Gerhard & Leonè se Naweek Bruilofsfees

Gerhard en Leonè se naweek bruilofsfees in Gansbaai is die perfekte balaans tussen rustiek en klassiek.  Opsoek na inspirasie vir julle naweek troue?  Dan moet julle nie dié paartjie se bruilofsfees mis nie.  Die paartjie het by die populêre De Uijlenes getrou, ʼn trou bestemming wat bekend is vir hulle naweek troues.

Die talentvolle trou fotograaf, Ruth and Co Photography het die paartjies se troudag vasgevang in die mooiste foto’s.  Met die mooiste natuurskoon as die agtergrond en ʼn bokkie wat graag wou deel wees van die paartjies se herinneringe is dit foto’s wat jy baie sal geniet.

Die paartjies se trou naweek het sommer afgeskop met ʼn lekker Vrydag aand braai by die venue.  Hulle kon kwaliteit tyd spandeer saam met hul trou gaste, beide plaaslik en internasionaal wat van elke hoek van die wêreld gereis het om hy troue by te woon.

By De Uijlenes se Nightjar-venue het ʼn dinamiese naweek troue ontvou.  Die aandagtige personeel van De Uijlenes het Saterdag die trou reëlings noukeurig hanteer en ʼn ontspanne, vreugdevolle viering vir Gerhard en Leonè verseker.

Hulle trou dekor was eenvoudig om die venue se rustieke gevoel en die natuurskoon omgewing te komplimenteer.  Vir hul blom ontwerpe het hulle ʼn kombinasie van Proteas en ander blom soorte gebruik. Liggies wat die oop hout balke van die venue versier het en ʼn kaggel vuur het die perfekte romantiese en warm atmosfeer geskep.

Leonè het pragtig gelyk in haar trourok met die bors vol pêrel detail. Die trourok was noupassend onder en vir die seremonie het Leonè ʼn oorrok gedra met meer materiaal wat volume gebied het.  Ons is mal oor oor die idee dat al die Strooimeisie-rokke dieselfde skakering groen was, maar elke een sy eie unieke styl en snit.

Rol af en geniet Gerhard en Leonè se naweek bruilofsfees.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons storie het in 2014 begin waar ʼn gimnastiek afrigter en Maties gimnas ontmoet het.  Dié verhaal het verander van afrigter en gimnas, na kollegas en toe het ons lewens begin saam knoop. Gerhard en Leonè het baie tyd saam spandeer as goeie vriende en in 2017 het hulle vir die eerste keer verlief geraak.  Dit was ʼn lang en stadige paadjie, want in 2020 het Gerhard gekies om vir Leonè vir die laaste keer sy meisie te maak nadat sy die wêreld gaan toer het. Op 10 Februarie 2023 het Gerhard saam met Leonè Helderberg gaan uitklim en op een knieg af gegaan en haar die mooiste vraag gevra … Leonè was heeltemal sprakeloos, en Gerhard was asemloos!

Verloof- en Trouringe:


Gerhard se goeie vriend, Daniël, is ʼn juwelier en het die ring saam met Gerhard ontwerp en gemaak.  Leonè se gunsteling blom is ʼn protea, so die ring is in die vorm van ʼn protea, met ʼn elegante kurwe wat ʼn vorm van ʼn ‘S’ maak vir Swiegers.  Dié verloof ring is toe voltooi met twee ekstra diamantjies en nog ʼn sagte kurwe vir die troudag.  Gerhard se ring is Titanium, so sterk en solied soos Gerhard, dit is ʼn donker grys en silwer patroon.

Paartjie se Uitrustings:


Leonè het heelwat rokke gaan aanpas.  Elouise Roode het ʼn baie soortegelyke idee gehad wat Leonè mal was oor.  Die rok was onvoltooid in haar boutique, maar ons het aan hom gewerk en het hom verander om perfek te wees vir die groot dag.  Leonè het styf gegaan oor die heupies met ʼn baie plain materiaal, sy het ʼn lae rug agter, en daar was so klein bietjie sjarmante aantrekking na die buste, die glas pêrels het haar soos ʼn feetjie laat lyk.  Daarby het sy ʼn oorrok aangehad wat sy gedra het by die kerk seremonie, wat toe later af gedans is saam met haar bruidsmeisies in ʼn baie prettige dans.  Oorbelle het sy geskenk gekry en albei se skoene was self gekies.

Gerhard het two-toned gegaan met sy manne en sy pak was gekoop uit ʼn winkel.

Meer oor Ruth & Co.


Die Ruth & Co.-fotografie span, gebaseer in Brackenfell, strewe daarna om spesiale oomblikke te verewig.  Hulle glo liefde en kuns kan nie nagemaak word nie.  Ruth & Co sal daar wees om die oomblik vir altyd vas te lê in pragtige fotos vir julle om te deel met jul nageslagte.

Trou Dekor en Styl:


Die kleur skemas was ʼn perske pienk, sage en champagne.  Die Protea, ons gunsteling blom, was gebruik vir meeste van die dekor, asook pragtige Babies Breath, pienk/perske rosies en vreeslik baie eukaliptus.  Ons het minimalisties gegaan om elke stukkie detail te kon raak sien en geniet.  Ons het die tafels bietjie volume gegee met ʼn ekstra platform en mooi champagne kleurige bottels met blomme in.  Feetjie liggies het die saal opgelig en daar was groenigheid uit die dak gehang.  Ons het natuurlik ook ʼn vuurtjie in die kaggel aangesteek vir ʼn warm atmosfeer en om die liefde te deel.

Meer oor De Uijlenes:


De Uijlenes, ʼn plaas trou-venue in Gansbaai, Wes-Kaap, bied unieke, driedaagse feestelike troues in ʼn verfynde rustieke omgewing.  Die opgeknapte plaasgeboue straal oorspronklike sjarme en luuksheid uit, en gee die voorkeur aan gaste gerief met skilderagtige uitsigte oor berge, fynbos, strome en voëllewe.  De Uijlenes, wat vir eeue as ʼn werkende plaas bedryf is, is sedert 1717 in dieselfde familie, wat ʼn verwelkomende ruimte vir byeenkomste en vieringe bevorder.

Hierdie inklusiewe venue maak voorsiening vir verskeie trou style — hetsy whimsical, rustiek, feestelik of onkonvensioneel—wat paartjies in staat stel om hul ervaring te verpersoonlik.  Spesialiseer in driedaagse troues, De Uijlenes verskaf verblyf en personeel om te verseker dat daar aan gaste se behoeftes voldoen word, insluitend selfsorg-opsies.  Hulle bied aanpasbare pakkette en spyseniering om aan verskillende voorkeure te voldoen, met die doel om onvergeetlike en genotvolle troues te maak wat in lyn is met paartjies se toekomsverwagtinge.

Met twee afsonderlike venues te midde van pragtige platteland, orkestreer De Uijlenes stresvrye geleenthede, met die klem op kwaliteit tyd vir paartjies en hul geliefdes.  Hulle fokus bly daarop om blywende herinneringe te skep en oomblikke van vreugde tydens die viering te fasiliteer, wat ʼn onvergeetlike ervaring by hierdie geskiedkundige en skilderagtige ligging beloof.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Trou Venue:


Ons het van die begin af geweet ons wou ʼn naweek fees hê.  Ons is albei mal oor die buitelig en die natuur.  Hermanus tot Gansbaai lê baie na aan ons harte.  Die venue was perfek, die oomblik wat ons daar ingestap het.  Dit was die eerste venue wat ons besoek het en ons het op hom besluit.  Die diere, dammetjie, waterval en die algehele uitleg was net asemrowend!  Ons het in die Nightjar getrou.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Elke liewe oomblik, veral toe die ringe aan mekaar se vingers geplaas was en daardie eerste soen.  Baie na-aan hierdie herinneringe is toe ons instap by al ons gaste wat vir ons hande klap en baljaar omdat ons nou werklik die Swiegers is.  Ons eerste dans was só perfek en aangenaam dat ons nie wou stop nie!  Ons gaste sê tot vandag toe dit was die beste troue waarby hulle was.  Die musiek, die verspotte foto hoekie episode, die kos, die tema en al die klein verrassings.  Daar was ʼn bokkie op die plaas wat ons oral gevolg het en ons sprokiesverhaal voltooi het.  Ons het gaste gehad van Dubai, New Zeeland, Engeland, Duitsland, Namibië, Maldives en Australië.

Eerste Dans:


Timbaktu – Riana Nel

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet die hele proses, dit is DIE beste tyd om te doen wat net jy wil!  Jy het een kans, moet nie stres en oorwerk voel nie.  Gebruik mense en familie om jou, hulle wil help.  Spandeer minder geld op die klere en meer op wat jy wil doen.  De Uijlenes is die beste waarde vir geld in elke opsig!

Trou Begroting en Beplanning:


Gerhard en Leonè het 7 maande aan hul troue beplan.  Die koste was R2,800 per kop.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: