Gillian vertel ons dat sy en Marc op skool ontmoet het, maar eers ‘n paar jaar later weer ontmoet het deur gesamentlike vriende. Die liefde het dadelik begin blom! Marc het ook vir Gillian in Athene gevra om te trou nadat sy planne nie so vlot verloop het soos beplan het nie en Gillian was net dankbaar dat hul alleen daardie aand saam kon spandeer. Gillian en haar strooimeisies het die dekor gedoen.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het vir die eerste keer ontmoet op skool, maar het nie bymekaar gekom tot veel later. Ons het weer ontmoet deur gemeenskaplike vriende sowat 10 jaar na die eerste keer.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het een aand in Athene spandeer voor ons familie moes ontmoet in Skiathos. Ons het geland 07:00 die oggend en ons het die hele stad plat geloop en het al die toeriste dinge gedurende daardie een dag gedoen. Daardie aand, was ek uitgeput, maar Marc wou op Mount Lycabettus vir skemerkelkies gaan, ‘n Pragtige heuwel in die middel van Athene. Hy het belowe daar was ‘n kabel karretjie, maar teen die tyd dat ons dit gevind het, het ons die top punt van die berg bereik! Daar was ‘n troue aan die gang so daar was geen plek om alleen te sit, maar ek het nie omgegee nie maar dit was baie moeilik Marc!
Na ‘n rukkie van Bundu-bashing het ons uiteindelik ‘n klein uitkyk punt ondek. Ek het oor die stad uitgekyk, toe ek omdraai hou Marc ‘n pragtige ring in sy hand. Ons het ons eie spesiale viering daardie aand gehad. Ek hou van die feit dat ons die verlowing daardie aand heeltemal vir onsself kon hou en nie almal oor ons verlowing hoef te vertel het tot die volgende dag.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 4 jaar saam?
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Jou troudag gaan ongelooflik vinnig verby so moenie stres oor klein dinge nie. Probeer om pret te hê in die op loop – ek sou aanbeveel kry hulp vir dekor, ens, ek en my strooimeisies het die meeste van dit self gedoen en was baie moeg! Kry alles gedoen wat jy kan in die weke en maande voor jou trou dag. Probeer so min as moontlik net voor jou troudag te doen. As jy nie ‘n videograaf het nie, vra ‘n vriend of familielid om die seremonie, toesprake en eerste dans te film.
- Platejoggie: Silk Music
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Coba Photography
- Venue: Blue Gum Country Estate
- Grimering: Kelly Sweet
- Spyseniering: Blue Gum Country Estate
- Blomme: Raka Flowers
- Trourok: Elbeth Gilles Couture
- Koek My Cake Angel
- Ringe: Dear Rae