AA BADENHORST FAMILY WINES
TROU VENUE & VERBLYF / MALMESBURY, WES-KAAPKalmoesfontein Plaas, die tuiste van AA Badenhorst Familie Wyne, is geleë teen die heuwels van die Paardeberg in die Swartland, minder as ʼn uur se ry vanaf Kaapstad. Hierdie trouvenue bied verskeie opelugruimtes op die fotogeniese plaas met pragtige uitsigte oor die uitgestrekte Swartland.
Die kreatiewe span van organiseerders en “mooi-makers” geniet dit om unieke maniere te vind om elke troue ʼn spesiale en onvergeetlike geleentheid te maak. Met stylvolle, moderne akkommodasie in oorspronklike geboue wat plek bied vir tot 18 gaste, en glamping-kampeerplekke, kan hierdie plaas maklik omskep word in jou droomnaweek en ʼn fees van liefde.
Die Ou Huis Stoep onthaalarea kan op verskeie maniere ingerig word om gesellige troues van enige grootte te akkommodeer. Dit sluit ʼn dansvloer onder die druiweprieel en ʼn kroeg vol unieke oudhede en prettige dekor in.
Ons kombuisspan is bekend vir hul heerlike plaaskos met moderne en wêreldse invloede. In samewerking met die paartjie se voorkeure, sal ʼn maaltyd geskep word waaroor almal nog lank sal gesels. Groot vure waarop vleis en groente op verskeie interessante maniere gaargemaak word, is een van Kalmoesfontein se spesialiteite.
Van ʼn seremonie in die unieke kelder tot drankies op die terrasse en partytjies onder die sterre – hier word lewenslange herinneringe gemaak.
KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
MEER INLIGTING
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.