Beplan julle troue só met ʼn voltydse werk

Meeste paartjies werk voltyds en het beperkte tyd vir trou reëlings.  In hierdie artikel fokus ons op paartjies wat voltyds werk en min tyd het vir hul trou reëlings.  Omdat julle voltyds werk, beteken dit nie dat julle nie self jul troue kan reël nie.  Dit beteken net dat julle bietjie beter moet beplan en meer fokus in sit.  Baie paartjies wat voltyds werk beplan hulle troues self.  Met die regte diensverskaffers, ʼn bietjie organisasie en die nodige informasie is die trou beplanning proses maklik.

Rol af vir advies om julle troue te beplan met ʼn voltydse werk.

Huur ʼn trou koördineerder as julle kan:


Indien moontlik, huur ʼn trou koördineerder om julle te help met die trou beplanning proses.  Trou koördineerders spesialiseer daarin om troues te beplan namens paartjies.  Hulle spesialiteit is troues en hulle weet presies wat om wanneer te doen sonder dat julle enige stres ervaar.  Die regte koördineerder sal julle trou beplanning proses totaal en al stresvry laat voel.  Trou koördineerders is nie net daar om julle stres te kalmeer nie, maar het ook die nodige konneksies om julle droomtroue ʼn realiteit te maak.

Kry struktuur en bly ge organiseer:


Dit is baie belangrik om ʼn struktuur te hê, veral as julle wel besluit om die troue self te beplan.  Om georganiseer te bly moet daar ʼn struktuur in plek wees.  Lees van Mooi Troues se vorige trou beplanning advies artikels om te bepaal watter dinge julle eerste wil doen en watter later.

Maak ʼn lang lys van alles wat gedoen moet word.  Maak notas van wat gedoen is en wat nog gedoen moet word.  So sal julle nie so oorweldig voel met al die take wat verrig moet word nie.

Maak ʼn trou beplanning vouer oop op jou e-pos adres oop en sit al jul trou beplanning e-posse daarin.  Julle kan ook ʼn unieke e-pos adres stig, maar alhoewel baie paartjies dit doen, vergeet hul soms van die e-posse of om na daardie inboks te kyk en so raak dit net weg tussen deur die kommunikasie.  Die beste is om julle bestaande e-pos adres te gebruik en net ʼn vouer te skep waar julle alle trou beplanning e-posse in plaas.

Maak ʼn prioriteit lys:


Hierdie is een van die belangrikste dinge om te doen.  Maak ʼn lysie van belangrikste na minder belangrike elemente van jul trou reëlings.  Hierdie lysie moet begin by die belangrikste dinge heelbo.  Belangrike dinge sluit in die troudatum, ligging van die troue, begroting, trou venue, trou fotograaf ensovoorts.  Elke paartjie se prioriteit lys kan ook verskil.  Vir party paartjies mag die begroting bo die troudatum kom, of die ligging bo die troudatum.  Dit hang af van die paartjie se wense.

Maak gebruik van ʼn Trougids:


Verlig die trou beplanning stres deur gebruik te maak van ʼn trougids waar julle al jul diensverskaffers op een plek vind.  ʼn Trougids soos Mooi Troues se aanlyn trougids is maklik om te gebruik en julle sal al jul trou diensverskaffers in een plek vind, sonder om rond te soek vir diensverskaffers.   As julle gebruik maak van ʼn betroubare bron van diensverskaffers sal julle ook baie meer gerus voel.

Probeer so min moontlik selfdoen projekte aanpak:


Meeste paartjies wil graag alles selfdoen en oulike selfdoen projekte aanpak, maar dit mag baie van jul tyd opneem.  As julle ekstra tyd het in die aande, of oor naweke en graag ʼn selfdoen projek wil aanpak vir jul troue is dit perfek.

Maar, indien julle nie so gelukkig is om ekstra tyd te hê nie, dan sou ons aanraai dat jul die selfdoen projekte, veral as dit gekompliseerde projekte is eerder net laat doen deur ʼn professionele diensverskaffer.

As dit kleiner projekte is wat julle oor ʼn tydperk kan doen, doen dit met graagte, solank as wat julle dit reg doen en nie vir julself onder te veel druk plaas nie en dit nie klaar kry op tyd nie.

Delegeer waar moontlik:


Vra jul strooimeisies en -jonkers, of selfs jul ouers of ander familie en vriende, om te help waar moontlik.  Indien julle weet ʼn spesifieke vriend of familie lid is goed in iets spesifiek wat jul sal benodig by jul troue, vra die persoon of persone vir hulp.  Dit help om ʼn goeie span familie en vriende te hê wat kan help met klein dingetjies wat julle nie by uitkom nie.  Ons weet nie almal wil familie en vriende vra nie, maar as jy wel wil is die opsie daar.  Indien julle dit eerder self wil doen is dit ook goed, solank as wat julle ʼn lysie het van wat gedoen moet word is alles moontlik.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: