Vrug & Blom Trou Inspirasie vanuit Namibië

Is julle ʼn paartjie wat hou van kleurvolle blomme en helder kleure? Dan sal die fotosessie heelbo aan jul trou inspirasie bord moet wees. In dié artikel deel ons pragtige vrug en blom trou inspirasie vanuit Namibië met Mooi Troues se lesers.  Die talentvolle groep plaaslike trou diensverskaffers van Namibië het saamgewerk om hierdie pragtige fotosessie bymekaar te sit. Hierdie fotosessie bied tonne trou inspirasie vir paartjies wat opsoek is na iets anders as die gewone vir hul troudag.

Hout tafels is bedek met kleurvolle dekor elemente.  Kombinasie van kleurvolle helder blom ontwerpe en vars vrugte soos spanspek, suurlemoen en granaat. Handgemaakte klei potte vanuit Namibië was gebruik vir die blom ontwerpe.  Dié potte pas perfek by die dekor elemente en ʼn pragtige balans geskep het vir die helder kleure. Skakerings van pienke en bloue kan ook op die tafel gesien word in die loper en materiaal servette.

Die troukoek is van twee lae. Versier met blomme en gedroogte suurlemoen wat alles net só mooi laat invloei by die res van die dekor elemente.

Vroulike model se trourok het ʼn klassieke styl met ʼn moderne kinkel van skoon lyne, en pragtige detail op die trourok pas dit perfek by die tema van die fotosessie.  Manlike model se trou pak is ʼn sagte skakering van olyfgroen wat ook iets buiten die gewone trou uitrusting is en perfek werk saam met die helder kleure van die blom ontwerpe.

Rol af vir tonne inspirasie vir jul eie troue en om meer te lees oor die vrug en blom trou inspirasie vanuit Namibië.

Wie het die fotosessie gereël?


June van Urban Lens Photography en Liezel van Out of Nature.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons het saam gekom met ʼn paar fantastiese trou diensverskaffer in Namibië vir ʼn uiters prettige gestileerde fotosessie. As jy die gewone trou tendense nie wil volg nie, is hierdie een vir jou! Ons tema? Fruity and Floral – is ’n wilde viering van lewendige kleur om te bewys dat kleur ʼn terugkeer maak in troues. Ons het almal uitgegaan om prettige en onverwagte maniere te kry om jou groot dag met ʼn kaleidoskoop van kleure te laat spat.

In ʼn wêreld waar troues gewoonlik by die klassieke style hou, is hierdie gestileerde fotosessie beslis iets vars. Ons moedig paartjies aan om dinge op te kikker met nuwe kleure soos sagte geel, baba blou of lemmetjie groen vir daardie moderne kinkel. Het ons genoem dat die fotosessie die perfekte mengsel van kleurvolle trou skryfbehoeftes en ʼn koek met framboos vulsel gehad het wat perfek by die tema gepas het.  Só, hier is jou aanmoediging om in die warrelwind van ʼn kleurvolle trou reis in te spring.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons is almal plaaslike trou diensverskaffers in Namibië. Almal wat betrokke was hou van ʼn moderne en om bietjie meer buite die boks te dink.  So dit het net sin gemaak dat ons almal saamspan om hierdie fotosessie ʼn sukses te maak.

Agter die skerms van die fotosessie:


Die reën het ons wel so bietjie gevang wat buite ons hande was, maar hier in Namibië kla ons glad nie oor reën nie.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Ek was mal oor die buite tafel wat Liezel vir ons bymekaar gesit het. Die tafel was tussen die blomme en ingepas by die blomme in die tuin.  Dit was soos iets uit ʼn boek uit.

Dekor:


Ons het besluit om iets nuut en anders te doen met die dekor.  Om weg te beweeg van dit wat normaalweg op troues gedoen word en wat trou modes was vir die laaste paar jaar. Ons het besluit om te werk met vrugte kleure wat sorgvuldig uitgesoek is om mekaar te komplimenteer en te kontrasteer met blou.

Daar is besluit om die tema lig en vars te hou met ‘n mengsel van aardse en helder elemente en kleure wat ook pas by die gevoel van die trou venue.  Die kleipotte is handgemaak in Namibië se Caprivi-streek.  Alle trou skryfbehoefte ontwerpe en drukwerk is plaaslik gedoen.

Dekor moet in die dekor stilis se opinie altyd kontrasterende elemente hê om dit interessant te maak en warmte te verleen aan ʼn tema, sodat dit nie net generies lyk nie. Meeste van die blomme wat gebruik was word plaaslik op Out of Nature gegroei, asook die granate .

Interessante vorms en kleure van kerse is ingebring om iets modern en anders in te bring. Die eindproduk was ʼn helder , vrolike fotosessie met klassieke mengsels van kleur en tekstuur en ʼn wenner vir enige troue!

Die drankies wat verskaf was in die fotosessie het ook bygedra tot die “Fruity & Floral” tema. Op baie van die troues word daar Gin verskaf van Inverroche se Verdant geur.  Die geur is blomagtig en sag en het perfek by ons tema ingepas.

Kleurskema:


“Fruity & Floral” – Dit is ’n wilde viering van lewendige kleur om te bewys dat kleur ʼn terugkeer maak in troues. Ons het almal uitgegaan om prettige en onverwagte maniere te kry om jou groot dag met ʼn kaleidoskoop van kleure te laat spat. Enige kleur wat vrolik is het ons gebruik en dit weer sag te maak deur ligte pienk en blou op die tafels te gebruik.

Venue en Ligging:


Out of Nature Country Lodge is een van die mooiste en gewildste trou bestemmings in Namibië en lewer ʼn allesomvattende diens aan plaaslike- en paartjies van oorsee.  Die venue is aards en natuurlik en is gemaklik met ʼn asemrowende uitsig oor die Auasberge.  Out of Nature Country Lodge lewer ʼn allesomvattende diens wat dekor, kos en beplanning ensovoorts insluit . Die venue is gekies vir sy asemrowende mooi tuin en kerkie asook uitsigte en die feit dat Out of Nature bekend is vir vernuwende en kreatiewe denke en styl rondom dekor. Dekor wat gebruik was is ʼn refleksie van die venue- se aards natuurlik en “eenvoudige”, maar tog vars, nuut en opwindend.

Trourok en bruidegom pak:


Trourok:

Omrede die dekor baie helder is het ons besluit dat ons ʼn klassieke styl trourok wil hê, maar wat nogsteeds ʼn indruk maak.  Hierdie pragtige trourok beklemtoon ʼn klassieke styl met ʼn moderne kinkel. Die skoon lyne en minimalistiese silhoeët laat die bruid toe om selfvertroue uit te straal.  Hierdie trourok se “sequins” detail  afwerking gee die rok lewe.  Blink wat in die lig dans as die bruid rond beweeg.  Hierdie trourok was perfek vir ons fotosessie en is nie net ʼn kledingstuk nie; dit is ʼn viering van vroulikheid, elegansie en die tydlose aanloklikheid in die wêreld van trourokke.

Bruidegom Pak:

Die ryk toon van olyfgroen is die perfekte kleur vir die bruidegom se pak. ʼn Duidelike afwyking van tradisionele pak keuses, wat die tema van “Fruity & Floral” weerspieël. In ʼn doelbewuste afwyking van tradisionele drag, dien hierdie onkonvensionele keuse as ʼn gewaagde uitdrukking van persoonlikheid en styl.  Aardse skakering straal ʼn gevoel van natuurlike sofistikasie uit, wat die elegansie van die trourok perfek komplementeer terwyl dit ʼn verfrissende kinkel byvoeg.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Op die ou einde is dit jou troue.  Só as jy wil wegbreek van eenvoudige en veilige keuses wanneer dit by jou dekor kom, stel ons voor om die lewendige wêreld van kleur te omhels.  Dink verder as die gewone troue en laat jou verbeelding los met kleure wat jou unieke liefdesverhaal weerspieël.

Of dit nou ʼn uitbarsting van gewaagde skakerings of ʼn subtiele toon van pastelle is, die inkorporering van kleur in jou dekor bring ʼn vars en dinamiese energie na die tafel. Dit gaan nie net daaroor om tendense te volg nie; dit gaan daaroor om ʼn atmosfeer te skep wat aanklank vind by wie jy as ʼn paartjie is.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: