Pierre & Anastasia se Sprokie Troue

Pierre en Anastasia se sprokie troue by die pragtige Goedgeleven trou venue, geleë tussen skilderagtige landerye net buite Durbanville bied pragtige trou inspirasie.  Helene Viljoen was die paartjie se trou fotograaf en het die paartjie se troue vasgevang in die mooiste, helder en skerp foto’s.

Goedgeleven se trou venue is perfek vir die paartjies wat graag opsoek is na ʼn trou venue wat meer bied as net die onthaal lokaal.  Hulle het ook die paartjie gehelp met die koördinering, dekor, blomme, skryfbehoeftes, spyseniering en die  kroegdiens. Alles in een gesamentlike pakket.

Hul dekor styl is skakerings van wit en groen met tikseltjies goud. Wit tafeldoeke met groen lopers het die tema deur die trou lokaal getrek.  Die goud onder borde, eetgerei en kersstaanders het daardie deftige gevoel aan die dekor styl gegee.  Die wit kerse skep ʼn romantiese voorkoms met die skitterende vuurlig.

Anastasia se trourok met die vloeiende voorkoms met die eksentrieke groot strikkies op die skouers is só stylvol.  Pierre het gegaan vir ʼn meer klassieke trou pak styl wat die perfekte snit was en mooi by Anastasia se voorkoms ingepas het.

Mirror Magic Booth het seker gemaak Anastasia en Pierre se trou gaste was vermaak gedurende die paartjie se fotosessie. Die helder ligte en rekwisiete het die trou gaste getrek waar hulle baie pret gehad het en skoon van die tyd vergeet het.  ʼn Fotohokkie is altyd ʼn goeie idee by ʼn troue, want dit is pret, vinnig en op ʼn manier ook iets snaaks vir trou gaste om te doen.

Dit was ʼn aand van gesellige kuiers en heerlike kos saam met familie en vriende. Rol af om meer te lees oor Pierre en Anastasia se sprokie troue troue en hul liefdesreis as paartjie hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Pierre het mekaar ontmoet op die jong, teer ouderdom van 14 op die strand by Eden on the Bay, Blouberg.  Ons was altyd vriende en het eerlikwaar nooit gedink dat ons ooit saam sou wees nie!

ʼn Paar jaar het verby gegaan, op 16 wou ek vir hom vra vir my Graad 10 dans maar ek was te skaam. Kom matriek, wou ek hom weer vra maar ek het toe nie (hou in gedagte dat ons nie op sosiale platforms gepraat het nie, maar hy was altyd in my gedagtes). Vinnig vorentoe na 19, die noodlot het ons in 2013 na dieselfde universiteit gelei waar ons mekaar raak geloop het.

Ek het geweet hierdie keer kon ek hom nie laat wegkom nie, Lol! So ek het eendag besluit om iets te doen om sy aandag te trek … Ek het my kar se ligte aan gelos sodat my kar se battery pap raak, hy het my kom help om dit aan die gang te kry en die res was geskiedenis!

Die groot vraag:

Sewe jaar in ons verhouding het hy die vraag gevra by Hidden Valley Wyne in Stellenbosch op 12 Desember 2020 omring deur die belangrikste mense in my lewe en dit was die mees perfekte dag!

Hy het my op ʼn helikopter rit geneem en ek het eerlikwaar gedink toe ons afkom, sal mense bordjies vashou wat sê ‘SAL JY MET MY TROU?’. Stel jou voor my teleurstelling toe dít nie die geval was nie.

Dit is waar hy slim was, want ek het nou gedink “OK hy vra beslis nie vandag vir my om te trou nie! Hy het dit só goed beplan. Ek het gedink ons gaan net daarna wynproe en toe ons afstap na die grasveld waar ons altyd sit, was my familie en vriende daar wat dááí bordjie vashou! Pierre het op een knie gegaan en my gevra om met hom te trou. Dit was dié oomblik wat my drome waar geword het!

Trourok:


Die rok! WOW! Dit is nie gereeld dat jy verlief raak op die eerste rok wat jy aanpas nie, maar ek het! Ek wou weereens iets anders hê, ek het al jare lank troues en bruide gekyk en min-of-meer dieselfde styl rokke gesien. Dit is waar ek besluit het ek wil iets hê wat ‘ek’ is.

Ek het aanlyn gesoek en ek het afgekom op ʼn plek genaamd Sheer Bride, ek het ʼn afspraak bespreek en my Ma en Skoonma het by my aangesluit. Ek het ʼn trourok gesien toe ek instap en ek het verlief geraak, ek moes dit probeer.

Toe ek uitstap en in die spieël kyk, het ek geweet dit is my rok! Jo (Die winkeleienaar) het my aangemoedig om ander te probeer en ek het, maar niks het met my gepraat soos my ‘Karla’ nie. Ek kon verstellings maak volgens my spesifikasies en dit was net ʼn pragtige ervaring!

Meer oor Goedgeleven:


Goedgeleven is geleë tussen skilderagtige landerye net buite Durbanville.  Indien jy beplan om ʼn intieme troue te hou of selfs 150 gaste wil nooi, kan Goedgeleven jou met gemak akkommodeer met hulle ongelooflike en bekostigbare alomvattende pakket!

Goedgeleven se pakkette sluit die volgende in:

  • die kapel
  • onthaalsaal
  • een nag se verblyf vir die getroude paartjie
  • tafels en stoele
  • 3-gang maaltyd
  • verwelkomingsdrankies en wyne
  • intern platejoggie
  • intern bloemis
  • grasperk speletjies en soveel meer in.

Goedgeleven kan jou droom dag ʼn realiteit maak in ʼn japtrap.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Dit moet wees wanneer ek die ring aan my man se regterhand sit in plaas van die linker! Dit was só ʼn snaakse oomblik en almal het ʼn goeie laggie wat soveel lig na die kapel gebring het in so ʼn senuweeagtige oomblik! Ek het ook gevra vir ʼn oor begin op ons trou dans aangesien ek die begin gemis het en my tydsberekening sou af gewees het.  Dit was ook ʼn uiters snaakse oomblik wat die gaste laat lag het!

Om gereed te maak met al my strooimeisies en mammas was vir my ʼn ongelooflike sentimentele tyd, aangesien ons baie spesiale oomblikke gedeel het.

Ek het die fotosessie meestal geniet, want dit is ʼn spesiale tyd tussen julle as pasgetroude paartjie en die liefde wat julle vir mekaar het. Die kos, musiek, dans en die fotohokkie was ook sulke spesiale dele van die dag!

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Mirror Magic Booth! Sjoe! dit was die coolste ding wat ek nóg ooit gesien het. My gaste het dit só geniet dat hulle nie wou inkom nie!

My fotograaf, Helene Viljoen was net fenomenaal! Ek kon nie vir beter gevra het nie!

New Vine Media – My videograaf was ook ongelooflik!

Blush Makeup by Alicia Yule – Ek en my meisies het ONGELOOFLIK gelyk!

Meer oor Mirror Magic Booth:


Mirror Magic Booth is ʼn interaktiewe fotohokkie dit word in ʼn groot swart boks gehuisves wat ʼn LED-raam (gewildste opsie), die rame is uitruilbaar as jy ʼn ander voorkoms wil hê. Ons bring ʼn rooi tapyt 4 stansies en sak vol rekwisiete wat ʼn boktafel kan vul.

Sodra ons opgestel is, is ons gereed vir aksie.

Ons neem 3 vollyf foto’s, ons gee jou genoeg tyd om jou stut en jou houding te verander. Ons kan tot op 12 mense in een sessie insit. Die reël is “as jy jouself nie in die spieël sien nie, sal jy nie in die prentjie wees nie”. Nadat die 3 foto’s geneem is, sal die Mirror Magic Booth jou nader roep “JA SY PRAAT WEL MET JOU!” en jou die geleentheid gee om ʼn boodskap op jou foto te skryf of ʼn emoji by te voeg. Die volgende stap is om een telefoonnommer in te voer sodat die Mirror Magic Booth vir jou die foto stuur, dan deel jy dit somer met almal. Die laaste stap is dat ons vir jou ʼn poskaartgrootte foto sal gee om huis toe te neem.

As die bruid en bruidegom besluit om ons gasteboek te gebruik, behartig ons dit namens hulle. Ons wil graag hê dat hulle hul groot dag geniet en ons sal ons goedjies aan ons kant behartig. Elke gas sal ʼn geleentheid kry om ʼn kopie van hul foto te plak en ʼn paar pêrels van wysheid te deel.

Op die einde van die aand verpak ons dit alles in ʼn hout boks met ʼn geheue-stokkie en ʼn strik.

Loer gerus op ons Instagram om ons in ons volle glorie te sien @mirror.magic.booth

Verloof- en Trouringe:


Ek het nog altyd ʼn obsessie met roosgoud gehad. Toe ek ʼn ring gekies het, het ek geweet ek wil iets unieks hê wat my verteenwoordig. Ek het myself gevra watter elemente van sommige van my gunsteling dinge ek in die ring kan inkorporeer.  Toe besluit ek om ʼn protea gekombineer met die roosgoud om my droom ring te skep.

Dit was die perfekte geleentheid om my oom wat ʼn juwelier is te vra om die ring op maat te ontwerp. Dit was só ʼn spesiale ervaring en het die ring vir my soveel meer sentimentele waarde gemaak.

Vir die trouringe het ons ook op roosgoud besluit, Pierre wou hê sy ring moet by myne pas en wegbeweeg van die ‘swart’ wat so in die mode is. So het my oom weer vir ons die mooiste pante geskep wat ons vir die res van ons lewe sal koester.

Trou Venue:


Ons was opsoek na ʼn alles-insluitende venue en toe ons soek het Goedgeleven opgekom. Ons het ʼn trou venue besoek bespreek en ons het absoluut verlief geraak.  Daar was nie eers die moeite gedoen om iewers anders te gaan soek nie! Charmaine die eienaar was só ʼn plesier en het verseker dat hulle al ons drome sal bewaarheid en hulle het regtig!

Trou Dekor en Styl:


Ek wou baie graag ʼn elegant “ontmoet sprokies verhaal” styl hê terwyl ek my gunsteling kleurkombinasies en blomme kombineer.

Ons het Smarag/bosgroen en goud gekies wat altyd op ons lys was. Ons het die ‘goud’ ingewerk deur pragtige goue onder borde te kies, gepaard met 3-dimensionele kershouers. Die meesterstuk in die middel van ons tafel was ʼn lang goue reghoekige prisma wat groot ruikers blomme aan die bokant hou.

Ons het baie die groen in die blommerangskikkings gesit. Ons het die mooiste bosgroen tafellopers op elke tafel gehad wat die goud laat pop het! Dit was te mooi om in woorde te beskryf!

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


As ek enige raad kan gee, sal dit wees om die proses te GENIET. So baie paartjies gee in aan die stres dat hulle vergeet om die beplanning te geniet en vir die foutjies te lag.

Trou beplanning is só ʼn belangrike deel van jou trou reis wat tot die dag lei, so voel die emosies (Die gelukkige en stresvolle). Die dag gaan baie vinnig, so moenie vergeet om tyd saam met jou nuwe man/vrou te neem om in jou pragtige venue en alles in te neem!

Vir die bruide werk dit regtig alles uit, jou dag sal gewaarborg word om 1 of 2 foutjies te hê, maar geniet al die pragtige oomblikke om gereed te maak saam met jou meisies!

Daar is geen rede om gestres te voel nie, jy het só min tyd op die dag dat al wat jy moet wees is gelukkig!

Eerste Dans:


Letters – Watershed

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het in totaal 96 gaste onthaal en met ʼn trou begroting van min of meer R 2,100 per persoon.  Hulle het in totaal 3 jaar aan hul trou beplan met die hulp van ʼn trou koördineerder.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: