Ons is so opgewonde om Herman en Micaela se skilderagtige troue op ʼn uitnemende plaas buite Cradock, Oos-Kaap met Mooi Troues se lesers te deel. Dit was ʼn onvergeetlike ervaring wat deur die beeldskone landskap en uitmuntende diens van hierdie unieke trouvenue gekenmerk is.
Geleë in die hart van die Oos-Kaap se Karoo-gebied, het die venue ʼn idilliese agtergrond van ongerepte natuurskoon gebied vir die spesiale geleentheid. Die weelderige tuine en omliggende berge het ʼn pragtige omgewing geskep vir die paartjie se drome om waar te word.
Die bruid lyk asemrowend mooi in haar borsbuis kant trourok. Haar elegansie straal deur in elke detail, en die romantiese kantwerk komplementeer haar figuur op ʼn betowerende manier. Die bruidegom lyk eweneens uitstekend in sy olyf groen pak. Saam het die Micaela en Herman ʼn oogverblindende paartjie gevorm wat ʼn blywende indruk op almal gemaak het.
Die tuin se wit rose en die wit rose op die tafels het op ʼn besondere wyse die troue komplimenteer. Die wit rose in die tuin het ʼn betowerende welkome gebied toe gaste aangekom het, waar die frisheid en puurheid van die blomme die atmosfeer van liefde en harmonie geskets het. Dit het die ideale welkome voorgelê vir die paartjie se spesiale dag.
Die wit rose het ʼn aanvulling op die minimalistiese tafel dekor gebied. Hulle eenvoudige skoonheid en ligte aroma het nie net die tafels verfraai nie, maar ook ʼn romantiese en elegante element aan die onthaal gegee. Dit het gevoel asof die blomme die liefde tussen die paartjie verteenwoordig het, en dit het die ruimte omhels met ʼn sagte, romantiese gloed.
Rol af om meer te lees oor Herman en Micaela se skilderagtige troue en ook oor die paartjie se liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons kom altwee van dieselfde klein dorpie, Cradock af, daarom het ons maar altyd van mekaar geweet. Ons het einde Graad 11 begin uitgaan. Na skool het ons na dieselfde universiteit toe gegaan en ons is 8 jaar later op sy ouers se plaas verloof.
Trourok:
Ek het min of meer ʼn idee in my kop gehad van wat ek gesoek het, maar ek het besluit ek gaan eers rokke aanpas om seker te wees. Ek het toe ʼn paar idees verander en bygekry. My ma het toevallig iemand ontmoet wat trourokke maak. Ons het toe ontmoet, alles deurgegaan en toe was ons altwee opsoek na die regte kant vir die rok. Toe ons mekaar weer sien, het ons altwee dieselfde kant gebring om vir die ander te wys.
Dit is waar ek besef het, sy verstaan wat ek in gedagte gehad het. Sy het toe met die rok begin, maar ongelukkig vir my (gelukkig vir haar), het sy ʼn werk oorsee gekry, en getrek. Kelly Mae van Kelly Mae Bespoke was toe deur haar gekontak, en sy het verder aangegaan met my rok. By elke fitting het sy my laat goed voel. Sy is regtig iemand wat ek sal aanbeveel!
Verloof- en Trouringe:
Ek het nog altyd ʼn idee gehad oor die tipe ring wat ek gesoek het. Hy het dit toe laat maak by Carin’s Jewellers in Bloemfontein. Met sy ring moes ons die winkels platloop en elke ring aanpas tot hy iets gekry het waarvan hy gehou het. Dit was by American Swiss, maar ons kon die regte een net aanlyn kry.
Trou Venue:
Ons kom altwee van Cradock af, en Blomfontein is ʼn gewilde trou venue hier. Die venue is verskriklik mooi en al die verblyf maak dit regtig gerieflik vir al die gaste ook. My oudste suster was die héél eerste bruid wat op Blomfontein getrou het, so dit was spesiaal om my troue ook daar te hê.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Nadat ons getrou het en klaar foto’s geneem het, toe ons in die saal instap en jou hele leeftyd se gunsteling mense is almal voor jou en jou toekoms stap langs jou en hou jou hand vas. Dit was net só spesiaal om te weet almal was daar om ons huwelik te vier.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Ons was bevoorreg om gelukkig te wees met almal se diens daardie dag. Hulle het almal ons dag perfek uitgebeeld.
Trou Dekor en Styl:
Ons is altwee baie plein mense en het so óók ʼn baie simplistiese troue gesoek wat soos ons voel. Toe ek vir Tannie Kobie Joubert van Karoo Weddings, Flowers and Decor vra om die dekor te doen, toe weet ek sy gaan alles mooi kan uitbeeld!
Eerste Dans:
You’re still the one – Shania Twain
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Kry verskaffers wat jy in vertrou en hulle produkte al beleef het, dan weet jy wat om te verwag, so daar is geen rede om op jou troudag te stres nie.
Trou Begroting en Beplanning:
Herman en Micaela het 222 gaste by hul troue gehad. Hulle het self vir 9 maande aan die troue beplan.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Leze Hurter Photography | Kontak
- Venue: Blomfontein Wedding Venue | Kontak
- Blomme + Dekor: Karoo, Weddings Flowers & Decor
- Bruidegom-pak: Peri’s suits | Kontak
- Grimering: Charné du Toit / The Skin Clinic
- Hare: Corné Strydom
- Huwelik kontrak: Coetzee & Venter
- Huurdienste: LX Events SA| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds. Corné Slabbert
- Juweliersware: Woolworths
- Koördineerder: Venue Bestuurderes| Kontak
- Kroegdiens: Famous Brew & Still + Adami’s + Blue bottle Cradock| Kontak
- Musiek + Platejoggie: Christo Kotzé
- Paartjie se verblyf: Blomfontein Wedding Venue| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Peri’s suits| Kontak
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Self Gedoen
- Spyseniering: Celeste Lombard| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Kelly Mae Bespoke| Kontak
- Bruid se Trouring: Carin’s jewellers| Kontak
- Bruidegom se Trouring: American Swiss
- Troukoek: Lauren Wormald, vriendin| Kontak
- Videograaf: Kobus Lategan
- Wittebrood Bestemming: Knysna, Wilderness, Sedgefield, Tsitsikamma, Plettenbergbaai