Greyton is vir ons een van die mooiste dorpies in Suid-Afrika. Veral as jy opsoek is na ‘n dorpie waar jy nader aan die natuur kan wees en die rustigheid van ‘n klein dorpie kan ervaar.
Ons het ‘n naweek gaan kuier by The Earthy Inn in die hoofstraat van Greyton. Hierdie oulike ruim, elegante suite is perfek vir paartjies wat ‘n wegbreek kans nodig het.
Troeteldier-vriendelik
The Earthy Inn is troeteldier-vriendelik, maar jy moet vooraf reël as jy jou hond wil saam neem op jou reis. Die tuin is lekker groot en is heeltemal toe. Let wel die honderd jaar oue leiwater dam is op die perseel wat nie omhein is nie, so maak seker jy kyk na jou vierpootvriend wanneer hulle buite baljaar.
Geriewe
The Earthy Inn se suite is lekker privaat met jou eie ingang en ‘n massiewe tuin wat uitkyk oor die berge en pragtige boomryke agterplaas. Daar is ook ‘n onderdak buite sitplek area met ‘n tafel waar jy kan eet of net die buitelig geniet.
Die suite self is baie ruim en het ‘n Koning grootte bed in met ‘n muskietnet. Daar is ook ‘n Televisie met DStv indien jy wel net op die bed wil lê en televisie kyk. Nie dat jy dit regtig gaan nodig hê nie, want Greyton het so baie om te doen en jy wil die heeltyd buite wees. Daar is ook gratis Wi-Fi wat jy kan gebruik om jou foto’s van jou wegbreek te deel met familie en vriende of as jy regtig moet, daardie belangrike e-pos te beantwoord.
Selfsorg?
Alhoewel die suite nie selfsorg fasiliteite het nie, is daar wel koffie en tee fasiliteite, ‘n mikrogolf en ‘n yskas. Daar is ook ‘n klein braaier buite indien jy ‘n vleisie op die vuur wil maak. Die suite het ook ‘n lekker groot verskeidenheid boeke wat jy kan lees en daar is ook ‘n sit area voor die ruit waar jy kan lê en boek lees met die middag sonnetjie wat op jou skyn.
Organiese produkte
Een iets wat ons opgelet het dat alles in die kamer van die sonroom tot die lugverfrisser is natuurlik gemaak. Dit is iets wat jy nie baie sien nie. Hulle het ook twee dromme in die kamer sodat gaste hulle vullis kan herwin.
Badkamer
Die badkamer is net so ruim met ‘n groot stort en ‘n lekker bad wat jy kan gebruik as daar nie ‘n waterskaarste is nie. Die Wes-Kaap bevind hulle self in ‘n droogte op die oomblik, so ons vra altyd dat ons lesers water spaarsamig gebruik as jy die gebied besoek.
Pamper Room
The Earthy Inn het ook ‘n ‘Pamper Room’ op die perseel wat nuut is en gaste kry eerste voorkeur om hier te boek. Dit is ‘n fantastiese konsep en jy loop ‘n paar meter van die suite tussen die bome tot by die pamperlang kamer tussen deur die bome waar jy bederf sal word met verskillende behandelings wat Colette beskikbaar het vir gaste. Alle produkte wat gebruik word is natuurlik en organies gesertifiseer. So terwyl jy gepamperlang word help jy die natuur.
Aktiwiteite
Sentraal geleë in die hoofstraat van Greyton en loop afstand van die middedorp waar daar baie is om te doen. Van winkels met oulike plaaslike produkte tot markies en ‘n klomp restaurante. The Earthy Inn is ook naby aan die natuur reservaat se staproetes en die dam in Greyton. Jy kan gemaklik daarna loop en jouself geniet in die natuur.
Bespreek jou plek
Kontak The Earthy Inn vandag om jou datums te boek vir jou volgende besoek aan Greyton. Jy kan Natasha kontak by greytonbookings@gmail.com of op haar selfoon by 084 584 6946. Volg hulle op Facebook vir meer inligting.
- Fotos en kopiereg voorbehou deur © Vorsprung Studio