V7 – VICCY WANLISS

TROU MUSIEK / SWELLENDAM, WES-KAAP

Promosie:

V7 is reg om jou troue te begelei met ʼn 20% afslag op musiek dienste tot die einde van 2024.

Bespreek die promosie voor 31 Desember 2024.
Bepalings en Voorwaardes Geld.

 

V7 is ʼn musiekdiens wat Solo kitaar, ʼn kitaar en sanger Jazz duo en die Jazz trio, Bejazzled aanbied. V7 is begin deur Viccy Wanliss, wie in 2002 Klassieke Kitaar begin optree het in restaurante, hotelle en by troues regoor Kaapstad en omliggende omgewing.

In 2015, na die vrystelling van haar debuut Klassieke Kitaar-album “Pieces of Time” (wat steeds gereeld op Fine Music Radio gespeel word), het sy V7 begin.  V7 is nou in Swellendam geleë, wat maklike toegang bied tot die Wes-Kaap se “trou- en wynroete”, naamlik die Wynlande en die Overberg.  Van formeel tot informele musiek, jy is verseker dat jou gaste die verskeie klassieke en onlangse treffers sal geniet.  As die 100+ liedjie-lys nie daardie spesiale liedjie bevat wat jy begeer nie, kan V7 as ʼn bykomende diens dit vir jou leer  en uitvoer.

V7 maak gebruik van kwaliteit klank toerusting en ‘n vinnige opstelling is gewaarborg met V7 se battery aangedrewe amp.  Afgeleë plekke soos ʼn woud, die strand of ʼn veld kan nou ook boonste rak, kragtige klank kry en dit is ook onopvallend in ʼn omgewing waar estetika van ʼn hoë prioriteit is.  Veel meer as om net ʼn stylvolle en gesofistikeerde atmosfeer te skep, beliggaam V7 se musiek jare se toewyding, passie en aandag aan detail.

ʼn Vlot troue maak staat op voorbereiding en V7 sal die ekstra myl gaan in kommunikasie met beplanners en lokale voor die troue, om te verseker dat alles goed verloop op die spesiale dag. Knipsels van vorige optredes kan op my Youtube-kanaal gevind word.  Elke vertoning het bygedra tot die sielvolle musiek van V7 vandag.

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit    FACEBOOK instagram    

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: