Wat was die inspirasie agter die fotosessie?
Ons inspirasie was oranje en al sy skakerings en komplimentêre kleure. Ons het gekonsentreer op rustieke oranje en goue aksente.
Vertel ons meer van die tafel?
Ons het besluit op ʼn ligte rou hout tafel en het hom met ʼn blou “Delft” tafel loper versier. Die Delft blou het die oranje perfek gekomplimenteer en ook hierdie helder kleurskema gekalmeer. Ons het goue eetgerei en breekware gebruik saam met goue kandelare. Skakering van oranje servette is geknoop om die bord vol te lê en ook om nog ʼn bron van kleur te wees op die tafel. Deli stoele het die tafel geraam en ook bygedra aan die rustieke gevoel. Die tafel is dan met skakerings van pers, oranje, wit en geel blomme opgemaak en dieselfde kleure het ook deurgekom in die kleurvolle bruidsruiker. Banksia blare is gebruik vir ʼn kroon en ruiker om die oranje gedipte rok te komplimenteer.
Hoekom het julle Langkloof Roses gekies?
Ons het ʼn venue gesoek wat rustieke voel maar steeds ʼn skoon palet kan bied. Langkloof Roses se stoep area was perfek hiervoor en hulle bruidskamer is net so mooi vir daai regmaak fotos. Langkloof Roses is ook een van die min venues wat so n voldag se skiet vereistes sonder enige beswaar akkommodeer.
Hoekom het julle daardie spesifieke rokke gekies?
Die oranje rok is spesiaal gemaak vir hierdie gestileerde fotosessie en dit is dan ook die handewerk van Chantel de Bruyn. Sy het besluit op ʼn donker bostuk en het die romp gedeelte gedip met ʼn ombré effek in oranje. Dit het ongelooflik mooi uitgekom en ons is mal oor hierdie pragtige en “anders” rok. Dit is ʼn definitiewe opsie vir die meer avontuurlustige bruid.
Die pragtige wit rok is verskaf deur Ever After Bridal en hier het ons meer gefokus op ʼn spesifieke silhoeëtte. Clarita het vlegsels inkorporeer om hierdie tydlose “look” ook kontemporêr te hou.
Enige advies wat jy as fotograaf kan gee aan paartjies?
Of julle nou ’n verlowings fotosessie of troue beplan, my raad aan paartjies bly dieselfde. Doen goeie voorbereiding!
Hoe meer moeite en beplanning julle in die fyner besonderhede sit, hoe mooier gaan jou fotos wees. Daarmee is my bedoeling nie om baie geld te gaan spandeer nie.
Soos met ons Oranje geïnspireerde fotosessie, hoef julle nie altyd die tendens te volg nie … doen waarvan JULLE hou! Doen wat julle harte warm maak en iets wat ’n glimlag op julle gesigte laat. Om uniek te wees is koning!
Vertrou julle fotograaf en geniet elke spesiale oomblik tydens die fotosessie!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Linda van Dyk
- Blomme en dekor: Kadou – Decor and Flower Design
- Hare en Grimering: Clarita Smit Make-up, Hair and Lash Extensions
- Oranje rok: CDB Chantel de Bruyn Design Create Inspire
- Wit rok: Ever After Bridal
- Goue eetgerei en kandelare: Grand Room Design
- Koek: Dragonfly Cakes
- Model: Almarie Liebenberg