ʼn Wegbreek na Montagu Country Hotel

Ons het ʼn aand se wegbreek geniet na Montagu Country Hotel in Montagu, ʼn prentjie mooi klein dorpie geleë in die Klein Karoo distrik.  Slegs ʼn twee en ʼn half ure rit weg vanaf Kaapstad en jy is in ʼn paradys.  As jy die pad vat deur Robertson vanaf Kaapstad se kant,  ry jy deur pragtige landskappe.  Montagu is ook deel van die populêre Route 62 roete in Suid Afrka.  Die Kogmanskloofpas is besonders mooi met sy pragtige rots transformasies en die klein gat in die berg wat dien as ʼn deurgang vir motors.

Montagu Country Hotel is sentraal geleë in die hartjie van Montagu, stap afstand vanaf die middedorp en pragtige historiese geboue.  Die hotel self is ʼn oorspronklik Art Deco styl gebou, wat ʼn interesante kunstige simbool is in dié dorp.  Met die instap slag het ons geweet hier is ons welkom en gaan ons ʼn lieflike wegbreek geniet.

Die hotel se ingangsportaal met groot oop spasies wat inloop in die sitkamer gedeelte waar jy ʼn groot kaggel en klavier sal kry.  Die dubbel volume en pragtige Art Deco elemente trek onmiddelik mens se aandag.  Montagu Country Hotel is verseker op ons lys van plekke om weer binnekort te besoek.

As julle ʼn wegbreek kort weg van die stad se gejaag, rol af om meer te lees oor ons wegbreek na Montagu Country Hotel.

Cape Country Routes Lidmaatskap:

Die Montagu Country Hotel is ʼn lid van Cape Country Routes.  Cape Country Routes Suid-Afrika is ʼn bekende en bekroonde groep akkommodasie- en aktiwiteit ondernemings wat deur eienaars besit en bestuur word.  Hulle het meer as 20 hotelle, lodges en gastehuise in privaat besit wat op die skilderagtige en historiese roetes in die Wes- en Oos-Kaap geleë is.

Almal sorgvuldig gekies vir hul karakter, sjarme en romanse.  Elke een van hierdie bestemmings bied die beste akkommodasie- en aktiwiteit opsies vir elke individuele smaak en begroting.


Feathers & Flatcaps Koffie en Skemerkelkies:

Kyk hierdie is nou vir jou ʼn goeie kombinasie, ʼn kroeg en koffie winkel in een.  Jy kan of ʼn heerlike koppie goeie gehalte koffie en lip-lek-lekker koek geniet, of jy kan ʼn skemerkelie onder die bome geniet en Montagu se sonsak beleef.  Ons is gaande oor die gevoel van Feathers & Flatcaps.  Dit het nog die hotel se oorspronlike kroeg toonbank vanaf die 1930’s.  ʼn Lekker klomp sitplek en ook ʼn buite area vir die wat wil buite sit.  In die winter maande is daar ook ʼn kaggel wat seker maak gaste is snoesig en gemaklik.

Kuns uitstalling:

Die hotel het ook ʼn klein kuns uitstalling van plaaslike kunstenaars.  Iets om te besoek as julle in Montagu is.

Verblyf:

Ons het in een van hulle Victoriaanse styl kamers gebly.  Jy loop deur die pragte versorgde tuin van die hotel om by ons kamer, nommer 45, uit tekom.  Daar is twee swembaddens by die hotel, een grootter een wat langs die grasperk geleë is en dan die kleiner swembad wat slegs ʼn paar tree vanaf ons kamer is.  Ons hotel kamer was ruim met ʼn definitiewe Victoriaanse dekor styl tema.  Daar was ʼn dubbel bed in die kamer, klerekas, twee enkel sitplek stoele, ʼn kas met genoeg laaie en ook ʼn klerekas perfek vir twee mense.  ʼn Badkamer met ʼn dubbel stort en toilet.  Die wasbak is in die kamer self gewees, ʼn bou styl wat uit daardie era bekend was.

Ons het ook ʼn baie oulike privaat buite sitplek gehad met dubbel deure wat vanuit die kamer loop op ons onderdak stoep.  Terug binne in die kamer kon ons lekker gemaklik slaap met die lugverkoeling en lekker duk gordyne wat enige lig van buite uitblok.  Daar is ook ʼn Televisie vir julle wat in die bed wil bly en televisie kyk.  Ons was omtrent aan die gang en het die hele hotel geniet!

Die hotel het 29 unieke hotel kamers en ook kothuise beskikbaar.  Klik hier om meer te lees oor hulle ander verblyf opsies.

Restaurant:

Die hotel bied ook heerlike middag- en aandetes, so as julle opsoek is na ʼn restaurant weet julle nou waar om te gaan.

Ontbyt by Charlestons:

Ons het ʼn heerlike ontbyt by die hotel se restaurant, Charlestons geniet.  Hulle het ʼn warm ontbyt waar jy self kan kies wat jy wil eet.  Die vriendelike kelner gee vir jou ʼn kaartjie met al die opsies op wat jy dan kan aftik wat jy wil hê vir ontbyt.  Dit was vir ons ʼn wenner.  Almal hou van ontbyt op hul eie manier en partymaal wil jy nie net een opsie hê nie.  Ons kon self kies wat ons wil hê en hoeveel ons van wat wil hê.

Op die ontbyt tafel is daar ook ʼn verskydenheid van sappe, koffie en ook verskillende broode.  Daar is ook heerlike koue vleise, kaas en lekker konfyte.  Dit is nie al nie, daar is ook vrugte slaai, jogurts en verskillende pappe om van te kies.  Die restaurant kyk uit op die versorgde buite area van die hotel wat toe gegroei is onder bome en groenigheid.  Daar is ook ʼn buite sitplek area as jy verkies om buite te wil sit.

Ander Fasiliteiete:

Kinder klimraam:

Dié hotel is perfek vir families, daar is ʼn oulike klein klimraam vir kinders om hulle self te geniet.  Met die swembaddens en lieflike groot grasperke is dit die perfekte plek vir families om ʼn vakansie saam te geniet.

Funksies:

Montagu Country Hotel is ook bekend vir funsksies soos verjaardae en troues.  Klik hier om meer te lees.

Spa:

Die hotel het ook ʼn baie oulike spa by die hotel waar julle vir ʼn lekker rustige spa behandeling kan gaan.  Daar is ook ʼn Sauna en Minerale Water Borrelbad.  Dit is die perfekte plek om te wees as jy jou stres knoppe wil laat uitdruk en vergeet van die stad se gejaag.

ʼn Toer in hul 1956 Cadillac Sedan De Ville:

P-J, die eienaar van die hotel, het ons genooi vir ʼn vinnige rit in die hotel se Baba Blou 1956 Cadillac Sedan Deville voor ons oppad was na ons media toer by ʼn plaas in die gebied.  Sjoe!  Dit was nou omtrent ʼn bederf gewees.  Ons was kinderlik opgewonde toe P-J ons nooi vir ʼn vinnige half uur toer.  Die oomblik as jy in die motor inklim is dit asof jy in ʼn ander era is, veral as jy een is wat hou van Amerikaanse klassieke motors soos dié.

P-J het ons self rond gery in die motor en ons op ʼn toer deur geneem en ons ʼn bietjie meer van die geskiedenis van die gebied vertel terwyl ons ry.  Ons het gery tot by ʼn uitkyk punt in Kogmanskloofpas, waar ons toe weer omgedraai het terug dorp toe.

Julle kan ook hierdie ervaring beleef met hulle verskillende pakkette wat hul beskikbaar het.  Een van dit is ʼn toer deur die Robertson Wyn Vallei.  As julle nie wynproe wil doen nie, kan jul ook net ʼn toer doen van die dorp, Montagu.  Stuur hulle ʼn e-pos om meer uit tevind van die motor huur en toere.  Die motors is ook beskikbaar vir spesiale geleendhede en meer.

Bespreek jou wegbreek:

As julle ʼn familie wegbreek of net ʼn romantiese wegbreek benodig as ʼn paartjie, dan moet julle ʼn paar dae weg bespreek na die Montagu Country Hotel.  Klik hier om ʼn e-pos direk aan die hotel te stuur om ʼn bespreking navraag te doen.  As julle eendag in Montagu is, gaan loer gerus in by 27 Bath Straat, en geniet ʼn drankie buite op die stoep onder die bome.   Vir meer inligting oor die Montagu Country Hotel, besoek hulle webtuiste of volg hulle op Facebook en Instagram.

    Artikel Diensverskaffers: