Gerhard & Bernedene se Oulike Vliegveld Verlowing Fotosessie

Gerhard en Bernedene se oulike vliegveld verlowing fotosessie is gevul met groot glimlagte en baie pret.  Die vliegtuig in die agtergrond dra by tot die fotosessie se uniekheid.

Nie net is die ligging ʼn baie unieke element nie, maar die paartjie se uitrustings pas by die hele styl van die fotosessie.  Bernedene se neutrale kleur blom patroon rok pas só mooi by Gerhard se ligblou knopies hemp.  Uitrustings maak die wêreld se verskil tydens ʼn verlowing fotosessie.

ʼn Verlowing fotosessie hoef nie ʼn stresvolle ervaring te wees nie.  Gebruik die geleedheid om julle trou fotograaf beter te leer ken.  Vrae sommer enige vrae rakende foto’s vir jul trou fotograaf gedurende die verlowing fotosessie, sodat julle meer op jul gemak voel voor die kamera op jul troudag.

Trou beplanning kan baie ekstra druk op mens plaas, maar Mooi Troues probeer die hele proses bietjie te vergemaklik met ons aanlyn trougids.  Paartjies kan trou diensverskaffers van regoor Suid-Afrika vind in ons trougids en gerus voel dat hulle betroubare en professionele trou diensverskaffers sal vind.

Rol af om meer te lees oor Gerhard en Bernedene se verlowing storie en geniet die foto’s.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het in Februarie 2016 vir die eerste keer ontmoet, by ʼn klub rugby wedstryd wat plaasgevind het by Loftus.  Gerhard het my op 18 September 2016 gevra om sy meisie te wees.  Ons was presies 5 jaar in ʼn verhouding, voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Gerhard het die hele dag self beplan.  Hy het genoem dat hy iets spesiaals beplan het, om ons 5-jaar verhouding te vier (18 September 2021), asook my verjaarsdag wat ʼn week vroeër was.  Ons het ʼn heerlike ontbyt gehad by Black Horse Brewery, Magaliesburg.  Naaste vriende en familie het by ons aangesluit later die dag, om hierdie mylpaal saam met ons te vier.  Ek (Bernedene) het steeds niks verwag of eers aan ʼn verlowing gedink nie.  Ons het rond gestap tussen die perde deur en fotos laat neem en dit is daar waar Gerhard my gevra het om te trou.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was twee jaar verloof, voor ons die knoop vasgemaak het by Cradle Valley Guesthouse op 2 September 2023.

Die verloofring:


Ek (Bernedene) het vir Gerhard ʼn hele paar keer my ideale trouring idees gewys, lank voor die verlowing.  Hy het sy eie idees en myne gekombineer om die perfekte ring te laat maak!  Dit was beslis ʼn groot verassing vir my gewees!


\

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons verlowing fotosessie het plaasgevind by Wonderboom Lughawe.  Dit was ”iets anders” as die gewone veld of stedelike fotosessie, wat perfek by ons, as paartjie pas! Ons hou van dinge anders doen en dit skep n ander tipe atmosfeer en gevoel!

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: