Dit is met groot opgewondenheid wat ons Robert en Cheryldene se glansryke wit troue met Mooi Troues se lesers deel. Hierdie besonderse paartjie se indrukwekkende viering van liefde was ʼn fees vir die oog van die hoogste orde.
Ons is absoluut so verlief op die dekor en styl van Robert en Cheryldene se glansryke troue. Die elegante wit dekor en oorvloed van blomme het die onthaalsaal omgetower tot ʼn ware sprokiesland. Kerse wat rondom die trouvenue geplaas was, het ʼn betowerende atmosfeer geskep vir die romantiese aand. Die wit blomme het nie net skoonheid nie, maar ook ʼn varsheid tot die omgewing gebring, wat die gevoel van die spesiale dag verder verhef het.
Cheryldene het beeldskoon mooi gelyk in haar trourok. Elke element van haar uitrusting het moeiteloos op mekaar aangesluit. Die bruidegom het net so uitgevat gelyk in sy swart pak met die swart strikdas. Saam het die paartjie ʼn klassieke en tydlose prentjie geskep.
Met ʼn rykdom van natuurskoon en goedversorgde tuine, het elke hoek ʼn nuwe en beeldskone agtergrond gebied vir die paartjie fotosessie. Die elegante strukture van die landgoed, saam met die ryk groen van die tuine en die omringende natuur, het ʼn prentjiemooi skouspel geskep.
Flying Swan Media se onmiskenbare talent kan bewonder word met die paartjie se trouvideo. Die span het die troue met noukeurige aandag perfek vasgevang. Dit is só spesiaal vir die paartjie om die hartroerende trouvideo te hê wat hulle vir altyd kan koester en onthou.
Robert en Cheryldene se glansryke troue by die pragtige landgoed was nie net ʼn viering van liefde nie, maar ʼn herinnering aan die pragtige oomblikke wat gedeel is te midde van ʼn asemrowende omgewing.
Rol af om meer te lees oor Robert en Cheryldene se glansryke troue en hul liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Ontmoeting:
Facebook Storie, waar Cheryldene in Robbie se DM ingeglip het, nadat sy ʼn aanmerking oor sy honde gemaak het, die res is geskiedenis.
Ontmoet vir die eerste keer in Mouille Point – Seepunt om Cheryldene “house hunting” te vat (Ek het opgetrek vir werk) waar Robert in ʼn paal vas gery het, sonder dat Cheryldene weet …
Verlowing:
Robbie het my Parys toe gevlieg en my onder die Eiffel Tower gevra met die Groot ligte – MARRY ME, waar hy ʼn fotograaf en videograaf gehuur het om die hele sprokies verhaal af te neem.
Trourok:
Ek het ʼn baie hartseer storie. Ek het twee rokke gehad.
My seremonie rok, het ALLES skeef geloop die week voor die tyd. Moes die Dinsdag van die week van die troue ʼn ander rok kry, waar Bride & Co my gehelp het. Ek het my rok opgetel Vrydag oggend – Die dag voor die troue. (Baie trane was gestort!)
My onthaal rok het lang verwyderbaar moue gehad, wat ek afgehaal het toe ons die Pa en Dogter dans gedoen het. Was ʼn baie swaar kraletjies rok.
Verloof- en Trouringe:
Verloofring:
Emerald Cut diamand met twee Trapezoids. Rede vir hierdie diamante – hulle is verskriklik skaars (laser gesny diamante). My droom was altyd God is die Emerald – Hy is die middelpunt van ons huwelik, Hy hou ons twee bymekaar (Trapezoids)
Cheryldene se Trou Ring:
Sewe Emerald diamante – In die Woord is sewe die volmaakte nommer, asook Robbie het my op die 7de gevra , 7h die aand (Eiffel Tower se ligte gaan aan 7h pm). So die Eiffel Tower se ligte het geskitter toe Robbie my vra.
Robbie se Trou Ring:
Was nie beplan nie, het in Parys rondgestap en ek wou in Cartier ingaan om te beleef wat dit oorgaan en daar het ek Robbie se ring gekoop. Die ring het net uitgestaan, het geweet dis dié EEN. (Die dag nadat hy my gevra het om te trou.)
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Bruid:
My gunsteling was my man se toespraak aan my, ek was in trane.
Bruidegom:
Die openbaar van die saal – Hy was baie beïndruk oor die end resultaat.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
- Blomme – groen.igheid
- Kersiebloeisel bome en -ligte – Lekker Trou
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
- Begin by jul begroting
- Soek jou venue – Baie belangrik
- Sien jou idee op jou Pinterest Bord. Bly by dit, dit kan baie vinnig oorweldigend raak.
- Doen huiswerk oor verskillende diensverskaffers – kry kwotasies, dan kan jy byvoeg of wegneem!
Trou Venue:
Ons het na BAIE plekkies gaan kyk. Maar Toe ons inry by Cavalli het ek net die gerus gevoel gekry – daai plek is sprokies! Daai tuine en perde, berge, wingerde is ʼn verhaal wat wag om jou storie te skryf!
Hulle was genomineer Top 3 Wedding Venues in Suid Afrika.
Trou Dekor en Styl:
Kleur – wou ek net weet van Room en Wit!
Strooimeisies het ook Wit gedra. Dit het die “Bride Tribe” ʼn ander dinamika gegee.
Dekor en Styl – Ek het ʼn Pinterest bord gehad, waar ek so ver as moontlik by gebly het. Die stoele was waar ek begin het en die dak het ek ʼn spesifieke idee gehad en dit deurgetrek. Ek voel altyd eenvoud praat baie meer en dis wat ek deur gebring het op elke tafel met die kerse wat die romantiese bui geskep het.
Eerste Dans:
Ellie Goulding – Love me like you do
Trou Begroting en Beplanning:
Robert en Cheryldene het 80 gaste by hul troue onthaal, met ʼn koste van R11 000 per persoon. Hulle het vir 5 maande self aan die troue beplan.
- Videograaf: Flying Swan Media| Kontak
- Fotograaf: Tertius Gouws Photography | Kontak
- Venue + Spyseniering: Cavalli Estate | Kontak
- Blomme: groen.igheid | Kontak
- Bruidegom-pak: Euro Suit Hire | Kontak
- Dekor: XL Events / Muse / N Concepts and Designs / SS Flooring/ Lekker Trou
- Fotohokkie: 360 Photoshoot/ Sitting Pretty / N Concepts and Designs
- Gaste Geskenke: Komberse van WhiteHouse
- Grimering + Hare: Mana Bosch| Kontak
- Huweliksbevestiger: Pastor Andre Bruyns
- Juweliersware: Charles Greig| Kontak
- Platejoggie: Music 2 the Max| Kontak
- Paartjie se verblyf: Picasso – Spanish Farms
- Strooijonkers bykomstighede: Euro Suit Canal Walk| Kontak
- Skoene: Anella Wedding Shoes| Kontak
- Skryfbehoeftes: Kae Essence
- Trourok: Bride & Co | Kontak
- Bruid se Trouring: Charles Greig V&A| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Cartier
- Troukoek: Anneke Cake Creations
- Vermaak: 360 Photobooth
- Wittebrood Bestemming: Mediterranean Cruise – Agt stede besoek – Civitavecchia / Mallorca / Barcelona / Cannes / Genoa / La spezia / Pisa / Dubai