Quintin & Merissa se Verlowing Fotosessie in Drakensteinvallei

Dit is met groot opwinding wat ons Quintin en Merissa se verlowing fotosessie in Drakensteinvallei met Mooi Troues se lesers deel.  Die paartjie se fotos het só pragtig uitgekom met al die prag plaas waar die fotosessie was se verskeie foto geleentheid opsies!

Die paartjie het die wynplaas gekies as hul instelling vir hul verlowing fotosessie, want dit is een van hul gunsteling plekke om te besoek.  Met die wye verskeidenheid van mooi attraksies, wyn proe, die mooi tuine, restaurante en die deli, het hul gedink dat daar ook groot verskeidenheid van opsies is vir die fotograaf om van te kies.

Die paartjie se fotos het ʼn spontane en gemaklike gevoel wat hul liefde vir mekaar moeiteloos beliggaam.  Hulle lyk in elke raam al te pragtig en kan vir ewig terug kyk na hierdie spesiale oomblikke en dit met ander deel.

Ons kan aan soveel redes dink waarom ʼn verlowing fotosessie belangrik is.  Eerstens is dit om die spesiale tydperk vaste vang in pragtige foto’s wat julle kan terug kyk na.  Verlowing fotosessie is soveel pret en hoef nie ʼn stresvolle ervaring te wees nie.  Bespreek julle trou fotograaf nou om jou verlowing fotosessie te bespreek.

As julle nie so gemaklik is voor die kamera nie, is dit ook die perfekte tyd om meer gemaklik te raak.  Dit is ʼn oefenlopie vir julle fotosessie op die dag van julle troue.  Gedurende julle verlowing fotosessie sal julle jul trou fotograaf beter leer ken en so ook sommer baie meer gemaklik wees voor die kamera.

Rol af om meer te sien van Merissa en Quintin se verlowing fotosessie by die asemrowende plaas in die in die Boland.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was in ‘n kuier plek in die Kaap.  Nie een van ons wou daar wees die aand nie, maar het opgeëindig om met mekaar te begin gesels en te dans.  Ons was vir 8 jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Die verlowing was op 17 Maart 2023 by Montague Hotel & Spa, dit was ‘n verassing, ons naweek planne was om saam vriende te gaan kamp, hiermee het Quintin ‘n gaping gesien, want Merissa wou nog altyd indien sy verloof word vir al die vriende verras om hul uitdrukking te sien.

So Quintin het vooraf hempies laat maak (sonder dat sy weet).  Op sy Hemp “Kan nie glo sy’t JA gesê nie…” op haar hemp “Hy’t uiteindelik gevra!”

Hy het vir Merissa gevat vir ‘n spa behandeling en daar in die jacuzzi vir haar gevra met Vonkel wyn in hand.  Daarna was die ring afgehaal, weg gesteek tot die volgende dag waar ons die groep vriende verras het, met trane van geluk orals.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ek (Quintin) dink my gunsteling eienskap van Merissa is dat sy so groot hart het en sal haar naastes beskerm deur dik en dun.  Sy hou ook daarvan om ander gelukkig te sien en sal ‘n ekstra stap neem om dit te laat gebeur.

Ek (Merissa) my gunsteling eienskap van Quintin is dat hy altyd daar is om te help, jy kan enige tyd op sy knoppie druk en hy’s daar.  Sy hart is groot.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons troudag is reeds verby.  Ons het dadelik ingespring en beplan en saam met Michelle van Bon Cap Wedding Venue op Route 60 het ons tjoef-tjaf somer gou die datum 16 September 2023 vas gemaak, beplan en als het regtig vlot verloop.

Verloofring:


Die verloofring was ‘n verassing vir Merissa.  Die hoof diamant is ‘n erf stuk van Quintin se Ma.  Hy het dit gebruik en die ring se ontwerp.  Hy verduidelik aan die goudsmid soos wat hy dit gevisualiseer het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons besluit is grotendeels dat die mooi ervaring vas gevang kan word.  Dat ons eendag dit kan deel met familie, vriende en moontlik ons kinders.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het Babylonstoren gekies, dit is een van ons gunsteling plekke om te gaan, met hul wye verskeidenheid van mooi attraksies, van wyn proe, die mooi tuine, restaurante en die deli, ons het gedink dat daar ook groot verskeidenheid van opsies is vir die fotograaf om van te kies.

Visie vir droomtroue:


Ons beplanning was vir dekor moet dit minimalisties wees.  Die doel was om die dag te geniet en hoe ons die dag geniet is as ons weet ons gaste geniet hulle.  So van om ‘n bietjie humor in te bring met beermen inplaas van ‘n blommemeisie.  Daar was goeie kos en musiek, funky vibes en goeie tydsbeperking vir ‘n goeie dans sessie.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: