La Petite Colombe se Winter spyskaart

Ons het eendag deurgery na Franschhoek en was bederf met lip-lek-lekker middag ete by La Petite Colombe.  Ons het ‘n 4-gang Winter Spyskaart met wyn paring geniet en definitief ‘n merk op ons aftiklys af gemerk.

Ons was aangenaam verras dat die tafel langs ons ‘n paartjie was wat spesiaal afgevlieg het van Johannesburg net om middag ete by die fynproewer restaurant te geniet.  Dan weer terug huis toe te vlieg.

Ons fone was afgesit en toe ons dit weer aansit was daar tenminste vier oproepe van vriende en familie wat erg jaloers is oor dié ervaring wat ons beleef het.

Lees onder meer oor ons ervaring en hoekom julle spoedig moontlik ‘n tafel by dié spog restaurant moet bespreek.  Hulle het ook nou ‘n spesiale aanbieding gedurende die Winter.

Vriendelike verwelkom


La Petite Colombe is geleë in die Le Quartier Français Hotel in Franschhoek.  ‘n Klein dorpie in die Wes-Kaap wat die tuiste is van Suid-Afrika se beste restaurante.  Ons was genooi deur La Petite Colombe om hulle Winter spyskaart te geniet.  La Petite Colombe is bekend vir heerlike kos en fantastiese diens.

Ons was onmiddellik vriendelik verwelkom deur die gasvrou by die ingang van die restaurant.  Sy het ons geneem het na ons tafel wat uitkyk oor die formele tuin, waar die Maître D ons met ‘n glasie vonkelwyn homself voorgestel het.  Dit was baie spesiaal en het ons onmiddellik laat welkom voel.

Die eerste paar minute wat jy ‘n restaurant binnegaan is baie belangrik.  Hoe jy ontvang word deur die restaurant, bepaal hoe jy jou tyd daar sal geniet.

Die begin van ‘n fees


Om te begin het ons ‘n heerlike Karwy suurdeeg, tuisgemaakte botter, Sesam en geroosterde gis broodjie gekry.  Toe ons die eerste hap neem het ons geweet die middagete gaan heerlik wees.  Terwyl ons hierdie heerlike broodjie geniet het, het die sommelier na ons gekom en die eerste gang se wyn aan ons verduidelik en presies hoekom dit met die kos gepaar word.  Hy het ook die moeite gedoen om ‘n bietjie van die geskiedenis, reuk en smaak van elke wyn met ons deur te gaan.

Die eerste gang en wyn paring


Jaun se eerste gang was ‘n heerlike Geposjeerde oester, Pernod, Pomelo, Verjuice, Anys, Appel, Seldery.  Gepaar met die plaaslike bekroonde en bekende Colmant Brut Chardonnay 2006 – 2013 van uit Franschhoek.

Günther se eerste gang was die Geelvin-Tuna, Eiervrug, Miso, Kalamansi, Avokadopeer.  Wat gepaar was met ‘n glas Mullineux ‘Old vines’ 2016 van die Swartland distrik.

Die tweede gang en wyn paring


Vir ons tweede gang het ons albei ‘n Kwartel, Rooikool, Sultana, Vyf-Speserye (Vinkelsaad, Kaneel, Naeltjies, Ster-Anys en Peperkorrels).  Bourbon wat gepaar was met ‘n glas Chamonix ‘Troika’ 2015 vanaf Franschhoek.

Ontmoet die sjefs


Jy kan ook die sjefs ontmoet teen ‘n ekstra koste.  Ons was verras met ‘n nuwe manier van die tradisionele eier en soldate dis.  As jy die sjefs ontmoet staan jy op vanaf jou tafel en gaan staan voor die kombuis by die marmer sjef-tafel en miniatuur sampioen tuin in die middel van die tafel wat oor al die verskillende dele van die kombuis uitkyk.

Die sjef vertel jou ook bietjie meer van elke sjef en hul afsonderlike departement in die kombuis.  ‘n Lekker ervaring om te sien wie wat en waar voorberei voordat die dis bedien word by die tafel.

Palet skoonmaker


Op ons terugkeer na ons tafel was ons ‘n heerlike palet skoonmaker bedien wat ons palet lekker verfris gelos het vir ons hoofmaaltyd.

Jaun se hoofdis


Vir die hoofmaaltyd het Jaun die Lynvis (Mauritiese Seebaars), Soubise, gerookte Mossel, Inkvis, Andyvie, Chorizo, geroomde preie.  Gepaar met ‘n glas Rickety Bridge ‘Paulina’s Reserve’ Semillion 2015 vanaf Franschhoek.

Gunther se hoofdis


Günther het die Chalmar Beesvleis, Beet, Raap, Spinasie, mosterd en sjerrie.  Gepaar met ‘n glas My Wyn Cabernet Franc (Dié dis word gewoonlik met Haut Espoir Cabernet Sauvignon 2008 vanaf Franschhoek gepaar).

Jaun se nagereg


Die nagereg het ons stom geslaan.  Jaun het die Foxenberg bokmelkkaas, bokke melk karamel, kouign amann, koejawel, tamaryn.  Gepaar met ‘n glas Vonderling ‘Sweet Carolyn’ 2011 vanaf Voor-Paardeberg.

Günther se nagereg


Günther het die Valrhona Itakuja Crémeux, Pynappel, Mango, Makadamia neute, Passion Fruit, Sitroengras geniet.  Gepaar met ‘n glas Thelema ‘Late Harvest’ Semillon 2014 vanaf Stellenbosch.

Na nagereg


Na ons nagereg het ons ‘n heerlike koppie koffie bestel wat ons saam met ons La Petite Colombe Treasures gevul met Macaroon en goud gestofde wit-sjokolade.  Ons het die middagete by La Petite Colombe geëindig met ‘n heerlike koppie koffie in die mooiste breekware.

Bespreek jou tafel by La Petite Colombe


Maak gebruik van La Petite Colombe se winter spyskaart promosie vanaf Maandag tot Vrydag, uitsluitende publieke vakansiedae tot-en-met 31 Augustus 2018.

Dit is slegs R395 per persoon vir ‘n vier gang maaltyd of R 795 vir ‘n vier gang maaltyd insluitende ‘n wynparing.  Daar is ook die opsie om die sjefs te ontmoet teen ‘n klein ekstra koste en ‘n ietsie oulik by die sjef-tafel te geniet terwyl die sjef die kombuis uitleg vir jou verduidelik.

Klik hier om jou middagete aanlyn te boek of kontak La Petite Colombe by 021 202-3395 om te bespreek.

    Artikel Diensverskaffers: