Stephen & Wayne se Glansryke Troue

Stephen en Wayne se glansryke troue was ʼn gebeurtenis wat jy beslis nie wil mis nie. Hierdie elegante troue het plaasgevind by ʼn luukse bestemming in Muizenberg, vol geskiedenis en stories.

Op hul troudag het Wayne en Stephen baie stylvol gelyk. Hulle het ʼn swart en wit kleurskema vir hul uitrustings gekies. Stephen het ʼn swart broek, wit hemp, wit baadjie en ʼn swart strikdas gedra. Wayne het ʼn volledige swart pak met ʼn wit hemp en ʼn swart strikdas gedra. Hul uitrustings het mekaar perfek gekomplimenteer.

Die buitelug seremonie was pragtig, gehou in die versorgde tuine van die venue, met groen heuwels as agtergrond. Ons was dol oor die swart uitrustings van die gaste.

Die lang tafels met baie kerse het perfek by die romantiese atmosfeer van die venue gepas. Die onthaal lokaal was reeds pragtig met fyn detail wat ʼn ouwêreldse elegansie uitstraal.

Hul tafeldekor was simplisties en tydloos. Deurskynende stoele het ʼn moderne tikseltjie bygevoeg, terwyl neutrale tafeldoeke met geriffelde teksture ʼn gewilde tendens by troues weerspieël het. Elke element was met sorg gekies en het perfek saamgewerk.

Dit was ʼn aand van feesviering saam met familie en vriende in ʼn stylvolle, elegante onthaal. Lees verder om meer te ontdek oor Stephen en Wayne se glansryke troue en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het aanlyn ontmoet terug in 2011, toe dit nie cool was om aanlyn te ontmoet nie. En het daarin geslaag om al die negatiewe kritiek verkeerd te bewys.

Ons het in die vroeë ure van die oggend van 1 Januarie 2015 in Parys verloof geraak. Dit was ons eerste oorsese vakansie saam en wat aan die klok van middernag op die lewendige Champs Elysees moes gebeur, het ʼn uur of so later met die Sacre Coeur Basilica as die agtergrond en op ʼn mistige straat plaasgevind. Stephen is baie noukeurig, so ek (Wayne) het geweet dat hy ʼn deel van die keuse van ʼn ring sou wil wees, maar ek wou nie die verrassing bederf nie, so ek het ʼn nominasie-armband (Nomination bracelet) gereël wat bestaan uit skakels wat die verskillende stede en hoogtepunte simboliseer waardeur ons gereis het. Die middelste skakel was van twee ringe – die idee was om hom ʼn verlowingsring te laat kies met ons teruggekeer na Suid-Afrika.

Verloof- en Trouringe:


Soos genoem was daar aanvanklik nie ringe nie! En ook soos die lewe dit wil hê, het ons terug gekeer na ons oorsese vakansie en het die lewe net aan gestoom rol. Ons het nooit by ringe soek of ring-keuses uitgekom nie. Tot met Januarie 2018 dat Stephen besluit het om vir Wayne met sy verjaarsdag later die maand om vir ons beide verloofringe te laat maak. Een van Stephen se vriendinne Anneke van As is ʼn juwelier ontwerper by Viljoen Juweliers in Worcester. Sy het my gehelp om twee eenvoudige goue bande uit te kies met verskillende afwerkings. Met Stephen se aandring het hulle in die twee bande graveer wat verband hou met ons liefde vir saam reis en nuwe plekke ontdek.

“The journey of a thousand miles begins with a single step.” in Stephen se band. “The World is a book and those who do not travel read only one page.” in Wayne se pand. So dit was ons tweede verlowing. 🙂 Die trouringe is dieselfde vorm as the verlowings pande maar het klein diamante in die binne ring en buite.

Paartjie se Uitrustings:


Wayne het ʼn swart tuxedo, wit hemp, swart fluweel strikdas, en swart leer skoene van Fabiani gedra. Sy sokkies was ʼn geskenk van sy suster en het ʼn foto van sy oorlede pa, sy susterskind en homself daarop gedruk, tesame met die boodskap: “Special Socks for a Special Walk.”

Stephen se pak het bestaan uit ʼn roomwit tuxedo baadjie, wit hemp, groot fluweel strikdas, swart broek en swart suede ‘slip-ons’ gedra. Stephen se pak was ontwerp en gemaak deur Brendon V Bespoke.

Ons het elkeen mooi cufflinks ontvang van Stephen se susters wat gemaak is van 1 sent muntstukke van elkeen se geboorte jaar.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ons gunsteling herinneringe van ons spesiale dag was om deur ons naaste en dierbaarste omring te wees en ʼn bietjie van wat vir ons as ʼn paartjie só geniet met ons gaste te deel: ongelooflike kos, reis, teater, musiek en ʼn pragtige venue/omgewing.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ek dink nie daar was nie een diensverskaffer wat nie hulle beste gelewer het nie! Alles was perfek – behalwe nou vir die wind wat erg gewaai het met die seremonie – maar tog bygedra het tot ʼn dramatiese begin vir ons huweliksfees!

Trou Venue:


Die keuse van ʼn trou venue het een van die moeilikste take vir ons geraak, omdat ons albei baie verskillende idees gehad het oor watter tipe troue ons wou hê – Wayne baie meer tradisioneel en Stephen meer eklekties of onkonvensioneel. Ons beide wou wel ʼn intieme troue van nie meer as 90 gaste maksimum hê nie. ʼn hele paar maande voor ons besluit het om troue te begin beplan het Lynelle Kenned en Stefan Lombard by Casa Labia opgetree en ons het die atmosfeer en die wonderlike aand terdeë geniet. Die venue was die begin van ons trou-idees en ons het ook besef dat ons uiteindelik saamgestem het oor ʼn venue.

Trou Dekor en Styl:


Nog ʼn groot rede vir ons die keuse van Casa Labia was dat die venue reeds mooi is. Met soveel geskiedenis en stories opgesluit tussen sy mure. Ek dink nie daar is nie persoon wat Casa Labia besoek en nie meegevoer raak met die glansryke ou wêreldse interieur en al die detail en dan ook die ongelooflike mooi uitsig oor die see nie. Daarom het ons gekies om minimaal te fokus op dekor en ons tafels die fokus punte te maak van die aan. Alles in eenvoudige linne, maasdoek en katoen kleure van beige, oatmeal, cream en goue aksent. Duisende kerse op die tafels in verskillende groottes en hoogtes vermeng met glas houers en deursigtige stoele wat op die oog net wegsmelt met die res van die dekor. Luukse eenvoud was aan die orde van die dag!

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Jy kan nie alles op jou eie doen nie; jy moet sorg dat jy iemand het om alles te koördineer, veral op die dag self. Dit gaan só vinnig verby dat ʼn goeie fotograaf en videograaf baie belangrik is om te help om die herinneringe vas te lê van die dag. Om vooraf te sit en jou liedjie speellys bymekaar te sit vir jou platejoggie! Ons gaste praat nou nog oor die lekker musiek, asook die platejoggie van die aand!

Eerste Dans:


Can’t Take My Eyes Off You – John Lloyd Young (Jersey Boys)

Trou Begroting en Beplanning:


Stephen en Wayne het self vir ongeveer 10 maande aan hul troue beplan. Altesaam was daar 92 mense onthaal met ʼn koste van ongeveer R3,800 per kop.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: