Lanzerac in Stellenbosch is elke paartjie se droom bestemming

Lanzerac is elke paartjie se droom bestemming vir ʼn romantiese trou- of wittebrood wegbreek.  Hierdie spog plaas, geleë aan die voetheuwels van Jonkershoek Vallei, is ʼn historiese landmerk en een van Stellenbosch se ikone.

Ryk aan geskiedenis, dateer Lanzerac terug na 1692.  Kaapse geskiedenis omvou jou sodra jy inkom, en dit voel of jy ʼn sprokieswêreld betree.  ʼn Dramatiese bergreeks, eindelose rye wingerde, versorgde tuine, tesame met reuse eikebome en hul eekhoring-inwoners, verwelkom jou by Lanzerac.

Die Herehuis weerspieël die tradisionele Hollandse styl van ʼn plattelandse hotel met eg Kaapse gasvryheid. Bekroonde kroeë, restaurante, asook ʼn asemrowende wynproe area maak Lanzerac ʼn definitiewe stop in die Kaap.  Hierdie klassieke hotel spog met weelderige kamers, elk met sy eie unieke styl.  ʼn Perfekte kombinasie van ouwêreldse sjarme en kontemporêre interieur, wat dit eie aan sy soort maak.

By Lanzerac sal julle verwelkom word met vriendelike gasvryheid, professionele diens en wêreld klas akkommodasie, fasiliteite en geriewe. Rol af om meer te lees oor Lanzerac.

Geskiedenis van Lanzerac:


Terug in 1692, is Lanzerac slegs 13 jaar na Stellenbosch gevind is, gestig.  Dit is die derde oudste plaas in die omgewing. Die eerste eienaar van die plaas, wat ook die eerste wingerde geplant het, het die plaas Schoongezicht genoem.  Wat duidelik na die skoonheid en sprokiesagtige gevoel van die berge verwys het. In die vroeë 1800’s was die eerste kelder gebou en dit was gekomplimenteer deur die prentjie mooi Herehuis wat terug dateer na 1830. Die Here Huis, asook die Werf, staan vandag trots as ʼn Erfenisterrein.

Lanzerac se naam:

Die plaas staan vandag bekend as Lanzerac, te danke aan die landgoed se invloedrykste eienares, Elizabeth Catherina ‘Kitty’ English, wat Schoongezicht in 1920 gekoop het.

Mev. English het die plaas se naam verander na Lanzerac. Gerugte reken dat sy dit vernoem het na Generaal Charles Lanrezac, ʼn Franse Generaal wat die Vyfde Weermag by die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog gelei het – maar dit daar gelaat. In haar nege jaar van eienares wees, het Mev. English Lanzerac getransformeer in een van die mees gesogde en moderne wynplase in die Kaap. Sy het werklik die fondasie goed neergelê vir al die ander Stellenbosch wynplase wat sou volg. In 1929 is sy oorlede, en het Lanzerac nuwe eienaars gekry.

Deur die jare, het eienaars gekom en gaan – maar die naam Lanzerac het gebly. Lanzerac is alombekend as die tuiste van die eerste kommersiële vervaardigde Pinotage in die wêreld, wat terug dateer na 1959. Sedertdien 1959, het Pinotage die wêreld ingegaan, en Lanzerac is ʼn deel van baie huishoudings.

Verblyf by Lanzerac:


Hiér sal julle as paartjie kwaliteit tyd saam kan spandeer, weg van die stad se gejaag. Lanzerac se luukse hotel is die ideale bestemming vir paartjies wat opsoek is na ʼn romantiese wegbreek. Hierdie pragtige hotel se kamers en suites is elkeen uniek ontwerp. ʼn Pragtige mengsel van modern en antieke meubel en dekor stukke pas perfek by die plaas se ryk geskiedenis.

Daar is lieflike swembaddens, wandel paadjies op die plaas en ook fietsry roetes beskikbaar. Groot versorgde grasperke en tuine saam met die mooi argitektuur van die herehuis is te mooi om te beskryf in woorde.

Klik hier om meer te lees oor Lanzerac se verblyf opsies.

Trou by Lanzerac:


Vir die mees romantiese en onvergeetlike troue, kan jul eenvoudig nie die Stellenbosch Wynlande miskyk nie. Lanzerac is geleë aan die voetheuwels van die idilliese Jonkershoekvallei.

Trou in Stellenbosch by Lanzerac, met wêreld klas verblyf, fasiliteite en aktiwiteite, sal jy op jou beste voel op jou troudag. Stellenbosch is ʼn populêre trou bestemming vir paartjies van regoor Suid-Afrika. Met pragtige uitsigte, heerlike wyn en mooi tuine, kan jy nie verkeerd gaan as jy Lanzerac kies nie. Van klein intieme troues in die tuin onder van die oudste bome in die area tot groot makietie troues in die Cellar Hall, bied Lanzerac unieke opsies vir jou droom troue.

Julle troue se seremonie en onthaal word gehou teen ʼn skouspelagtige natuur landskap agtergrond. Dié landgoed spog met uitsigte oor majestueuse bergreekse en eindelose rye welige wingerde, wat dit die perfekte romantiese toevlugsoord vir paartjies maak.

Jul trou gaste sal heerlike wyne geniet vanaf die plaas, spyseniering vanuit die boonste rakke en spasie vir al die vriende en familie. Lanzerac bied verskeie trou pakette aan wat geskik is vir elke paartjie. Julle sprokie begin hier by Lanzerac.  Klik hier om meer te lees oor hul trou geleenthede.

Restaurant opsies by Lanzerac:


By Lanzerac is daar verskeie restaurante om van te kies. Dit sluit in hul Tasting Room & Deli, Taphuis en Manor Kitchen. Elkeen spog met disse wat die mond laat water – alles trots Suid-Afrikaans, met ʼn unieke tikseltjie fyn aan dit. Bekroonde wyne is deel van Lanzerac se erfenis, só ʼn wynproe moet ook heelbo aan julle lys wees wanneer julle Lanzerac besoek. Klik hier as jy meer wil lees oor hul restaurant opsies.

Ontspan by Lanzerac:


By Lanzerac is daar nie net wyn nie, maar ook ʼn ongelooflike spa vir ontspanning. ʼn Hotel met 54 unieke kamers wat spog met fyn gekose dekor en meubels, asook drie puik restaurante.

Lanzerac Spa spog met ʼn ongekende uitsig oor berge en wingerde. Die wye reeks van spa behandelings verseker ʼn onvergeetlike spa-ervaring.

Lanzerac bied meer as net ʼn spasie vir ontspan – by Lanzerac kan jou siel werklik rus aan die voet van die Jonkershoek Vallei, terwyl die goue son verdwyn en die mooiste sterre die aandlig kom ophelder.

 

Bespreek julle wegbreek na Lanzerac:


Kontak Lanzerac deur hul webtuiste of per e-pos vir meer inligting.  Julle kan hul ook telefonies kontak by +27 (0)21 887 1132.  Lanzerac se professionele en vriendelike span staan gereed om julle versoek te beantwoord en jul by hul prag plaas te verwelkom.

Artikel Krediet: