Julian het baie van Melissa gehoor deur haar broer en toe hy uit eintlik haar ontmoet was dit die begin van hul lewens saam. Alhoewel Julian nie romanties is nie, het hy die mees romantiese manier vir Melissa gevra om te trou….
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Melissa het my oog gevang toe sy op my vlug was op pad Laeveld toe om vir haar broer te gaan kuier. Haar broer het ‘n paar keer oor sy mooi suster gepraat, maar ware skoonheid het die oomblik vasgevang. Die koeël was deur die kerk!
Hoe het julle verloof geraak?
Die tyd het gekom vir Julian om sy groot gewere uit te haal. Hy het genoeg films gekyk, boeke gelees en gesels met familie en vriende. Hy het gegaan vir goud ! Ons het op baie “dates” gegaan en mekaar verskriklik geniet. Ons liefde vir mekaar het gegroei en het geweet God het ons gehelp om mekaar te vind. Die Here het nie Julian as ‘n romantiese man geskep – maar Hy het hom die insig gegee om die lewe reg aan te pak.
Hy vlieg Melissa Frankryk toe om die GROOT vraag te vra. ’n Romantiese ete op ‘n bootrit op die Seine rivier het gevolg. Amper teen die einde van die vaart het die boot tot stilstand gekom voor die Eiffeltoring. Soos die liggies aankom op die toring, begin ‘n viool speel: “I can’t stop falling in love with you” van Elvis Presley. Egte Franse champagne word bedien met die ring in haar glas. Maar Melissa sien dit nie eers raak nie! Julian moes maar tot die redding kom en keer dat sy dit insluk.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons vas 4 jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Onthou dat jul saam die lewe aan pak en vir mekaar daar is en nie teen mekaar. Wees geduldig en praat gereeld. Bou op en moet nie afbreek aan jul verhouding. Beste verhoudings kom met tyd en dis belangrik om saam te groei! Dit gaan nie net oor om die regte persoon te vind nie, maar ook om die regte persoon te wees vir mekaar.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Tyme Photography
- Venue: Red Ivory Lodge
- Videograaf: Motion Craft Films
- Blomme: Bunches for Africa
- Drapering: Drapingworx
- Sweetie Tafel: Karamella
- Koek: Sugar n Ice
- Skryfbehoeftes: Lily Young Designs
- Lint: Lappies liefde
- Skemer Kelkies: KWS Bartending
- Photobooth: Photobooth SA |
- Platejoggie: Soundworx
- Rok: Charlene Sauerman Couture
- Grimering: Piers Braybrooke