Gratis Hou Die Datum Oop Kaartjie

Hierdie oulike Gratis Hou Die Datum Oop kaartjie is perfek vir paartjies wat op soek is na ʼn selfdoen idee vir hul troue. ʼn Hou Die Datum Oop kaartjie word voor die meer formele trou uitnodiging gestuur. Dit gee jou trou gaste die kans om intussen planne te maak om jul troudatum beskikbaar te stel. As jy trou gaste het wat van ver na jou troue moet reis, is dit ʼn oulike idee om ʼn kaartjie uit te stuur terwyl jy die datum oophou. Jy kan die kaart óf laat druk en stuur óf jy kan dit per e-pos of WhatsApp aan jou trou gaste stuur.

Ons het hierdie Hou Die Datum Oop kaartjie ontwerp sodat Mooi Troue se lesers dit gratis vir hul eie troue kan aanpas. Voeg jou eie foto in. Verander die voorletters na jul eie. Pas al die besonderhede aan na jul eie trou besonderhede. Hierdie ontwerp is beskikbaar as ʼn gratis Canva-templaat wat jy kan gebruik en jou eie kan maak.

Voltooi die vorm hieronder en ontvang ʼn skakel na die Canva-templaat per e-pos. Die ontwerp is as ʼn A4-grootte ontwerp, maar ons sal aanbeveel dat jy die kaartjie as ʼn A5-grootte by jou plaaslike drukkers laat druk. Dit beteken jy sal twee kaartjies per A4-vel kan laat druk, wat koste sal bespaar en ook die perfekte grootte sal wees. Rol af om jou gratis sjabloon af te laai en maak die stoor die datum-kaart jou eie.

    LAAI SKRYFBEHOETE ONTWERP AF:

    Voltooi die onderste vorm om hierdie gratis skryfbehoefte ontwerp af te laai.


    NAAM:

    E-POS ADRES:


    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    Ek gee toestemming aan Mooi Troues dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie vir u die gratis skryfbehoefte ontwerp kan stuur nie.

    Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


    Trou skryfbehoeftes speel ʼn belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ʼn groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

    Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplek kaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

    Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

    Ons het ook ʼn groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

    Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

    Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

    Artikel Krediet: