Gerhard en Behanté se verrassing verlowing in Kampsbaai is prentjie mooi wat ons met julle deel. Met die Twaalf Apostels bergreeks en die see in die agtergrond is dit die perfekte romantiese ligging om verloof te raak.
Wat net ʼn normale paartjie fotosessie sou wees het ontaard in ʼn baie spesiale verassing vir Behanté, toe Gerhard op sy knieg gaan om haar die groot vraag te vra.
Dit is altyd baie spesiaal om ʼn verassings verlowing fotosessie te publiseer. Nie net is dit mooi nie, maar vol baie spesiale herinneringe en emosies.
Toekomstige bruidegomme, as jy dink daaraan om jou meisie te verras met ʼn verlowing, huur ʼn trou fotograaf om die oomblik vas te vang. Dit is só ʼn spesiale oomblik, dat jy dit nie wil mis nie en herinneringe daarvan hê wat julle altyd sal by bly. Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir baie talentvolle fotograwe wat graag verlowing fotosessie afneem.
Bespreek die verrassing met die fotograaf, sodat hy of sy weet dit is ʼn verrassing en sodoende weet hoe om die oomblik vas te vang wanneer dit gebeur. Professionele trou fotograaf sal weet hoe om jou geheim stil te hou en die oomblik so stresvry moontlik te maak.
Rol af om meer te lees oor Gerhard en Behanté se verrassing verlowing in Kampsbaai en om deur die pragtige foto’s te rol.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het op Tinder ontmoet wat gelei het tot ‘n koffie date by ons plaaslike koffie winkel, alhoewel ons families mekaar al lank ken en Gerhard net ‘n paar kilometer van my tuis dorp af boer het ons nog nooit mekaar raak geloop nie.
Die groot vraag:
Ons het voorheen gepraat oor verloof raak maar die oomblik wat ons verloof geraak het was ‘n groot verassing. Ons het gegaan vir ‘n foto sessie in Kampsbaai toe ons op vakansie was, min het ek geweet hy gaan my daar vra om te trou. Daar was nie vriende/familie betrokke nie, net ons wonderlike fotograaf, Chanté.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Behanté se gunsteling eienskappe van Gerhard is sy ambisie en sy hoe hy omgee vir die mense wat hy lief het.
Gerhard se gunsteling eienskappe van Behanté is haar liefdevolle persoonlikheid en passie vir die lewe.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons gaan om en by ‘n jaar verloof wees op ons troudag.
Die verloofring:
Behanté se verloofring het oorspronklik aan die bruidegom se ma behoort. Ons het dit toe laat smelt in die bruid se verloofring in. Die bruid het self gekies hoe sy die ring gemaak wil hê.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Die verlowing sessie was oorspronklik net ‘n fotosessie om mooi fotos van ons as paartjie te kry … Ek het nie geweet dat Gerhard eintlik beplan om my te vra om te trou nie.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons inspirasie was om mooi fotos met die see in die agtergrond te hê. Die fotos moes ook baie natuurlik lyk.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verwagtinge is dat alles betyds klaar gereël sal wees en ons vrese is dat die bruid se rok nie reg pas nie, of iets op die troudag flop.
Visie vir droomtroue:
Ons droom troue gaan baie natuurlike dekor en blomme bevat soos groenigheid op die dak en tafels, sowel as natuurlike kleure vir die dekor. Die kos gaan heerlike boerekos wees.
- Fotograaf: Chante van Pletsen Photography
- Fotosessie Venue: Kamps Baai
- Verloofring: The Jewelry Shop Kimberley