Ons gaan nie te veel sê oor Pedro en Karien se troudag nie, want die video en foto’s het die liefde tussen die twee baie mooi vasgevang. Geniet die video, fotos en natuurlik die paartjie se liefdes verhaal.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het in die Kaap vir ʼn maatskappy gewerk wat tydskrifte publiseer, en Pedro was ʼn Grafiese Ontwerper in Johannesburg wat ontwerpe vir die tydskrif gedoen het. Ons het oor emails begin gesels, later mekaar begin bel, toe, na ʼn maand en half, vlieg hy af om my te kom ontmoet, van daardie dag af was ons saam. Ons het die lang afstand ding vir so 6 maande gedoen, toe kry ek werk in Johannesburg en trek op.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek en my ma het vir 2 weke deur Zimbabwe getoer laas jaar, toe vlieg Pedro vir ʼn dag deur Kaap toe en ry al die pad Robertson toe om vir my pa te vra of hy met my mag trou.
Ek was salig onbewus van al sy planne. So 3 weke na ek teruggekom het het ons vir die dag deurgery Harties toe, en met die kabelkarretjie opgegaan (al is hy doodbang vir hoogtes!). Toe die son sak, toe gaan hy op sy knieg met die ring in sy hand en vra my om te trou.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 2 jaar saam toe ons verloof geraak het, en ʼn jaar later getrou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Rëel die troue soos julle dit wil hê en probeer altwee se idees by jul groot dag inwerk. Respekteer mekaar, en onthou waaroor dit alles gaan – julle beloof aan mekaar en voor God om mekaar te eer en altyd by te staan.
Verloof wees is ʼn heerlike fase, geniet elke oomblik!
- Videograaf: Boland Weddings
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Lilac Photography
- Venue: Wolfkloof, Robertson
- Hare & Grimering: Essence of Beauty
- Musiek: DJ Glen
- Rok: Sincerity Bridal
- Juwele: Hayley Goodrich Accessories
- Pakke: Eurosuit
- Dekor: My ma
- Strooimeisie rokke: Aneleen van Zyl