Middagete & bier by Tuk Tuk Microbrewery

Na ‘n lang rit vanaf Prins Albert na Franschhoek waar ons sal oorslaap by Leeu Estates, het ons besluit om ‘n middagete en bier proe te geniet by Tuk Tuk Microbrewery .  Tuk Tuk is ‘n mikrobrouery wat deel is van die Leeu Collection in samewerking met die Cape Brewing Company span.  As jy lief is oor Meksikaanse kos dan sal jy gek wees oor Tuk Tuk se Meksikaanse-geïnspireerde spyskaart.  Lees meer oor Tuk Tuk Microbrewery in die onderste artikel.

Art Piece Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer

Dekor & Vermaak:

Dit is nie net hulle spyskaart wat Meksikaans-geïnspireerd is nie, maar die restaurant se dekor laat pas perfek by die tema.   Gaste kan binne of buite sit en almal wat verby loop bewonder.  Tuk Tuk Microbrewery se bierbrouery bied gaste die geleentheid om te kyk hoe bier kundig gebrou word op die perseel.  Daar is ook televisies vir die wat sport wil kyk op ‘n Saterdag middag saam met jou familie en vriende.

Beer on Tap Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Beer on Tap Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio PhotographerTuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer

Bier op kraan:

Daar is ‘n groot verskeidenheid bier beskikbaar by Tuk Tuk Microbrewery en jy kan kies van hulle eie biere wat hulle op die perseel maak of jy kan een van Cape Brewing Company se bier probeer.   Ons het Tuk Tuk se eie biere probeer en het hulle “proe” opsie geneem op hulle spyskaart.  Jy kan kies tussen drie of vier biere op die “proe” opsie.  Ons het die vier opsie probeer en het die volgende bier geproe: Tuk Tuk Lager, Tuk Tuk Dunkel, Tuk Tuk Pale Ale en die Tuk Tuk.

Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant outside lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant beer tatsing Vorsprung Studio Photographer

Middagete:

Jaun en Günther het die voorgereg gedeel en met ‘n voorgereg van Croquetas jalapeños, kaas, gerookte uie aïoli en Chimichangas romerige hoender, gekruide tamatie salsa, queso fresco.

As hoofgereg het Günther die Tex Mex burger geniet. Die burger kom met ‘n geurige chipotle sous met ‘n effense brand op die tong en hand gesnyde aartappelskyfies.

Jaun het die Quesadillas geniet wat bestaan uit gebraaide hoender, gemaalde chorizo, kaas en ‘n heerlike gekruide tamatie salsa.

Vir die van julle wat nie weet nie, ons is mal oor roomys!  Veral tuisgemaakte roomys wat interessant is.  So as nagereg het ons hulle tuisgemaakte roomys probeer.  Ons het ‘n skeppie van hulle Bier roomys en Mango roomys geniet.  Saam met die roomys het ons ook hulle Churros propeer.  Hulle Churros is gesprinkel met kaneel suiker en ‘n lip lek lekker sjokolade sous.

Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Chimichangas Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Croquetas jalapeños Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Tex Mex burger Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Quesadillas Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer

Besoek Tuk Tuk Microbrewery:

Tuk Tuk Microbrewery  is geleë by 14 Huguenot straat in Franschhoek.   Hulle is oop Maandag tot Sondag vanaf 11 vm.

Volg Tuk Tuk Microbrewery op Facebook, Twitter en Instagram en maak seker jy maak ‘n draai wanneer jy volgende keer weer in Franschhoek is.

Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Churros Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Mango Ice Cream Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant Beer Ice Cream Vorsprung Studio Photographer Tuk Tuk Microbrewery Franschhoek Restaurant lunch Vorsprung Studio Photographer