Jay & Sarah se Intieme Kleurvolle Troue in die Pragtige Midlands

Jay en Sarah se intieme kleurvolle troue was ʼn geleentheid wat nie misgeloop moes word nie. Die paartjie het in die asemrowende Midlands-gebied van KwaZulu-Natal getrou, omring deur pragtige landskappe en versorgde tuine by hul pragtige trou venue.

Sarah het só mooi gelyk op haar troudag.  Met ʼn pragtige trourok wat perfek by haar gepas het. Ons is absoluut versot op die trourok se snit, asook die fyn details van die trourok. Die manier hoe dit haar voorkoms komplimenteer is absoluut perfek. Haar pragtige kleurvolle handruiker het onmiddellik ons aandag getrek. Jay het net so dapper gelyk in sy trou uitrusting. ʼn Swart broek en skoene met ʼn sagte kleur baadjie en ʼn swart strikdas het sy voorkoms afgerond.

Wow! Hulle trou seremonie was só spesiaal en mooi. In die populêre kapel van die trou bestemming met die mooiste uitsigte oor die dam en natuurskoon het die paartjie getrou. Ons is dol verlief op die kleurvolle blom strukture wat gesien kan word in die kapel. Dit bring die hele troue se kleurvolle blom ontwerpe saam.

Die paartjie se onthaal was ʼn kombinasie van moderne en kleurvolle elemente wat saam ʼn prentjie mooi voorkoms geskep het. Wit tafeldoeke skep ʼn deftige en meer formele voorkoms, waar die kleurvolle blom ontwerpe en fyn dekor elemente soos die kerse en skryfbehoeftes op die tafels die pret element inbring.  Balans is baie belangrik en as dit reg gebruik word soos by Sarah en Jay se troue is dit ʼn wenner! Alles is moontlik met ʼn span talentvolle trou diensverskaffers.

Ons kan sien in die foto’s dat die paartjie se troue ʼn lieflike makietie was saam met familie en vriende. Rol af om meer te lees oor die paartjie se troue en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet soos baie hedendaagse paartjies – op Bumble. Ons storie het begin met ʼn koffie-afspraak en het gou in die vriendsone beland, waar dit vir ses maande gebly het. Danksy Jay se volharding en deursettingsvermoë, asook ons gedeelde liefde vir die gimnasium, koffie en honde, het ons vriendskap uiteindelik tot iets meer ontwikkel – en die res is geskiedenis.

Verloof- en Trouringe:


Verloofring: Minimalisties en klassiek, met ʼn Protea-geïnspireerde solitaire.

Bruidegom se troupand: Goue band met ʼn bas-afwerking, waarin die datum van ons troue in Chinees gegraveer is, asook 1 Korintiërs 13:7.

Bruid se troupand: ʼn Moderne kinkel op ʼn klassieke diamant band met marquise geslypte stene.

Trou Venue:


Brahman Hills – Ons was absoluut mal oor die pragtige tuine en die ruimte, maar wat ons werklik oortuig het, was die magiese atmosfeer van die Lake House-kapel. Ons het alles van die venue lief gehad.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Jay – Toe ons uit stap uit die kapel, omring deur al ons geliefdes.

Sarah – Toe ek my tweede uitrusting en my tekkies aan trek na ʼn lang dag in hoëhakskoene! Sowel as om na Jay se geloftes te luister terwyl ons omring is deur ons kosbaarste familie en vriende.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


  • Hou by jou begroting! Daar sal altyd duurder en moontlik opwindender opsies wees, maar minder is dikwels meer. Baie van daardie ekstras sal jy op die dag vergeet.
  • Skep ʼn aparte trou-e-posrekening om jou administrasie georganiseerd te hou.
  • Onthou, jou troudag is joune. Besluit wat vir jou en jou toekomstige gade die belangrikste is en maak seker dat dit boaan julle prioriteite bly.

Trourok:


My trourok is ontwerp deur Made with Love Bridal, ʼn boetiek in Australië onder leiding van Carla Jenkins, wat oorspronklik van Suid-Afrika is. Dit was ʼn meermin-styl rok, volledig versier met krale. Wat my egter regtig asem weggeslaan het, was die lang, romantiese sleep.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Caro van Adore Weddings – Alles wat sy gedoen het, was met die grootste liefde en sorg. Dit het gevoel asof sy deel van die familie was op ons spesiale dag, en sy het werklik bo en behalwe gegaan om ons droom te verwesenlik.

Olivia van Olivia Rebecca Photography – Ek en Liv het saam skool gegaan, en sy het vroeër al baie spesiale herinneringe vir my vasgevang. Liv het ons dag ongelooflik mooi vasgevang en regtig moeite gedoen om eerlike, gesins foto’s te prioritiseer wat ons vir altyd sal koester.

Trou Dekor en Styl:


Ons wou graag ons twee persoonlikhede, wat ons dink goed bymekaar pas, saamsmelt – elegant en klassiek (Sarah) en lewendig en uniek (Jay). Dit het ons perfek reggekry danksy die ongelooflike Caro van Adore Weddings. Caro was aanvanklik verantwoordelik vir ons blomme en dekor, maar toe ons sien hoe talentvol sy werklik is, het ons haar gevra om ons troukoördineerder te wees. Sy het ons verwagtinge oortref en nog soveel meer!

Eerste Dans:


Until I found you – Stephen Sanchez

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het ses maande lank aan die troue beplan met die hulp van ʼn koördineerder. Ons begroting was tussen R300 000 en R350 000 (al kan ons nie die presiese bedrag onthou nie), en ons het 50 gaste genooi.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: