Timothy & Cleo se Boheemse Woud Troue

Timothy en Cleo se Boheemse woud troue is ʼn sjiek feesdag in ʼn pragtige glaskas venue omring met woud tonele. Hierdie paartjie se troue is ʼn pragtige voorbeeld van die harmonie tussen ʼn rustieke en moderne trou styl.

Cleo en Timothy het ʼn sprokiesagtige buitelug trou seremonie onder ʼn uitgestrekte tent gehad, om seker te maak dit is weerbestand. Die sprankelende kandelaar wat uit die tent se dak hang, skep ʼn elegante atmosfeer in die seremonie area. Hulle het ook die mooiste blomkrans gebruik om die seremonie area met ekstra detail te verfraai.

Die trou dekor was ʼn kombinasie van moderne en Boheemse elemente wat perfek saamgevloei het in die pragtige glaskas venue. Die onthaal lokaal is omring deur die asemrowende natuurskoon van die omliggende woud.

Feetjie liggies het die deurskynende dak bedek en ʼn romantiese atmosfeer geskep waar trougaste gesellig kon feesvier. Hout tafels was bedek met sagte pienk tafellopers, en op die tafels was fyn blom ontwerpe in ʼn kombinasie van gedroogte en vars blomme, in neutrale kleure blompotte. Glas elemente op die tafels het ʼn elegante gevoel bygedra.

Cleo het beeldskoon gelyk in haar Boheemse, maar nog steeds elegante styl trourok. Haar handruiker was ʼn kombinasie van gedroogte en vars blomme in aardse kleurskakerings wat perfek gepas het by die res van hul troue. Timothy het ʼn sagte vuil pienk troupak gedra wat pragtig ingeskakel het by hul troue se kleurpalet.

Geniet die pragtige foto’s watBoland Weddings van die paartjie se troue geneem het. Rol af om meer te lees oor Timothy en Cleo se stylvolle troue en hul romantiese liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het deur vriende ontmoet in Dubai, waar ons albei woon. Ek Timothy was by ʼn partytjie, en Cleo het by die deur ingestap. Ek het onmiddellik geweet dat ek met haar gaan trou.

Ons verlowing was gehou by Al Nassar Hotel in Dubai, by ʼn restaurant wat uit die see uit loop, Pier Chic, dit het ʼn baie bekende Michelin ster sjef. Ek was verskriklike senuweeagtig op die dag, maar het al my moet by mekaar geskrap om die groot vraag te vra. Ons is toe al 4 jaar saam.

Trourok:


Cleo se rok was ontwerp deur Lauren R Couture, dit was altyd ʼn droom vir Lauren om Cleo se rok te maak. Die styl was elegant maar Bo-ho chic, met nie te veel gilts-en-glam nie.

Verloof- en Trouringe:


Cleo het ʼn 2 karaat diamant ring en Tim het ʼn platinum ring met diamante omring. Timothy se keuse was sy eie ontwerp en vir Cleo was dit ook haar eie ontwerp. Cleo wou ʼn klassieke ontwerp gehad het.

Meer oor Boland Weddings:


By Boland Weddings is die naam van die speletjie’ gerig daarop om goed eenvoudig te hou. Boland Weddings is ʼn groot span van fotograwe en videograwe wat nie net met mekaar saamwerk as of ons ʼn groot familie is nie, maar wat ook saam werk om die stres van julle troue te verminder.

Boland Weddings is opgebou deur fotograwe en videograwe wat almal persoonlik uitgekies was deur die besigheid se eienaars, om seker te wees dat hulle inpas by die formaat waarvoor Boland Weddings bekend is.  Daar sal nooit iemand by julle troue wees wat nie ʼn amptelike deel is van die Boland Weddings familie nie.  Die foto en video redigering, selfs na 13 jaar, word steeds net gedoen deur die eienaars self, om seker te wees dat hulle styl kan oordra na al die spanne.

Voor julle troue is Boland Weddings ook meer as gewillig om te help met tydlyne, advies, en selfs om ander tipe verskaffers vir julle voor te stel wat gepas sal wees vir julle droom en begroting.  Algehele, om Boland Weddings deel te maak van julle groot dag is nie net ʼn praktiese keuse nie, maar ook ʼn keuse wat julle troudag meer pret en spesiaal sal maak.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die platejoggie en die feit dat almal heelaand gedans het.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Almal het uitgestaan.

Trou Venue:


Cleo wou altyd ʼn woud troue gehad het, so dit was ʼn no-brainer om Die Woud te kies as ons venue. Toe ons die venue gaan besoek was ons regtig beïndruk met die kos en hoe die venue lyk.

Trou Dekor en Styl:


Die kleurskema was neutrale skakerings van pienk, die bruidegom se pak was ook nude pink as ook die strooimeisie se rokke. Die strooijonkers se pakke was nude color om te pas by die algehele Boho rustieke tema.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Doen wat jul harts begeerte is, mens trou net eenkeer en kan nooit weer die dag oordoen nie.

Eerste Dans:


The Pedestrians – As much as I do

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het ‘n jaar-en-half aan hul troue beplan, hul het 130 gaste onthaal en die totale kostes het ongeveer R3 850 per kop uitgewerk.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: