Trou Advies vir die Aand Voor Jou Troudag

Die aand voor jou trouviering is ʼn besonderse oomblik, gevul met ʼn opwindende mengsel van verwagtinge en emosies.  Dis die laaste oomblikke van intieme voorbereiding voordat jy die reis na ʼn lewe van liefde en die huwelik begin.  Ons deel in hierdie artikel trou advies vir die aand voor jou troue.  Goeie raad vir bruidegoms en bruide om die aand voor jou troudag optimaal te benut!

In hierdie tyd van senuwees en vreugde is dit noodsaaklik om kalmte te bewaar. Jy moet jouself toe laat om die oomblik te ervaar.  Ons gaan die belangrikheid van ontspanning en selfsorg verken.  Die praktiese wenke vir ʼn laaste-minuut kontrolelys is ook belangrik om seker te maak dat niks mis gekyk word nie.

Hierdie trou advies vir die aand voor jou troue bevat raad vir die praktiese aspekte van die aand voor jou troudag.  Asook ʼn herinnering om die dieper betekenis van hierdie spesiale tydperk nie te verloor nie.

Rol af om te lees oor die agt wenke wat sal verseker dat jy ʼn stresvrye en wonderlike trou ervaring het! 

Aand Voor Jou Troudag

Stel ʼn lysie op


Dit is ʼn baie goeie ideë om ʼn redelike tydjie voor die troue ʼn lysie te maak van alles wat jy moet onthou om in te pak.  Belangrike dinge soos byvoorbeeld ʼn noodgeval sakkie met naald en garing, die trouringe en jou bykomstighede moet alles klaar bymekaar wees voor jou kop by ʼn duisend ander dinge is.  Dit is immers ʼn baie groot dag!

Aand Voor Jou Troudag

Loer in by die diensverskaffers


Dit is uiters belangrik om seker te maak jou diensverskaffers is almal seker oor hulle aankom tyd en dat hulle weet waarheen om te gaan.  Jy wil glad nie jou bekommer oor wat aangaan by die seremonie terwyl jy aantrek saam jou strooimeisies nie!  Maak seker jy kontak jou diensverskaffers dat almal op dieselfde bladsy is.

Aand Voor Jou Troudag

Maak seker jy kry genoeg knip-oog


Natuurlik gaan die opwinding en die fladderende skoenlappers in jou maag dit glad nie maklik maak vir jou om ʼn goeie nagrus in te kry nie.  Nietemin is dit werklik belangrik vir jou om seker te maak jy is volledig uitgerus vir jou groot dag.  Drink baie water en eet ʼn goeie maaltyd voor jou besige oggend!

Aand Voor Jou Troudag

Onthou die hoofdoel


Onthou die troudag gaan oor die viering van liefde.  Moet nie te veel bekommer oor die klein besonderhede nie.  Hou die groter prentjie in gedagte en geniet die reis.

Aand Voor Jou Troudag

Bederf jouself met gesigs behandeling


Dit is ʼn goeie ideë vir jou en jou strooimeisies om bietjie gesigs behandeling te doen voor die troudag.  Dis beslis is ʼn oulike aktiwiteit vir julle om saam te doen. Dit gaan ook ʼn lekker rustige gevoel vir almal skep.  Kalmerende gesigsmasker en ʼn rustige bad kan wonders doen vir jou gemoed en jou vel.

Aand Voor Jou Troudag

Ontspan en herlaai


Neem ʼn paar oomblikke vir jouself om te ontspan en herlaai. ʼn Kort stappie, meditasie, of selfs net om stil te sit met ʼn koppie tee kan help om jou senuwees te kalmeer en jou gedagtes te orden.

Aand Voor Jou Troudag

Spandeer tyd saam jou geliefdes


Alhoewel jy definitief vroeg in die bed moet klim, is dit ook belangrik om die tydjie saam jou vriende en familie te geniet.  Dit is ʼn geleentheid om saam te lag, emosies te deel en laaste oomblikke van ondersteuning en liefde te ontvang voor die groot dag.

Aand Voor Jou Troudag

Laastens, onthou om die oomblik te geniet


Hierdie dag gaan vinnig verby, en jy wil nie dat stres die oorhand kry nie.  Maak ʼn doelbewuste poging om die oomblikke van vreugde, lag en liefde te omhels.

Aand Voor Jou TroudagAand Voor Jou Troudag

Artikel Krediet:

  • Foto’s: Pexels
  • Geskryf deur Julene Naudé