Alessandro en Kirsten se dromerige troue in Franschhoek was ‘n inspirasie vir enige paartjie wat hul liefde in die wynlande wil vier. Die aardse herfskleure en die kombinasie van verskillende materiale het ʼn unieke atmosfeer geskep wat hul sprokies troue onvergeetlik gemaak het.
Hulle het hul geloftes afgelê by die luukse La Roche Estate, weggesteek in die skilderagtige Franschhoek-vallei. Hierdie bestemming is ideaal vir enige paartjie wat droom van ʼn troue wat weelde en romanse uitstraal. Die seremonie het in ‘n intieme kapel op ‘n eiland in die middel van ‘n dam plaasgevind, omring deur water en pragtige berg uitsigte.
Kirsten het bekoorlik gelyk in haar minimalistiese trourok met deursigtige moue, wat ʼn subtiele en stylvolle pofferigheid vertoon het. Alessandro het in sy ligte pak en wit hemp sonder das gesorg vir ‘n gesofistikeerde en ontspanne voorkoms, perfek gepas by die tema van die dag.
Trunk Events het met sorg en aandag aan elke detail die troubeplanning glad en stresvry gemaak, van die voorbereiding tot op die dag self.
Die onthaal was ʼn ware viering van styl en elegansie, met wit tafeldoeke, pragtige blommerangskikkings en ʼn see van kerse wat ʼn warm, romantiese gloed geskep het. Die plafon versierings van blomme, ligte en sagte materiaal het ʼn dromerige atmosfeer bygevoeg.
Food Fanatics het gaste bederf met ‘n heerlike kulinêre ervaring, wat die troue se geur- en smaak sensasies onvergeetlik gemaak het.
Ontdek meer oor Alessandro en Kirsten se sprokies liefdesverhaal en hul onvergeetlike dag hier.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het op ʼn aanlyn dating app ontmoet. Dit was spesiaal, Alessandro het my gevra om te trou op Clifton Strand tydens ons oggend-stappie met ons hond.
Trourok:
Ek het presies geweet wat ek wou hê en ek het dit by Sadie Bosworth gekry. My rok was eenvoudig, maar stylvol met lang, deursigtige moue. Ek het ook ʼn ekstra kledingstuk laat maak om by die rok te voeg vir die seremonie. My ma het vir my ʼn tweede rok gemaak wat ek na al die formaliteite gedra het – die partytjie rok!
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Dit is ʼn moeilike vraag! Daar was soveel wonderlike herinneringe maar ek sou sê ons geheime “vows exhange” en “first look” voor die seremonie.
Meer oor La Roche Estate:
La Roche Estate se trou venue is geleë in die Franschhoek Vallei, 35km vanaf Stellenbosch. La Roche Estate bied vir julle die geleentheid om ʼn unieke troue te hê met jul eie styl en visie.
Met panoramiese uitsigte oor hul versorgde tuine en wingerde, omring deur majestueuse berge, spog La Roche Estate met die beste wat die gasvryheid bedryf kan bied. Gebou op ʼn eiland in die middel van ʼn dam, bied The Sanctuary ʼn heeltemal unieke ervaring vir paartjies.
Vir eindelose foto geleenthede en ʼn sprokies verhaal van ʼn troue besoek La Roche Estate.
Meer oor Trunk Events:
Tracy Branford het Trunk Events gestig omdat sy lief is vir mense, en ʼn reputasie het vir die organisering van groot geleenthede. Almal wat haar ken noem haar die beste gasvrou.
Vanaf die trou beplanning en konseptualisering van die ontwerp en styl van u geleentheid; bied Tracy ʼn uiters praktiese diens aan al haar kliënte, tot by die baie noodsaaklike verwerking van syfers om binne die trou begroting te bly. Tracy en haar span het alles gedek.
Veloof- en Trouringe:
Ek het vir Alessandro fotos gewys van ringe waarvan ek gehou het en hy het dit by Cape Diamonds ontwerp. Alessandro het sy trouring (eenvoudige goue band) ontwerp en ek het my troupand ontwerp om by my verloofring te pas.
Meer oor Food Fanatics:
Gestig in 1998, glo Food Fanatics dat vars, kwaliteit bestanddele die beste is wat jy kan kry. Hul benadering tot kos en spyseniering is holisties en gesond, met ʼn diep passie vir die werk met kos.
Met uitgebreide ervaring, kreatiwiteit en toewyding, pas Food Fanatics elke spyskaart en tema aan om by individuele style, begrotings en voorkeure te pas. Oor die jare heen het hul kulinêre dienste uitgebrei om ook geleentheid fasiliteite, kroeg dienste, dienspersoneel en geleentheid koördinering in te sluit.
Food Fanatics pas elke spyskaart en tema aan om unieke behoeftes te bevredig, en benader kos en spyseniering altyd met ʼn holistiese en gesonde filosofie. Ongeag die geleentheid, werk hulle met ʼn passie aan kos.
Trou Venue:
Ons het oorspronklik ʼn ander venue bespreek, maar dit het nie soos ons gevoel nie. Drie maande voor die troue het ons besluit om na La Roche te gaan kyk en ons het dadelik verlief geraak. Ons was só gelukkig met ons besluit om te verander en ons is versot op dié venue.
Trou Dekor en Styl:
Ek het ʼn duidelik visie gehad van die dekor en styl wat ek wou hê. Ek wou graag neutrale en sag, aardse herfs kleure gehad het. Materiaal en tekstuur was vir my belangrik en ek wou die “WOW” faktor in die dak hê. All Things Wedding SA het al die dekor hanteer en hulle het al ons verwagtinge oortref! Omdat ek self kreatief is, wou ek my eie stempel op die dekor afdruk, so ek het al die naamborde en skryfbehoeftes self ontwerp en gemaak. Die algehele styl is deur tydlose elegansie en ʼn Italiaanse gevoel geïnspireer.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Dit is ook ʼn moeilike een – die troue sou nie sonder elkeen van hulle gebeur het nie! Ek sal moet sê All Things Weddings, die venue self en Food Fanatics wat seker gemaak het dat ons gaste ʼn werklike “magical” kulinêre ervaring geniet het. Natuurlik ons fotograaf wat die details en die hele ervaring só mooi vasgevang het, en die huweliksbeampte was ook uitsonderlik en het ons seremonie ʼn unieke en onvergeetlike oomblik vir ons en ons gaste gemaak.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Dit is uiters stresvol, maak seker jy bespreek diensverskaffers wat die proses vir jou en jou verloofde makliker sal maak. Op die dag trou koördinering is ʼn moet!
Eerste Dans:
Real Love Baby – Father John Misty
Trou Begroting en Beplanning:
Daar was 120 gaste by die troue, met ʼn begroting van R5 400 per persoon, wat oor ʼn tydperk van meer as 3 maande beplan is deur ʼn trou beplanner.
- Fotograaf: Zana’s Lens | Kontak
- Venue: La Roche Estate | Kontak
- Blomme: All Things Weddings SA | Kontak
- Bruidegom-pak: Smock & Stitch | Kontak
- Dekor: All Things Weddings SA| Kontak
- Hare + Grimering: Ilana Geldenhuys| Kontak
- Huurdienste: All Things Weddings SA| Kontak
- Juweliersware: BIJOUX| Kontak
- Koördineerder: Trunk Events| Kontak
- Musiek: DJ Cod| Kontak
- Platejoggie: Jason Smith| Kontak
- Paartjie se verblyf: La Roche Estate| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Smock & Stitch| Kontak
- Skryfbehoeftes: Miss K Create| Kontak
- Spyseniering: Food Fanatics| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Styled by Loux| Kontak
- Trourok: Sadie Bosworth Atelier| Kontak
- Bruid se Trouring: Cape Diamonds| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Manfred Karner Designer Jewellery Studio| Kontak
- Troukoek: Carol’s Cakes| Kontak
- Vermaak: Jamie Faull| Kontak
- Videograaf: Sage Media| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Spanje