‘n Wegbreek na La Bella Vita studio’s

As jy beplan om ‘n besoek af te lê na die Stellenbosch, Paarl & Franschhoek area het ons die verblyf kwessie sommer maklik vir jou uitgesorteer in ons artikel oor La Bella Vita Studios.   Ons het ‘n wegbreek in een van hul unieke studio’s spandeer en om eerlik te sê wou ons nie terug huis toe gaan nie.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Wat was die inspirasie om dié studio’s te begin?


In Oktober 2017 het die stigters en eienaars Lise Liebenberg & Jadrick Coetzee hul eerste ontwerper studio, Misty Forest, se deure oop gemaak vir gaste.   Daar is tans uniek ontwerper studio’s – Misty Forest, Rhino,, Blush, Mare, Haven, Hush & Simply Serene.  Daar sal teen November 2018 nog twee studio’s by kom wat dit dan ‘n totaal van 10 sal maak.  Ons het die in die Ebony studio oornag.

lvorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Is die studio’s selfsorg?


Die studio’s is semi-selfsorg en wie wil nou kos voorberei as jy kom om te ontspan?  Sentraal geleë naby spog restaurante en wynplase is die keuse groot en ons het self middag ete geniet by La Petit Colombe in Franschhoek voordat ons in geboek het.   Die personeel help graag met besprekings en verwysings afhangende van die gaste se voorkeure vir formeel of informeel vir hul eet ervaring.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Watter aktiwiteite is daar op die landgoed?


Jy kan die landgoed gaan verken op voet of per fiets.  Vir die voël-kykers is daar ongelooflike baie spesies om na te soek in die boomryke area.   Gaste kan selfs visvang in een van die klein dammetjies, streng vang & loslaat moet hier geoefen word of jy kan ook kajak roei.  In die somer maande kan gaste lekker ontspan langs die swembad en in die Winter is die gas kaggel in elke Studio ideaal.  Vir die gene wat eerder in die studio wil ontspan kan jy lekker boek lees, glas wyn drink en net die ongelooflike omgewing in neem het elke studio ‘n ruim Balkon.  Elke Studio het leesboeke wat pas by die tema van die kamer.

vorsprung studio vorsprung studio  vorsprung studio

Watter geriewe het die studio’s?


Alhoewel hulle semi-selfsorg is, voorsien hul die nodige items.  Daar is nie ‘n stoof of oond nie, maar daar is wel ‘n mikrogolf as jy iets wil warm maak. Gaste ontvang ‘n welkom mandjie met lekkernye van die area.  In die mandjie is daar ‘n vars gebakte Babylonstoren Peer brood, Vrede & lust wyn, Dalewood kaas, heuning & botter sowel as beskuit vir ‘n vinnige ontbyt voor die dag se aktiwiteite begin.

Elke Studio het ook  gebottelde water, koeldrank, tee, filter koffie, Nespresso, melk en suiker wat daagliks opgevul word.  Elke Studio het ook ‘n ‘pamperlang skinkbord’ in die badkamer met natuurlike skoonheidsmiddels en elkeen verskil van Studio tot studio.  Mare Studio sal byvoorbeeld meer kaneel geurig wees, teenoor Blush Studio se roos geurige reuke of Ebony se houtskool seep en badsout.  Elke “bad-bom”, sepie, bad sout & roompie is spesiaal saamgestel om te pas by die tema van die Studio.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl

Wat maak die studio’s só besonders?


Wat dié studio’s so spesiaal maak is dat elkeen uniek ontwerp is deur ontwerper Elsje Schonken.  Elsje het elke studio kontemporêr ontwerp wat onverwagte vreugde skep vir almal wat hulle ervaar.  Ons weet sommer as jy eers in een studio gebly het dat jy elke ander studio sal wil ervaar.  Daar is ongelooflike fyn kenmerke in elke studio se ontwerp geplaas dat jy na jou asem sal snak met die aandag aan  die kleinste detail.  Die breekware van elke studio verskil ook om in te pas by die tema van die Studio.  Ebony sal swart wees, Blush pienk, ens.

vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl

Die verskillende studio’s en liefdadigheid organisasies


As dit nie genoeg is om jou te oorreed om nou dadelik jou besoek by La Bella Vita Studios te bespreek nie, is die volgende ook wonderlik!  Die idee en konsep om die spesifieke ontwerpe is geïnspireer deur die liefdadigheid organisasies wat baie na aan die eienaars se hart is. 3.5 % van die jaarlikse profyt word geskenk aan verskillende organisasies wat aansluit by die tema van die Studio:

Die Studio’s

Misty Forest:

Inspirasie getrek van bome, mos, organiese materiaal en elemente van koper.  3.5% van Misty Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan Greenpop Organisasie

Blush Studio:

Geïnspireer deur die elegansie van vrou-wees d.m.v koper, sagte pels teksture,  blom muurpapier, skakerings van pienk.  3.5% van Blush Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan Reach For Recovery

Mare Studio:

Inspirasie getrek van die pragtige perde by Pete’s Adventure Farm met hul vloeiende maanhare &aardse teksture en kleure.  Die Studio is ideaal vir diereliefhebbers.  3.5% van Mare Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan The Cart horse association

Rhino Studio:

Die Rhino Studio vier hierdie pragtige Suid-Afrikaanse ikoon met sy merkwaardige vel-tekstuur & dapper eienskappe.   3.5% van Rhino Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan The International Rhino foundation.

Haven Studio & Hush Studio:

Haven & Hush Studios is geïnspireer deur Afrika. Die klem hier is op teksture en die gebruik van rottang en aardse kleure.  3.5% van die Hush & Haven Studios se jaarlikse profyt word geskenk aan Warrior on wheels foundation.

Simply Serene:

‘n Goedkoper opsie vir die wat gemak soek, maar nie noodwendig die ontwerpers elemente vereis nie.  Simply Serene is net ‘n eenvoudige en  kalm spasie vir rus en ontspan.  3.5% v an Simply Serene Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan Warrior on wheels foundation.

Ebony Studio

Vir Mooi Leefstyl se lesers wat ons goed ken sal weet honde is baie naby aan ons hart.  Ons het in die Ebony Studio gebly.  Swart gaan nooit uit die mode nie. Hierdie Studio is dominant, elegant  en modern.  3.5% van Ebony Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan The guide dog association

vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio

Kaap se water probleem?


La Bella Vita Studios maak gebruik van behandelde boorgat water so die gaste is welkom om te bad om die lekker goedjies te geniet.

vorsprung studio la bella vita studios paarl la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl la bella vita studios paarl la bella vita studios paarl vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio vorsprung studio la bella vita studios paarl vorsprung studio

Word sosiaal


Volg La Bella Vita Studio’s op Instagram en Facebook.  Vir besprekings en meer inligting, klik hier om hulle webtuiste te besoek.

la bella vita studios paarl