Advies oor Etes vir Diensverskaffers by jul troue

Wat moet ons gee vir ons diensverskaffers om te eet?  Dit is ʼn vraag wat ons redelik gereeld sien op sosiale media.  In dié artikel gee ons advies oor etes vir diensverskaffers by jul troue.  Die antwoord is heel eenvoudig, min of meer dieselfde kos as wat julle gee vir jul trou gaste, of ten minste die hoofmaaltyd.

Van die trou diensverskaffers spandeer jul hele troudag saam met julle en het nie tyd om ʼn breek te vat en etes te gaan koop nie.  Daarom is dit belangrik om in ag te neem watter trou diensverskaffers lang ure spandeer op jul troudag en vir hul voorsiening maak vir etes en verversing.

Dit is nie ʼn luuksheid nie, maar net goeie etiket om kos en drankies aan julle trou diensverskaffers te voorsien op jul troudag.  Ons weet daar is verskillende opinies oor etes vir diensverskaffers.

Rol af vir meer advies oor etes vir diensverskaffers by jul troue.

Watter diensverskaffers moet etes kry?


Hierdie is totaal en al die paartjie se besluit.  Dit hang ook grootliks af van die paartjie se begroting.  Ons advies sou wees om so mees moontlik van die trou diensverskaffers wat die heeldag by die troue spandeer kos en iets om te drink te voorsien.  Trou diensverskaffers wat julle kos aan kan voorsien kan insluit die trou koördineerders, fotograwe, videograwe, en die platejoggie.  Hierdie is die trou diensverskaffers wat gewoonlik nie omgesien word deur die trou venue of spyseniering maatskappy nie, omrede dit gewoonlik buite diensverskaffers is.

Watter kos om te bedien?


Dieselfde as vir jul trou gaste.  Gesels voor die tyd met jul spyseniering maatskappy of trou venue oor ekstra kos vir die trou diensverskaffers.  Gee een van julle strooimeisies of -jonkers die verantwoordelikheid om te kyk dat die kos wel aan die trou diensverskaffers bedien word.  Daar is geen rede om ander kos aan trou diensverskaffers te bedien nie.

Indien julle wel ʼn baie groot span trou diensverskaffers het kan julle dalk ander disse bedien soos ʼn buffet vir die diensverskaffers of heerlike pizzas of burgers.  Moet asseblief net nie afskeep met die kos wat jul aan trou diensverskaffers gee nie.  As dit nie kos is wat julle vir jul trou gaste sal gee nie, moet dit liefs nie vir jul trou diensverskaffers bedien nie.  Sit diensverskaffers etes in julle trou begroting.

Drankies:


Trou diensverskaffers word gehuur om te werk, so probeer eerder alkoholiese drankies te vermy.  Alhoewel dit dalk meer gesellig mag klink om alkoholiese drankies aan jul trou diensverskaffers te voorsien, moet daar ook onthou word dat julle die persone gehuur het om ʼn diens of produk te lewer op jul troue.  Gee vir elke trou diensverskaffer wat jy kos voorsien nie-alkoholiese drankie opsies om van te kies binne ʼn spesifieke limiet.

Wanneer moet trou diensverskaffers eet?


Dit is gewoonlik die maklikste vir die trou diensverskaffers om dieselfde tyd te eet as wat jul trou gaste eet.  Gewoonlik is die musiek dan meer neutraal en kort nie veel aandag vanaf die platejoggie nie.  Fotograwe en videograwe gaan moontlik ook nie foto’s en video’s neem van gaste wat sit en eet nie.  Die trou koördineerder mag moontlik ʼn kort breek vat tussen deur etes, afhangende van die tipe spyskaart wat bedien word.

Gaste kom altyd eerste by troues, maar onthou net om die diensverskaffers ook kos te gee.  Julle energie vlakke sal dan goed bly en hulle die beste diens kan lewer by jul troue.

Waar moet die diensverskaffers sit?


So naby moontlik aan die onthaal lokaal, indien moontlik in die onthaal lokaal.  Indien die trou diensverskaffer aandag moet gee aan iets, is hulle binne bereik.

Artikel Krediet: