Erni en Michelle se romantiese troue in die wynlande by die pragtige Zorgvliet Wines was ʼn feesviering saam met familie en vriende van Suid-Afrika, Spanje en Australië. Zorgvliet Wines is enige paartjie wat in die Stellenbosch omgewing wil trou se droom trou bestemming.
Die paartjie wou oorspronklik ʼn buitelig seremonie hê, maar as gevolg van die reën weer, het hulle in Zorgvliet Wines se oulike intieme kapel getrou. Christine van Zorgvliet Wines was Michelle en Erni trou koördineerder en het seker gemaak die paartjie se troudag verloop seepglad en dat die bruidspaar ʼn stresvrye troudag kon geniet.
Ons is totaal-en-al dolverlief op die Michelle se trourok! Die lang sluier en oop skouers, te same met die fyn kralewerk detail op die trourok is dit ʼn besonderse trourok wat haar voorkoms baie goed gekomplimenteer het. Die bruidegom se swart troupak met die strikdas is so deftig en werk perfek saam met die troue se styl.
Michelle en Erni se trou dekor was besonders mooi met hul sagte sjampanje en wit kleurskema. Dié gedroogte pampas gras wat van uit die trou venue se dubbel volume dak hang skep die illusie van hoogte en spasie en pas by die hele tema van die paartjie se troue. Sjampanje kleur tafeldoeke met deurskynende stoele skep ʼn deftige voorkoms. Daar is slegs wit rose gebruik op die gaste tafels en alles was verskillende tekstuur glas potte. Die glas kers houers met die spierwit dun kerse in skep ook hoogte aan die tafel en gee ʼn romantiese voorkoms aan die onthaal lokaal later die aand.
Die majestueuse berge van die Kaapse wynlande skep die perfekte agtergrond vir die prentjiemooi troufoto’s wat Danelle Stofberg so mooi vasgevang het. Rol af om meer te sien van hul troue en te lees oor die paartjie se prentjie mooi wynlandgoed troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek is in Suid-Afrika gebore, maar het na Australië verhuis saam met my gesin toe ek 12 jaar oud was. Erni is Spaans en kom van Barcelona.
In 2018 het ek ʼn bietjie missiewerk in Suid-Afrika gedoen toe ek ʼn pragtige uitsig van die Mediterreense see op Instagram raakgesien het. Ek het Erni gevra waar die foto geneem is en hy het eenvoudig geantwoord “huis,” asof ek moes weet! 😂 Daardie aand het ons begin boodskappe stuur en ons het nie ʼn enkele dag opgehou praat nie.
Aanvanklik het ons “vertonings” gemaak van alles wat ons gedoen het – kook vertonings, wasgoed vertonings, werk vertonings, bestuur vertonings – as ʼn manier om die gaping te oorbrug en mekaar se verskillende wêrelde te laat sien. Na twee maande van onophoudelike gesels het ons besluit om persoonlik te ontmoet. Ons het die neutrale plek van Bali vir agt dae gekies en onmiddellik verlief geraak.
Langafstand verhoudings was moeilik aangesien ek ʼn onderwyser in Australië was en Erni vir sy familiebesigheid in Barcelona gewerk het. Vir ʼn tydjie het Erni maniere gevind om vir kort tydperke vanaf ʼn afstand te werk om my te kom sien. Uiteindelik het ek my werk as onderwyser gelos en Barcelona toe getrek om saam Erni te wees. Teen daardie tyd het ons albei aanlyn besighede begin om vanaf ʼn afstand te werk.
Nou woon ons tussen Spanje en Australië om naby aan albei ons families te wees (en kom kuier in Suid-Afrika soveel as wat ons kan!). Ons hou daarvan om te reis, nuwe kulture te leer ken en avonture te geniet. Julle sal ons gewoonlik by die strand vind of aktief wees – Erni hou veral baie van fiksheid en is nou ʼn Online Fitness Coach. Dit is ons in ʼn nutshell!
Trourok:
Voordat ek selfs verloof was, het ek geweet dat ek wil hê Nicolle van House of Santos my trourok moet ontwerp. Ek is absoluut mal oor alles wat sy maak! Ek was in Australië en sy is natuurlik in Suid-Afrika. So ons het ʼn hele klomp video-oproepe gehad om die rok te ontwerp. Ek het nie baie van kant gehou nie, en ek was ook nie mal oor ʼn eenvoudige rok nie – dit is mos die een dag waarop jou rok bietjie EKSTRA kan wees! En so het Nicolle die pragtigste beaded rok vir my ontwerp.
Die rok het ʼn overskirt gehad, wat ek regtig wou hê, want by die ontvangs het ek gevoel asof ek ʼn heeltemal ander rok aan gehad het sonder die price tag van ʼn heeltemal ander rok. 😂
Dit was werklik my droomrok!
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Vir ons albei was dit so ʼn unieke situasie – mense van drie verskillende lande – Suid-Afrika, Spanje en Australië, almal daar net vir ons! Dit was regtig die beste deel van ons trou om almal vir wie ons lief is daar te hê. Iets wat seker nooit weer sal gebeur nie.
Verloof- en Trouringe:
Terwyl Erni se ma swanger was met hom, is Erni se Ouma ongelukkig oorlede. Al het hulle mekaar nooit ontmoet nie, het sy vir hom ʼn paar pragtige diamante gelos. Toe die tyd aangebreek het vir Erni om te propose, het hy die diamante na ʼn juwelier geneem. Hulle het saam my verloofring ontwerp. As iemand wat superrr sentimenteel is, beteken die storie en die oorsprong van my ring werklik baie vir my. Dit is iets wat regtig my hart laat smelt!
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
ALMAL! Ek dink ons was regtig sooo gelukkig! Ek kan regtig nie net een kies nie.
- Morné van Joli Creations het die dag voor die trou al die pampasgras kom ophang en toe hy klaar is, was hy van kop tot toon vol pampasgras!
- Eric van EC Lighting het só ʼn goeie werk gedoen en al die ligte in die dak gesit, alles was perfek al het dit gereën!
- Debi Best ons Saxofoonspeler – oh my word sy was fantasties in ons seremonie en by die canapes!
- House of Santos vir my mooiste rok, Donique vir my grimering, Josh vir my hare – letterlik almal was uitstekend!
- Danelle my fotograaf en Jesse die videograwe was UITSTEKEND! Omdat dit gereën het op die troudag, het hulle aanbeveel dat ons die dag na ons wittebrood teruggaan Zorgvliet toe en nog ʼn paar fotos neem waar jy die mooi berge kan sien – hulle hoef dit nie te doen het nie, maar hulle het en dit het sooo baie vir ons beteken!
- Laastens, maar beslis nie die minste nie, was Zorgvliet se hele span nog beter as wat ek voor gehoop het! Van akkommodasie vir almal reël, die pre-braai die aand voor die troue, my troue help beplan van dag 1 af en al die spyseniering vir die 2 dae wat ons daar was – hulle het seker gemaak dat alles vlot verloop! Dit het op ons troudag gereën en hulle plan B was perfek!
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Maak nie saak hoeveel jy beplan nie, jy kan nie die weer beheer nie. Maak seker jou venue het ʼn mooi plan B! Ek het met ʼn bly hart in die mooiste klein kapel ingestap al wou ek buite trou. Dit behoort nie so vroeg in April so baie te reën nie, maar vir daardie een dag het dit HEEL DAG gestort! En ons was gelukkig dat Zorgvliet se plan B só mooi was, want ek het nie daarvoor beplan nie.
My ander raad is om jou seremonie so vroeg as wat jy kan te begin, ons seremonie was 3 uur en ek wens ons het eerder 2 uur begin – ons was so min by die kanapees, ek wens ons kon langer daar wees saam almal, maar ons moes gaan foto’s neem. Toe ek alles beplan het, het ek dink mense gaan verveeld raak maar dit was glad nie so nie!
En my heel, heel, HEEL grootste raad is om ʼn pre-event te doen! Dit was sooo lekker om die braai die aand voor die tyd te doen en dit het al die stres van die trou-aand weggeneem. Ons het nie gevoel dat ons met elke persoon moes gaan praat nie, want ons het dit die vorige aand by die braai gedoen. Ons kon kwaliteit-tyd saam almal deurbring die aand voor die tyd en net die trou-aand geniet!
Trou Venue:
Ons wou eers in Spanje trou want Erni se familie is baie groot. Maar my droom was altyd om in Suid-Afrika te trou – dis waar my hart is! So toe Erni saamgestem het om in SA te trou, het ons na ʼn plek gesoek wat baie slaapplekke op die venue gehad het vir familie en vriende van oorsee. Omtrent al my familie in SA bly in Gauteng, so hulle moes ook almal ry en het ook blyplekke benodig. Dit was baie belangrik vir ons.
Ons het na ʼn hele klomp plekke gekyk en het elke keer teruggekom by Zorgvliet. Daai mooi Kaapse berge is net iets anders! Ons het ook daarvan gehou dat die seremonie, onthaal en hotel op dieselfde plek was, so niemand hoef karre te huur nie. Dit was ook in ʼn plek waar ons ʼn 4 dag toer kon reël vir almal van Spanje en Australië om ʼn vinnige oorsig van Suid-Afrika te sien – ʼn bietjie wynplase, ʼn bietjie diere sien, ʼn bietjie van die Kaap sien. Ek wens ek kon hulle oral om Suid-Afrika vat, veral in die bos, maar dit sal moet wag vir ʼn volgende keer.
Trou Dekor en Styl:
Ons wou dit baie neutraal hou – so ons het wit en sjampanje gekies. Zorgvliet se onthaalarea is klaar só mooi, so ons het nie baie nodig gehad nie. Een ding wat ek graag wou hê was pampasgras wat van die dak hang en Morné van Joli Creations het dit só mooi vir my gedoen! My blomme was net wit rose, baie eenvoudig maar dis wat ons wou hê!
Meer oor Zorgvliet Wines:
Met sy pragtige wingerd agtergrond en die asemrowende uitsig oor die majestueuse Simonsberg en Drakenstein berge, is Zorgvliet net 10 minute vanaf Stellenbosch geleë. Rustig en tydloos is twee woorde wat by ons opkom as ons dink aan hul skilderagtige wynplaas in die Banghoek-vallei.
By Zorgvliet Wines kan hulle die pragtige omgewing en luukse geriewe verbeter met uitsonderlike diens en aandag aan detail. Jul trou fotos sal skouspelagtig wees en beide egtheid en grootsheid uitbeeld.
Die Kaap-Hollandse styl van die geboue, insluitend die van die kapel, spel eenvoudig betowering uit. Die Banghoek-kamer is die ideale area vir drankies voor die onthaal.
Zorgvliet het ʼn elegante trou lokaal, The Oak Room, vir u onthaal. Groot glasdeure van vloer tot plafon verleen elegansie aan die houtvloere. Die lokaal spog ook met netjies versorgde tuine, wonderlike wyn en ʼn industriële kombuis, wat die moontlikhede van spyseniering vir enige troue eindeloos maak.
Die Country Lodge bied luukse akkommodasie met slaapplek vir 36 gaste.
Dié plaas het ʼn area vir voor die troue wat in ons piekniek area plaasvind, met ʼn plattelandse restaurant en ʼn deli waar hulle verskillende geleenthede kan aanbied. Kies tussen ʼn braai onder die sterre voor die troue en ʼn piekniek na die troue op die grasgroen grasperke.
Zorgvliet is ook ʼn werkende plaas, en hul produseer hulle eie wyne. Zorgvliet het ʼn moderne kelder waar u op afspraak kan toer of hul wynproe lokaal kan besoek en die smaak van Zorgvliet kan geniet.
Op Zorgvliet is daar baie opsies om u perfekte troudag te skep, groot of klein!
Jy het die vryheid om u eie voorkoms en atmosfeer te skep. Die lokaal bied vir julle ʼn skoon doek om na hartelus te versier.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het self hul troue beplan met ʼn koste van ongeveer R4,100 per kop.
Eerste Dans:
Forever and Ever and Always – Ryan Mack
- Venue: Zorgvliet | Kontak
- Koördineerder: Christine van Zorgvliet| Kontak
- Paartjie se verblyf: Zorgvliet| Kontak
- Spyseniering: Zorgvliet| Kontak
- Fotograaf: Danelle Stofberg Photography | Kontak
- Blomme + Dekor: Joli Creations and Designs | Kontak
- Bruidegom-pak: yd. | Kontak
- Grimering: Flawless Make Up by Donique| Kontak
- Hare: Hair by Josh
- Huurdienste: EC Lighting Solutions| Kontak
- Musiek: In The Mood – Saxophone| Kontak
- Platejoggie: The Party Technician| Kontak
- Skryfbehoeftes: Selfdoen|
- Trourok: House of Santos| Kontak
- Troukoek: Selfdoen
- Videograaf: Jesse Rajh Films| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Suid Afrika! Vir Erni my land gewys 🙂 – Franschhoek, Aquila, Kaapstad, Scarborough, Montagu, Clifton