Dominique van Hello Love Photography deel weereens met ons ‘n prentjie mooi verlowing foto sessie. Dié keer is die die verlowing foto sessie van Marco en Chrystal. Hul het ‘n oulike kamp gevoel by hul foto sessie ingebring. Gaan loer gerus na die foto’s onder en word geïnspireerd by die oulike idees.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Tydens ons eerste jaar van studies, het ek en Marco klas geloop by 2 verskillende kolleges wat langs mekaar was op dieselfde kampus. In daardie eerste week het ek en ‘n paar vriendinne na ‘n News Café gegaan vir middagete, en daar ontmoet ons toe ‘n groepie manne saam met wie ons so lekker gekuier het dat ons klas gebank het vir die res van die dag. Marco was natuurlik deel van die groepie mansmense. En dit was op daardie einste dag dat ons sommer net gekliek het en daar en dan verlief geraak het. My “Italian Stallion” en sy Mini-Cooper.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ‘n kuier aand vir die twee van ons. Ons het pizza bestel, wyn geskink en piekniek gehou op die mat in ons sitkamer. Daar was liefdes liedjies in die agtergrond, ons het vir mekaar serenades gesing, en lekker gelag oor hoe laf ons saam is. Dit was soveel pret! Dit was ook die eerste keer wat ons poker saam gespeel het. Marco het aanhoudend “per ongeluk” sy kaarte en “chips” laat val sodat hy op een knie moes afgegaan om dit op te tel. Die laaste keer wat dit gebeur het, toe vra hy die woorde wat ek nooit sal vergeet nie: “Sal jy my die gelukkigste man lewendig maak en my die voorreg gee om jou my vrou te noem? Sal jy met my trou?” Natuurlik het ek JA gesê!!
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons het die 16de Augustus 2015 getrou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Hello Love Photography
- Blomme krans: Oopsie Daisy Flowers