Keigan en Zandalee se lugballon verrassings verlowing was ʼn unieke en onvergeetlike ervaring. Ons is verheug oor hul geluk! Lugballon ritte is iets wat mens nie elke dag sien nie, veral in Suid-Afrika, en skep ʼn atmosfeer van opwinding. Dit is die perfekte romantiese manier vir ʼn verrassing verlowing.
Keigan het Zandalee die groot vraag gevra met ʼn groot bos bloedrooi rose in hartvorm en ʼn strik met die vraag: “Zandalee, sal jy met my trou?” Omring deur lugballonne was dit ʼn besonder romantiese verlowing.
Toekomstige bruidegomme, as julle ʼn verrassings verlowing beplan, oorweeg dit om ʼn professionele fotograaf te huur om hierdie spesiale oomblik vas te vang. ʼn Verlowing is ʼn mylpaal wat beslis gedokumenteer moet word, veral as dit so romanties is soos dié van Zandalee en Keigan.
ʼn Verlowing fotosessie, of dit nou ʼn verrassing is of nie, is ʼn belangrike deel van die voorbereiding vir die troue. Dit skep herinneringe aan hierdie besondere tydperk in julle lewe en kan julle ook meer selfversekerd laat voel op julle troudag. Dit is soos ʼn oefenlopie voor die groot dag.
As julle inspirasie soek vir julle eie verlowing fotosessie, moenie hierdie paartjie se pragtige lugballon fotosessie misloop nie. Dit is ʼn ware inspirasie.
Rol af om meer te lees oor Keigan en Zandalee se liefdesreis en hul onvergeetlike verlowing in ʼn lugballon.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het op skool ontmoet. En van daar af was dit net magic! Ons was ses jaar in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Ons verlowing was die grootste verassing! Keigan het my gevra op ons ses jaar herdenking, 19 Mei by Kloofzicht Lodge en Spa. Ons het die lugballon rit saam beplan maar hy het groot planne gehad. Na die ongelooflike rit van Air Ventures het ons by die restaurant in gestap en daar was ʼn lang tafel vir familie en vriende. Saam het ons ʼn laat ontbyt geniet.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Keigan se gunsteling eienskap van Zandalee is haar mooi, omgee hart vir mense en diere.
My gunsteling eienskap van Keigan is sy hart, sy skewe glimlag en sy stoute lag. Sy manier van grappe maak in ʼn ernstige situasie en sy liefde vir mense om hom. Sy hart is soos ʼn taxi, daar is altyd plek vir nog iemand.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om net oor ʼn jaar verloof te wees voor ons troudag. Ons hoop om in Oktober 2025 te trou.
Die verloofring:
Ek het vir hom ʼn paar fotos gewys van ringe waaroor ek mal was. Dit was die grootste verassing en dit was alles waaroor ek kon droom. Franchan Diamonds het dit net perfek gemaak.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Keigan het ʼn idee gehad van hoe hy dit wou hê. Hy het besluit om ʼn ongelooflike fotograaf te vra om vir ons die spesiale oomblik vas te vang.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons het ʼn ruk terug gesê ons wil die lugballon ding doen. Dit was soos ʼn Bucket List ding. Keigan het geweet dit sou perfek wees en van daar begin beplan.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons wil elke oomblik daarvan net geniet. Sonder om te jaag. Ons wil rustig aan die troue beplan.
Visie vir droomtroue:
Ons het nog geen vaste venue of datum nie, maar ons gaan binnekort na Inimitable gaan kyk. Ons wil ʼn groot troue hê met al ons geliefdes daar. Moderne troue, en ʼn lekker kuier.
- Fotograaf: Leandri Marx Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Kloofzicht Lodge and Spa | Kontak
- Verloofring: Franchan Diamonds| Kontak