Advies oor die betaling van trou diensverskaffers

In dié artikel gee ons advies oor die betaling van trou diensverskaffers en dinge waaraan jy aandag moet gee voor jy ʼn betaling maak.  Kuberkrakers skuil agter skuilname en doen hul voor as regte besighede en kan so jou geld steel.  Ons lig ʼn paar punte uit wat jou kan help om nie onnodig besteel te word nie.  Hierdie artikel is nie daar om jou onnodig te laat stres nie.  Ons wil jou help om ʼn stresvrye trou beplanning proses te hê.

Betalings is ʼn groot deel van trou beplanning.  Jy en jou verloofde moet verskillende diensverskaffers betaal.  Daar is verskillende deposito presentasies en verskillende fakture.  Om kop te hou van alles kan oorweldig wees vir party mense.  Die heel eerste advies wat ons kan gee is om alles neer te skryf.  Koop ʼn boek of maak ʼn dokument oop op jou rekenaar met ʼn kopie aanlyn.  So kan jy en jou verloofde rekord hou en presies weet wat aangaan.

Rol af vir advies oor die betaling van trou diensverskaffers en waaraan jy aandag moet gee voor jy ʼn betaling maak.

Pasop vir kuberkrakers:


Hierdie is seker een van die nommer een maniere hoe paartjies gekul word en so dan besteel word.  Kuberkrakers is slimmer as wat julle dink.  Hulle kan selfs ʼn e-pos van iemand anders se e-pos adres afstuur wat eg lyk, maar wel nie eg is nie.

Wanneer jy ʼn e-pos ontvang vanaf ʼn trou diensverskaffer oor ʼn betaling en die persoon se geskrewe lyk nie 100% soos hy of sy altyd skryf nie, wees versigtig voor jy ʼn aangehegde dokument oop maak.

Kyk of die e-pos wel van die regte e-pos adres kom waarvan die diensverskaffer nog die heeltyd e-posse stuur.   Dit moet 100% dieselfde wees, al is daar ietsie klein soos ʼn punt of ʼn komma of ʼn ekstra lettertjie, dan is dit ʼn groot rooi vlag.

Kontak die diensverskaffer telefonies om die bank besonderhede wat hy of sy gestuur het te verifieer indien hy of sy dit per e-pos gestuur het.  Vir besighede is dit altyd beter om telefoonnommers aanlyn te soek.  As daar verskillende telefoonnommers is, mag dit ook ʼn rooi vlag wees want dan weet jy nie watter een wel die regte persoon is nie.

Verifieer altyd bank besonderhede al word dit per e-pos gestuur vanaf die persoon waarmee jy altyd oor e-posse gesels.

ʼn Foon oproep beteken nie die persoon is wie hul sê hul is nie:


Indien julle telefonies met ʼn trou diensverskaffer gekommunikeer het en ʼn gevoel kry iets is nie reg nie, vra om eerder in persoon te ontmoet of ʼn vinnige WhatsApp video oproep te doen.  Mense kan enige iemand wees oor ʼn telefoon gesprek, veral as jy nie hulle gesigte kan sien nie.

Ontmoet die diensverskaffer in persoon:


Ontmoet die diensverskaffer in ʼn publieke plek waar daar genoeg sekuriteit is soos ʼn groot winkelsentrum of koffiewinkel.  Indien dit ʼn trou venue is, gaan besoek die trou venue.  Vra die persoon wat jou die venue wys vanaf wie jy betaling kommunikasie sal ontvang.  So weet jy sommer vanaf wie jy e-posse of kommunikasie kan verwag.

Verifieer die bank besonderhede by jou bank:


Hierdie is ook een van daardie veiligheidsmaatreëls wat jy kan doen voor jy ʼn betaling maak.  Gebruik die bank besonderhede verifieer funksie van jou bank.  So kan jy seker wees die bank besonderhede wat jy het is wel eg en dat die persoon of besigheid wel is wie hulle sê hulle is.  Daar is wel fooie betrokke maar dit is ʼn bietjie ekstra gerusstelling vir jou.

Doen jou navorsing:


Maak seker julle doen julle huiswerk voor julle gebruik maak van ʼn trou diensverskaffer en net die geld oorbetaal.  Soek die besigheid aanlyn en lees vorige paartjies se resensies.  As daar iets is wat nie lekker lyk nie, probeer eerder die maniere hierbo om te vermy dat jy geld oorbetaal na ʼn kuberkraker toe.

Weet waarvoor jy betaal:


Voordat jy enige betaling maak is dit belangrik om presies te weet waarvoor jy betaal.  Maak seker jy gaan die faktuur of kwotasie deur wat gestuur is vir betaling.  Kyk of alles waarna jy opsoek is wel gelys is op die faktuur voordat jy betaling maak.  Indien daar iets nie op is nie, vra ʼn nuwe faktuur of kwotasie voordat jy enige betalings maak.

Hou rekord van alle betalings:


Hierdie is nie regtig betaling veiligheids advies nie, maar dit is wel ʼn belangrike punt.  Hou rekord van alle betalings wat gemaak word aan trou diensverskaffers.  Maak seker jy volg op met die diensverskaffers wat jy klaar betaal het dan hulle skriftelik vir jou ʼn opgedateerde faktuur stuur wat die betaling wys en die saldo.

Artikel Krediet:

Foto’s: Pexels