Emile & Michelle se Minimalistiese Wildsplaas Troue

Emile en Michelle se minimalistiese wildsplaas troue in Limpopo is besonders mooi.  Daar is net iets aan ʼn plaastroue wat mens se aandag trek.  Die pragtige landskappe en rustige natuurskoon is twee van die baie faktore.

Die paartjie se trou kleurskema het baie aardse kleure wat perfek pas by die ligging van die troue.  Emile se olyfgroen baadjie met die ligte sandkleur broek is altyd ʼn wen kombinasie vir ʼn wildsplaas troue.  Ons is totaal en al verlief op Michelle se meer simplistiese trourok van Timeless Bridal Couture.  Die strooimeisies het almal dieselfde kleur rokke aangehad, maar met verskillende snitte en style wat ʼn unieke, maar nogsteeds bymekaar pas.

Hulle seremonie was in ʼn grasdak kapel gewees met oop kante waar gaste nogsteeds die landskap om hul kan geniet.  Die gangetjie was versier met pampas gras wat die hele aardse kleurskema gekomplimenteer het.

Hulle onthaal lokaal was versier met feetjie liggies vanuit die dak wat ʼn romantiese gevoel gee.  Hulle tafel dekor was rottang plekmatjies met ʼn moderne spyskaart ontwerp op.  Verskillende kleure en hoogte kerse skep ʼn interessante gevoel, en bring ook ʼn gesellige atmosfeer aan die tafel.  Blomme met tikseltjies helder kleur breek bietjie die aardse kleure en gee die tafel ʼn stylvolle voorkoms.

Mountainview Game Farm se landskappe skep die mooiste agtergrond vir die paartjie se trou foto’s.  Met die sagte oranje sonlig wat op die foto’s gesien kan word pas dit so mooi in by die hele safari gevoel van die troue.

As julle in die Limpopo provinsie trou, besoek Mooi Troue se Limpopo Trougids vir oulike trou diensverskaffers vir julle troue.  Van trou venues tot trou fotograwe, alles in een plek.

Rol af om meer te lees oor Emile en Michelle se minimalistiese wildsplaas troue en geniet die foto’s.

Paartjie se Liefdesreis:


Soos enige goeie liefdesverhaal het ons mekaar ontmoet in pajamas met pynappels op as mekaar se “blind dates” vir ’n tema partytjie, liefde was dadelik in Emile se oë.  Na ʼn hele paar probeerslae deur Emile en Michelle wat niks wou weet nie, was ons uiteindelik na ʼn jaar amptelik ʼn paartjie.

Dit het ons nie lank gevat om te besef dat ons albei ons lewensmaat gevind het.  Toe die tyd reg was het Emile op sy knie gegaan en die groot vraag gevra!  Michelle se antwoord was meer as een keer JA!

Teenoorgestelde mense wat mekaar aanvul, wat elke dag mekaar kies en wat saam ʼn leeftyd vol vreugde, lag en liefde beplan.

Meer oor Timeless Bridal Couture:


Timeless Bridal Couture geleë in Pretoria, word beskou as een van Gauteng se gesogte trourok ateljees.  Hulle streef daarna om aan hul kliënte ʼn omvattende reeks ontwerpers trourokke en ʼn onvergeetlike ervaring te bied.  Elke bruid is uniek, en hulle is trots daarop om ʼn pasgemaakte ervaring te skep waar jou persoonlike styl kan ontvou in ʼn unieke voorkoms wat al jou verwagtinge oortref.  Met meer as 100 trourokke om van te kies, kan jy seker wees dat hulle net die beste internasionale trourok tendense geselekteer het om van te kies.

Verloof- en Trouringe:


Michelle se ring het ons saam beplan maar Emile het die ontwerp self gedoen by Beaudell.  Die verloofring is ʼn ovaal vorm en van platinum.  Die troupant is baie uniek en die vorm van blaartjies.

Emile wou nie oorspronklik ʼn duur ring gehad het nie, maar Michelle het hom verras met ʼn tungsten ring vanaf Beaudell.

Paartjie se Uitrustings:


Die bruid wou ʼn trourok laat maak , maar het toe besluit om rokke te gaan pas net om dit te ervaar.  Die eerste rok wat sy aangepas het was toe die rok, syt hom daardie dag gekoop ek was nie een oomblik spyt nie.

Emile se troupak was deur Khalique’s, ons wou iets anders doen en het ʼn mooi olyf groen baadjie saam met ʼn chino gekies.  Dit het só mooi en só uniek gelyk.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons fotograaf Esmeré was fantasties gewees saam met Dearest Darling se videograaf span.

Anrule Dekor het ook elke idee van ons daardie dat vervul en soveel ekstra moeite gedoen om ons te help, want ons het self die tafels gedek.

En dan Mountainview Game Ranch was die heel beste venue!  Die gaste het dit só geniet, die kos was uit die boonste rakke en die diens was iets besonders!

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die heel gunsteling herinnering was toe Michelle by die kerk afgestap het, dit was ʼn oomblik waar ons twee net vir mekaar gekyk het en werklik God se teenwoordigheid kon voel.

Trou Venue:


Ons het na die venue gaan kyk en toe ons daar stop het ons albei geweet dit is dié plek.  Daar is slaapplek vir 126 mense en dit was vir ons die grootste bonus, want ons wou ʼn naweek troue gehad het en al ons gaste kon op die venue slaap.

Trou Dekor en Styl:


Ons het gegaan vir ʼn minimalistiese tema met aardse kleure.  Dit het baie mooi gepas by die wildsplaas en ook by ons as paartjie omdat ons gelukkig is met min.

Eerste Dans:


By Jou – Theuns Jordaan

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Doen dit saam!  Help mekaar en maak seker julle doen wat julle wil.  Dit is julle dag en dit gebeur net een keer.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: