Daniél & Lara se Elegante Troue

Daniél en Lara se elegante troue op ʼn asemrowende landgoed in Stellenbosch beloof om ʼn onvergeetlike gebeurtenis te wees. Hierdie sprokies troue bring ʼn harmonieuse mengsel van landelike, moderne en stylvolle elemente bymekaar wat ʼn pragtige atmosfeer skep.

Trunk Events het die paartjie se troue met presisie gekoördineer, en verseker dat die hele proses, van beplanning tot die groot dag, stresvry en genotvol verloop. Die aanstelling van ʼn professionele trou koördineerder kan werklik ʼn wesenlike verskil maak, sodat paartjies die troureëlings kan geniet sonder om oorweldig te voel.

Lara en Daniél het ʼn beeldskone buitelug seremonie geniet, omring deur die skaduwee van bome op die landgoed se welige grasperke. Die seremonie-area is treffend afgerond met ʼn hout struktuur versier met pragtige blom ontwerpe wat ʼn tikkie natuurlike skoonheid bygevoeg het.

Bulb Flowers het uitnemend presteer met die blomme en dekor. As julle op soek is na ʼn buitengewone talentvolle blom- en dekor stilis, sal Bulb Flowers beslis aan al julle verwagtinge voldoen. Die onthaal lokaal was versier met welige groen plantegroei wat hoog bo die lang houttafels gehang het. Die swart tafellopers het ʼn elegante basis gevorm vir die verfynde tafeldekor.

Rottang stoelkussings met sagte, aard kleurige materiaal servette het ʼn mooi kontras teen die donkerder elemente geskep. Fyn roosgoud aksente in die tafeldekor het bygedra tot die stylvolle en gesofistikeerde voorkoms. Die flikkerende kerslig op die tafels het ʼn warm, romantiese atmosfeer geskep, ideaal vir ʼn elegante troue soos dié van Daniél en Lara.

Blaai af om meer van hierdie pragtige troue te sien en lees oor die paartjie se liefdesverhaal.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Daniél was saam op kleuterskool, selfde hoërskool en universiteit. Ons was egter altyd net goeie vriende maar gedurende 2020 was daar ʼn vonk en soos hulle sê “the rest is history”. Ons het verloof geraak op ʼn wynplaas in Stellenbosch, Vergenoegd Löw The Wine Estate. Daniél het seker gemaak dat dit privaat was onder ʼn boom en langs ʼn dammetjie met ʼn heerlike bottel sjampanje! Daarna het beide ons gesinne saam met ons ʼn baie spesiale middagete geniet. Dit was absoluut perfek!

Trourok:


My rok was geïnspireer deur Sofia Richie se trourok. Ek was mal oor die halternek, elegante en tydlose styl. Die groot strik op die oop rug was definitief my gunsteling gedeelte van my rok. My trourok se kleur was ivoor en het die klassieke keuse beklemtoon.

Verloof- en Trouringe:


Ek en Daniél hou beide van ʼn minimalistiese ontwerp.

Meer oor Trunk Events:


Tracy Branford het Trunk Events gestig omdat sy lief is vir mense, en ʼn reputasie het vir die organisering van groot geleenthede. Almal wat haar ken noem haar die beste gasvrou.

Vanaf die trou beplanning en konseptualisering van die ontwerp en styl van u geleentheid;  bied Tracy ʼn uiters praktiese diens aan al haar kliënte, tot by die baie noodsaaklike verwerking van syfers om binne die trou begroting te bly.  Tracy en haar span het alles gedek.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ons gunsteling herinnering van ons troudag was beslis ons geloftes. Ons het besluit om hierdie intieme oomblik privaat met ons ouers en dominee te deel. Dit was ʼn ongelooflike spesiale oomblik wat ons nooit sal vergeet nie. In daardie private ruimte was ons heeltemal kwesbaar en het ons diepste gevoelens en geloftes uitgespreek wat ons vir altyd saam met ons sal dra.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons platejoggie was definitief ʼn hoogtepunt! Werner (Man with Music) het regstreeks musiek gespeel by ons canapés wat ʼn ongelooflike atmosfeer geskep het. By die onthaal het Werner ons beligting en musiek behartig wat regtig fantasties was.

Nog ʼn diensverskaffer wat vir ons uitgestaan het was Boland Weddings Photography. Markus en Pyper het werklik ons spesiale dag so perfek vasgevang!

Trou Venue:


Die keuse van die perfekte trou venue is dikwels een van die belangrikste/moeilikste besluite vir enige paartjie, en vir ons was Nooitgedacht Estate nog altyd ʼn droom venue! Van die oomblik wat ons by Nooitgedacht ingery het, het ons geweet dis die een. Die venue se rustige, kalm en plattelandse atmosfeer gekombineer met die pragtige Herehuis en asemrowende tuine, het diep by ons aanklank gevind en ons droom verwesenlik. Dit het in elke opsig reg gevoel!

Trou Dekor en Styl:


Ons algehele styl was vintage. Ons het besluit op ʼn vlootblou en roosgoud kleurskema. Verder het die hout tafels met geweefde plekmatjies die vintage atmosfeer versterk. Hierdie kombinasie was tydloos en stylvol. Ons het ooreengekom dat ons ʼn verskeidenheid van blomme wil hê aangesien ek nog altyd gedroom het om baie blomme by ons troue te hê. Laaste maar nie minste nie het Daniél seker gemaak dat ons ʼn ‘champagne tower’ by die onthaal het!

Meer oor Bulb Flowers:


As julle opsoek is na ʼn talentvolle en kreatiewe trou bloemis, besoek gerus Bulb Flowers. Van Bulb Flowers sal jy nie ’n stokstywe rangskikking ontvang nie, eerder blomme kuns.

Of sy en haar span jou trou blomme rangskik of jou ruiker maak, vir jou vriendin of jou ma ’n rangskikking stuur, of een vir ’n begrafnis maak, alles dra Zahn se persoonlike stempel. Dié passievolle en energieke kunstenaar het al van Kaapstad en Stellenbosch tot by Franschhoek en Hopefield troues in kuns omskep.

Bulb Flowers soek hul blomme met die hand uit.  Of jy ’n spesiale roos, tulp of peonie benodig, jou behoefte is al wat tel.  Gehalte is haar wagwoord.  Van die blomme word ingevoer en egpare staan dikwels verstom.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


  1. Stel ʼn begroting – Dit help om verwagtinge te bestuur en finansiële stres te vermy.
  2. Onthou waaroor jou troue gaan – hierdie ingesteldheid sal jou help om jou besluite te lei en stres weg te hou. Onthou jou troue gaan daaroor om jou liefde en toewyding aan mekaar te vier.
  3. Identifiseer die top drie elemente wat vir jou die belangrikste is.
  4. Delegeer – jy hoef nie alles self te doen nie. Delegeer take aan vertroude familielede, vriende of koördineerder. Dit verlig nie net jou las nie, maar laat jou geliefdes ook ingesluit voel by jou spesiale dag. Dit verseker dat alles gedoen word sonder om jou te oorweldig.
  5. Organiseer jou take met ʼn gedetailleerde to-do lysie.

Eerste Dans:


Forever and for Always – Shania Twain

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: