Estian & Mariske se selfdoen vintage troue

Estian beweer hy het met ʼn plan gewerk om Mariske te ontmoet, maar lees self meer oor die paartjie se ontmoeting wat gely het tot hul troudag.

Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0002 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0003 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0004 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0005 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0006 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Estian het in 2011 op my eerstejaars kamp van universiteit ontmoet. Hy was ʼn leier en het in die band gespeel. Die laaste aand van die kamp, was hy besig om klank op te pak en ek het alleen gesit en wag vir ʼn vriendin,toe het hy met my kom gesels.( hy sê ek het dit so beplan, maar dis verseker nie waar nie!) Daarna bevriend ek hom op Facebook… En die res is geskiedenis!


Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0008 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0009 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0010 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0011 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0012 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0013


Hoe het julle verloof geraak?

Op ons 3 jaar herdenking het het ek klas gebank en hy het by die werk verlof gevat. Ek het hom die oggend verras met ʼn gedig genaamd “Jy is trou materiaal” , min wetend wat nog aan die einde van die dag vir my wag. Buite het ek die tuin omskep in ʼn foto paradys met ʼn lieflike ontbyt. Ons het daarna Houtbaai toe gery vir die dag, lekker geëet en koffie gedrink. Ons gunsteling ding om saam te doen is om in Mugg & Bean koffie te drink en boek te lees, so vir die laaste deel van die dag het hy my na Mugg & Bean in die Paarl geneem. Ons het koffie bestel, toe my koppie daar kom, lig ek dit op en toe is my plek matjie verander na die Bybelvers Genesis 2:24. En hier gaan hy toe op sy knieë…. En ek het natuurlik ja gesê!


Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0015 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0016 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0017 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0018 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0019 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0020 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0021 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0022 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0023 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0024 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0025 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0026 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0027 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0028 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0029


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

3 jaar en 9 maande


Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0030 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0031 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0032 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0033 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0034 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0035 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0036


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Probeer om goed self te maak so ver moontlik! Ons het baie gespaar!

Begin vroeg beplan en vra raad vir mense wat al daar deur is.

Kry ʼn e-pos adres spesiaal vir trou reëlings, werk goed vir gaste en verskaffers.

Mans- Los die dekor vir die vrou! En vrou: Vra die man se mening, hulle stel meer belang as wat jy dink! En bly uit die wittebrood reëlings!

Lag jou trou dag deur! Dis die beste dag ooit!


Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0037 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0038 Afrikaans Trou Inspirasie - Estian & Mariska_0039

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Nadene Smith photography
  • Spyseniering: EMS Catering
  • Trourok: Estelle van der Merwe
  • Strooimeisierokke: Estelle van der Merwe
  • Koek: Beyond flavour
  • Dekor en blomme: Michelle Scholtz