aan die trou beplanning en nie dié oomblik eers saam geniet nie.  Daardie oomblik wanneer jou geliefde jou vra om te trou, is só groot dat jou hele wêreld tot ʼn stilstand kom.  Geniet elke sekonde hiervan en neem die oomblik saam as paartjie in.  Dit is ʼn herinnering wat julle vir altyd sal by bly.  Moet nie dat jou kop eerste reguit hardloop na die trou beplanning toe nie.

Wees gereed om oorweldig te wees na jou verlowing, veral as jy mense begin vertel van dié goeie nuus.  Almal wil al die detail weet hoe dit gebeur het en meer.  So maak jou gereed vir baie verduideliking en die storie weer-en-weer te herhaal.  Ons het ʼn paar stappe hieronder wat jy kan volg as jy nounet verloof geraak het.  Onthou, jy kan altyd doen wat jy wil en hierdie is net ʼn riglyn van wat julle kan doen.

Rol af om meer te lees as jy net verloof geraak en wil weet wat om volgende te doen.  Deel asseblief die artikel met paartjies wat ook nou net verloof geraak het.

Neem ʼn ring foto en “selfie” saam met jou verloofde:


Ons verstaan dié oomblik is baie groot en jou maag is vol skoenlappers, maar vang die oomblik vas met ʼn vinnige selfie as nuut verloofde paartjie.  As jul ʼn fotograaf of videograaf gehad het om hierdie spesiale oomblik vas te kon vang, nóg beter!  Dit is daardie eerste foto na jy verloof geraak het wat jou altyd sal by bly.  ʼn Herinnering van die groot oomblik.  Dit gee jou ook ʼn foto om vinnig aan te stuur na nuuskierige vriende en familie wat op die rante van hul stoele sit van opgewondenheid.

Deel die nuus met jul ouers, familie en vriende:


Tel daardie selfoon op en begin bel.  Bel jou ouers, familie en vriende wie jy eerste die fantastiese nuus mee wil deel.  Indien jou verloof familie en vriende genooi het om jou te verras, geniet elke oomblik saam met almal.  Dit is uiters ʼn baie spesiale oomblik.

Verseker julle verloofringe so spoedig moontlik:


Ons wil nie jou spesiale oomblik versuur met negatiwiteit nie, maar in realiteit soos alles anders is dit belangrik om jou verloofring te verseker.  Maak seker jou verloofring is so spoedig moontlik verseker, indien dit nog nie verseker is nie.  So sal jy gerus kan rondloop en weet jou verloofring is verseker indien dit gesteel word, of verlore gaan.

Laat pas jou verloofring:


Baie paartjies se verloofdes het die verloofring as ʼn verrassing laat maak, en dalk nie heeltemal lekker die presiese grootte van die verloofring onthou nie.  Dit is meer algemeen as wat jul dink.  Moet nie stres as jou verloofring nie perfek pas op die oomblik nie.  Wees opgewonde en maak ʼn afspraak by die juwelier wie die ring gemaak het.  Die juwelier sal weet hoe om jou verloofring te laat verstel om perfek aan jou vinger te pas.

Neem ʼn oomblik of reël ʼn romantiese wegbreek:


Vat ʼn oomblik van stilte voor julle begin met jul troubeplanning proses.  Moet nie onmiddellik net wegspring met trou reëlings nie.  Geniet ʼn stil tyd saam met jou verloofde en as julle kan reël ʼn romantiese wegbreek.  Om ʼn troue te reël plaas baie stres op paartjies, so geniet die oomblik voor die trou beplanning proses begin.  Dit gee julle ook die kans om met mekaar te gesels oor die verlowing en die stappe hierna.

Na julle stil oomblik of romantiese wegbreek kan julle stadig begin dink aan jul trou reëlings.  Jul kan gerus bietjie rondkrap op Mooi Troues se webblad vir trou advies en –inspirasie van regte troues.

Begin met die eerste stappe van jou trou reëlings:


Na julle oomblik van stilte of ʼn romantiese wegbreek, nou kan julle begin met jul troubeplanning.  Mooi Troues skryf gereeld advies artikels vir paartjies wat besig is om hul troue te beplan.  Ons trougids is gevul met fantastiese trou diensverskaffers wat jou visie vir jou troue ʼn realiteit sal maak.

Om die begin van jul trou beplanning proses te vergemaklik, het ons so ʼn paar punte hieronder gelys waaraan julle solank kan dink.

Die bogenoemde is net om julle aan die dink te kry vir jul trou beplanning.  Klik hier vir meer advies artikels op Mooi Troues wat jou sal help om ʼn stresvrye trou beplanning te hê.

Artikel Krediet: