Stuart & Jaylynn se Kleurvolle Minimalistiese Troue

Stuart en Jaylynn se kleurvolle minimalistiese troue sal baie inspirasie bied vir paartjies wat meer kleur in hul trou dekor wil bring.  Boheems met aardse kleur was verskriklik gewild vir troudekor die laaste paar jaar, maar hier by Mooi Troues sien ons baie meer troues met plof van kleur.  Paartjies gaan ook nie vir net een of twee kleur skema nie, maar liewers vir ‘n verskeidenheid van kleur.  Dit bied die troue ‘n vrolike en romantiese atmosfeer.

Jaylynn het na vele rok aanpassings haar perfekte trourok gevind.  Haar blomruiker is getuienis van hoe mooi verkillende kleur blomme saam werk en Stuart het ‘n blom patroon das gedra wat die hele tema van die troue afgerond het.

Hul onthaal was gehou in ‘n markies tent wat ideaal is vir Suid-Afrika se warm somers aande.  Hul trou dekor was minimalisties met pragtige enkel steel blomme wat plof van kleur bied.  Die minimalistiese tafel dekor het dit gemaklik gemaak vir die paartjie se trougaste om gesellig te wees om die tafel, sonder om te stres dat hul dalk iets mag breek.

Die onversierde troukoeke (naked cakes) tendens is ook besig om uit te sterf en kies paartjies weer om te gaan met ‘n troukoek wat versier is.  Stuart en Jaylynn se troukoek is ‘n enkellaag wat smaakvol versier is met blomme wat die plof van kleur inbring.

As jul ‘n paartjie is wat op trou staan en opsoek is na diensverskaffers wat bietjie buite die boks dink, besoek Mooi Troues se aanlyn trougids.

Rol af en sien hoe Stuart en Jaylynn se kleurvolle minimalistiese troue jul sal inspireer vir kleur in jul troudag.

Paartjie se Liefdesreis:


Ontmoeting:  Hy, sy beste vriend en ʼn paar gemeenskaplike vriende het ʼn kuier van my en my vriendinne kom crash. Ek was glad nie geïnteresseerd in een van hulle nie.  Ons het uiteindelik net begin gesels en letterlik nooit weer opgehou nie.  Dit was 8 haar terug.

Ons verlowing was só spesiaal.  Hy het my voete onder my uitgeslaan.  Volgens my was ons op pad na ʼn werksfunksie van hom.  Daar gekom, was ons “eerste” daar en geen kollegas in sig nie.  ʼn Fotograaf was glo besig om foto’s te neem om die venue se webwerf te opdateer.  Die tuin was vreeslik mooi, ons het sparkling wine gehad en die tuin verken terwyl ons vir “die ander kollegas” wag.  Ons kom toe by die mooiste tuin gazebo, bedek met fairy lights en blomme.  Ons het op die stoepie bietjie fotos geneem en toe ek weer sien toe is die ring boksie in die hand en hy op een knie. D it het gevoel ek was in ʼn sprokiesverhaal. Dit was toe glad nie ʼn werksfunksie nie!

Trourok:


Dit was een van die moeilikste dinge van die beplanning.  Ek het seker 20 rokke aangepas voor ek díé één gekry het.  Ek wou nie baie tierlantyntjies hê nie, maar ook nie iets té eenvoudig nie.  Ek’t toe gegaan vir ʼn detailed bo-stuk met ʼn diep hals, van die lace detail van die rok het oorgevloei op die eenvoudige wit van die rok se romp.  My gunsteling deel van die rok was die lang train met die lace detail daarop!  Ek het nóg nooit so mooi gevoel nie!

Verloof- en Trouringe:


Ek het altyd gedink goud sou baie mooi by hom lyk.  Maar ek het hierdie ring in roosgoud gesien en dadelik geweet dís dié een.  Dit was iets anders.  Nes hy!

Ek het hom altyd fotos aangestuur van ring style.  Ek was absoluut mal oor die marquise snit en het hom gesê ek hou van hoe díé snit uitstaan veral as daar kleiner stene langsaan is.  Hy het toe na al my “skimpe” geluister en my droom ring ontwerp.  Dit is die mooiste marquise snit steen met klein peervormige stene aan weerskante.  Eks nog steeds so obsessed met dit!

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons koördineerder en die blomme.  Sy’t hierdie stunning flower curtain agter die bruidspaar tafel gedoen en haar stunning werk met ons welkom bord.

Manuellas vir ons vintage geïnspireerde troukoek.  Dit was die mooiste en lekkerste koek.

3@1 Printing in Riversdal wat ons welkom bord gedoen het.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Basies die hele dag!  Alles het perfek uitgedraai en die ervaring van die dag was bo verwagtinge!  My gunsteling herinnering was die oomblik toe ek by die seremonie instap en my man se reaksie sien.  Die hele troue was só spesiaal.  Om al ons mense daar te hê was vir my net so besonders.

Trou Venue:


Ons het gedink dit sou só spesiaal wees om in die plek te trou, wat ook my tuisdorp is, waar ons ontmoet het.  Die venue was só besonders omdat hulle die lekkerste kos het en ʼn lekker gesellige, intieme atmosfeer skep.  Die bonus was dat hulle ook die noodsaaklikhede sou doen.  Ek werk so 480km van waar ons getrou het, so om ʼn plek te kry wat alles vir my sal koördineer was baie belangrik.

Trou Dekor en Styl:


Ek het lank gesoek vir inspirasie op Pinterest.  Ek’t seker 3 verskillende boards gehad van verskillende kleurskemas.  Ek wou basies net hê ons troudag moet ons liefde vir mekaar uitbeeld. Eenvoudig maar magical enn wat beter as blomme.  Ek het besluit om dit “whimsical wildflowers” te noem.  Ek het gehou van die verskeie kleure op die tafels en van die enkel steel blommetjies in die vase.  Kerse was ook ‘n fokuspunt op die tafel om dit atmosfeer meer romanties en intiem te maak.  Dit was definitief baie minimalisties.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Dis eerlikwaar al daardie geld en stres werd. Splurge op dit wat jy weet die dag ekstra spesiaal gaan maak.  Moet ook nie bang wees vir ʼn DIY nie.  Dit help darem met kostebesparing en dit is só pret om iets met jou hande te doen vir jou troudag.

Wees voorbereid vir laaste minuut uitgawes.  Daardie laaste twee weke mag jy dalk meer geld uitgee as waarvoor jy begroot het.

Dis okay om alles self te wil doen.  Jy hoef nie almal te betrek in jou beplanning nie.  Almal het nie dieselfde styl of visie as jy nie.  Dit mag bietjie te veel word, so maak seker jou verloofde help met die lading.

Eerste Dans:


Lover – Taylor Swift

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het ongeveer R1,600 per kop spandeer en 110 gaste onthaal.  Hulle koördineerder het vyf maande aan hul troue beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: