Wessel & Lauren se Verrassing Verlowing

Ons is opgewonde om Wessel en Lauren se verrassing verlowing op ʼn pragtige wynlandgoed Simondium te deel.  Die sagter laat middag sonlig wat so deur die bome en pragtige landskappe van die wyn landgoed skyn is prentjie mooi.

Wessel het Lauren verras met die groot vraag op ʼn laat middag in die wynlande.  Daar was ʼn hele dekor opstel gedoen met ʼn groot agterkant wat lees: “Sal jy met my trou?” Daar was Wessel, die mooi dekor, pampas gras, rooi rose, vonkelwyn op ys en natuurlik die verloofring!

Ons kan sommer Lauren se opgewondenheid deur die foto’s voel. Dit was só ʼn spesiale oomblik, vasgevang in hierdie pragtige spontane foto’s.  Daar was ʼn paar trane van blydskap, baie gelag en daarna die mooiste fotosessie.

Toekomstige bruidegom!  As jy daaraan dink om jou meisie te vra om met jou te trou en dit is ʼn verrassing, maak seker jy reël ʼn professionele trou fotograaf.  Dit is so ʼn spesiale oomblik dat mens dit moet vasvang in foto’s.

Rol af om meer te foto’s te sien en te lees oor Wessel en Lauren se liefdesreis en hul verlowing.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Dit was 6 April 2019, my sussie se troudag! Op die laaste nippertjie moes die bruidegom ʼn nuwe strooijonker kry. Hy vertel toe dit is een van sy vriende van skooljare af. Na die opwinding en chaos van regmaak vir die troue was die bruid gereed om in die paadjie af te stap. Ek moes saam met die nuwe strooijonker stap. Op daardie oomblik voor eenhonderd gaste het ek en Wessel ontmoet! (Daar is ‘n video!). Ons het oogkontak gemaak en my hart het onmiddellik gebokspring! Ek het by hom ingehaak en ons twee het giggelend die paadjie na die kansel aangedurf, al twéé ewe skaam.

Die groot vraag:


Wessel boer in Amerika. Ons is nege maande van die jaar weg van mekaar af. Soos ʼn tipiese Gen-Z moderne verhouding moes ons saam beplan. Ek het geweet dat dit in 2023 gaan gebeur, maar ek het van geen detail geweet nie. Wessel het ʼn 15 dae Kaap vakansie beplan, van wynlande tot Diaz en Hartenbos. Dit was omtrent ʼn bederf!

Min het ek geweet na ontbyt by Fairview gaan hy my inteken by my gunsteling wynplaas: Vrede en Lust.  My sussie (Chantel Du Plessis) en Wessel het lekker gekonkel vir 8 maande lank! Ek het gewonder of vandag die dag is, maar ek was net te opgewonde oor die dag by Vrede en Lust!  Wessel het my verras met ‘n haar afspraak by niemand anders as Gary Rom Salon in Stellenbosch! Volgens Wessel het my hare noodhulp nodig gehad na die droë Kaapse wind! Daardie dag het ek NIKS vermoed nie!

Na die haar afspraak is ons terug na Vrede en Lust. So was ek weereens stom geslaan met die prentjie van Wessel met ʼn Lena Lisa boks in sy hand! Hy het vir my gesê: “My lief, die is vir jou, trek asseblief aan en iemand sal 6 uur by jou deur wees. Jou sussie het spesiaal vir jou gekies!”

Die trane was vlak toe ek die boks oop maak.  ʼn Wit, pêrel detail rok! ʼn Droom wat waar geword het! Na ure se grimering en werk aan perfeksie het ek soos ʼn regte PRINSES gevoel! Toe het ek GEWEET!

Die groot vraag oomblik:

Ek was op die kop 6 uur ontmoet met Vrede en Lust se organiseerder. Sy het my gelei deur die wingerde en ʼn lang storie vertel van hoe Wessel alleen wil eet vanaand! Wat om die hoek vir my gewag het op ʼn onvergeetlike Maandag aand was my droom man! My mooiste amper man! Ek was fisies asemloos!

Toe ek hom sien het ek gehardloop-stap na hom toe (in hakskoene). Hy het my omhels en die mooiste woorde vir my gesê. Ek kon voel hoe bewe ons van opwinding en afwagting. Ons kon die oomblik saam deel! Daarna het hy my hand gevat en op een knieg afgesak, ʼn ringboksie uitgetrek en my gevra of ek hom die gelukkigste man op aarde sal maak deur sy vrou te word! Die arme fotograaf kon nie eens ʼn foto knip so vinnig was hy op sy knieg nie!

Ek kon nie vinnig genoeg ja sê nie! Ek het hom so styf gedruk dat ek vergeet het van die ring! Ons ongelooflike fotograaf het my herinner van die ring!  Hy het die boksie vinnig oop gemaak en my, my asemrowende ring gewys.  Ek was van voor af verlief!

Die oomblik wat hy my ring aan my vinger gesit het, was ons een! Ek kan dit nie beskryf nie, maar dit was outomaties. ʼn Baie lang soen het gevolg met giggels en uitspattige opwinding!

Hoekom ons mekaar liefhet:


Lauren aan Wessel:

Wessel het die grootse hart wat ek nog ooit beleef het! Elke kans wat hy het gee hy vir iemand, of probeer hy help waar hy kan! Jy sal Wessel ook nooit sonder ʼn glimlag kry nie! Hy kla ook nooit nie en die mooiste van hom is elke keer as ek af voel is sy woorde: “Môre skyn die son weer!”.

Wessel is net ʼn mens-mens. Hy trek mense aan met sy positiwiteit en beur mense altyd op. Ek admireer elke dag watse sterk mens en leier hy is.

Wessel aan Lauren:

Haar deursettingsvermoë is vir my als! Maak nie saak wat die situasie is nie, sy kry my deur dit. Sy sien altyd die beter kant van ʼn situasie. Sy is my motivering elke dag om aan te hou! Hoe sy met mense is en werk is vir my merkwaardig. Altyd vriendelik en hulpvaardig, sy sal berge versit vir mense en enige mens spesiaal laat voel.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons weet nie! Vir die eerste keer ooit het ons nie ʼn plan nie. Dit is baie groot vir ons. Ons is beplanners. Die doel is nou om ons finansiële doelwit te bereik, want Wessel wil sy eie grond koop. Ons mikpunt is om in 2024 te trou. Alles in God se tyd!

Die verloofring:


Ons het saam besluit op die ring ontwerp. Wessel het ʼn idee gehad van ʼn ontwerp gehad, maar hy het my insette ook gevra! Ons het tot ʼn oorstemming gekom op die ring ontwerp wat ek tans het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek en Wessel deel die liefde vir herinneringe van elke spesiale oomblik. Foto’s is vir ons baie belangrik vir vir altyd ‘n oomblik vas te vang. Reeds omdat ons so ver uit mekaar uit is konstant.
Dit was vir Wessel ‘n reuse taak om die perfekte fotograaf te kies wat ons sou voorstel. Adorn Photography & Film pas ons tot ʼn “T”. Hulle voel soos vriende!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons albei deel die belangstelling in die vintage wasige foto’s wat in die mode nou is. Albei van ons wou baie in die oomblik foto’s hê! Ons wou net ons liefde en geluk in ʼn foto vasvang vir altyd. Werner van Adorn Photography & Film het presies dit vir ons gelewer!

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Ons stres maar altyd oor die afstand tussen ons. Trou reëlings is baie stresvol. Veral, wie om te nooi en wie nie. Ons is nie konflik mense nie en probeer dit vermy.

Visie vir droomtroue:


ʼn Baie intieme, klein wynland troue met ons mees geliefde vriende en familie wat net geluk en liefde vir ons wens. ʼn Dag waar die fokus net op my en Wessel is wat so bitter verlief is.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: