Ons het absoluut glad nie woorde om te kan beskryf hoe mooi vandag se publikasie is nie en dit stel definitief ‘n standaard vir Mooi Troues.
Die troue van Gericke en Amore het ons na ons asems laat snak! Amore het die mooiste minimalistiese rok gedra wat ontwerp was deur die talentvolle Janita Toerien. Haar rok is minimalisties, maar vloeiend en het net genoeg detail op om jou oog te vang. Dit is definitief ‘n klassieke rok, vir ‘n stylvolle bruid. Die gebruik van kleurvolle blomme en vrugte op die onafgewerkte hout tafels skep ‘n boheemse gevoel met die antieke meubels wat alles die prentjie mooi troue afgerond het.
Hulle het verskillende elemente van Rustiek tot Modern geïmplementeer. Dit maak die trou styl eensoortig en mens kan nie regtig ‘n spesifieke styl op die troue plaas nie. Die paartjie het definitief uit die boks gedink met hulle troue se beplanning en tot die troukoek is iets heeltemal anders. ‘n Heerlike troukoek gemaak uit lae pannekoek, is verseker ‘n heerlike en oulike idee vir ‘n troukoek.
Ons sê baie dankie aan Nikkie Meyer wat haar taak baie goed kwyt geraak het om die troue op so onvergeetlike manier vas te vang.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
AMORE: Gericke se oudste suster is my peetma want ek was vir baie jare in haar nasorg sentrum. Ons het een middag in 2009 by haar gaan kuier op die plaas en toe was Gericke daar. My ma het met die wegry nog gesê ek moenie verlief raak nie want ouens soos Gericke het altyd ‘n meisie. Sy was gelukkig verkeerd en daarna het ons meer gereeld op die plaas gaan kuier..
Hoe het julle verloof geraak?
GERICKE: Met ‘n groot gesukkel! Ek het dit ‘n hele naweek vol avontuur en uitstappies gemaak en met die hoogtepunt op Sondagoggend. Ons het die Vrydag begin met ‘n lekker ete by ons gunsteling restaurant. Saterdag het ons na Kaapstad se blommemark waar Amore soveel blomme kon kies as wat sy wou, waarna ons ontbyt in Kloofstraat geëet het. Daarna het ons pannekoek in Riebeeck-Kasteel gekry.
Sondag het ek drie keer probeer vra maar elke keer was die oomblik nie reg nie. Uiteindelik het ek haar na Du Toitskloof Pas geneem waar ons met ons heel eerste rit na Stellenbosch oor alles van Tafelberg na Paarl uitgekyk het, en haar gevra om te trou.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
AMORE: Offisieel so bietjie meer as vyf jaar – ons het ons verhouding in April 2010 vir almal aangekondig, en van daar af was dit een ongelooflike avontuur.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
AMORE:
As dit by die beplanning van julle troue kom, doen wat julle graag wil doen. Daar is gans te veel familie wat aanspraak maak op die dag en hulle sin wil kry terwyl eintlik julle dag is. Dit is vir baie paartjies die eerste groot projek wat hulle saam sal aanpak, en as die familie alles oorneem, neem dit baie weg van julle smaak en voorkeure.
GERICKE:
En as dit by die basis van ‘n goeie verhouding kom – leer om openlik en deeglik te kommunikeer. Om getroud te wees is die opperste vorm van spanwerk – as mens vroeg leer praat dan kan mens vinniger vorentoe beweeg en ‘n sterk huwelik bou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nikki Meyer
- Trou koördineerder: Anneke Roux – AnnaH
- Trou Rok: Janita Toerien
- Dekor: Function and Hire 4U + Events & Tents + Sitting Pretty
- Meubels: Baie Goeters
- Tee, koppies en drinkgoed: Spookasem
- Hare en grimering: Erane Hobbs
- Tent: Events & Tents
- Pianis: Rene Piet
- Troukoek: Greta Potgieter