Onderhoud met Trourok Ontwerper Schreuder.I

Ons is baie opgewonde om ons onderhoud met trourok ontwerper Schreuder.I met Mooi Troues se lesers te deel.  Ingrid Smit is die kreatiewe ontwerper agter dié  handelsnaam, Schreuder.I.

ʼn Trourok is só ʼn belangrike elemente in enige bruid se troudag.  Almal verkyk hul gewoonlik  aan die bruid se trourok.  Dit is moontlik die middelpunt van almal se aandag op die troudag.  Nie net is die trourok op almal se lippe nie, maar dit moet ook die bruid laat goed voel op haar troudag.

Schreuder.I spesialiseer in die maak en ontwerp van trourokke en trou bykomstighede, sowel as formele uitrustings.  ʼn Baie oulike diens is dat Schreuder.I die opsie het om die kliënt by hul huis te ontmoet en jou trourok aan te pas in die gemak van jou eie spasie.  Dit is perfek vir toekomstige bruide met besige skedules.

Wat begin het as ʼn stokperdjie in 2018, het in Junie 2020 ʼn voltydse werk geword.  As jy opsoek is na ʼn talentvolle, passievolle trourok ontwerper om jou trourok te ontwerp, dan moet jy af rol en ons onderhoud met Ingid, die stigter van Schreuder.I hieronder lees.

Die begin van Schreuder.I:


Schreuder.I is in 2018 begin na ure.  Oorspronklik was dit ʼn stokperdjie wat begin is vir die genot en om vriende en familie te help.  Die betaling: gewoonlik ʼn bottel Merlot.  Nie lank daarna nie, het die passie egter onmoontlik geraak om mis te kyk.  Dit het alles in sy pad oorgeneem en binnekort het ʼn stokperdjie oorvloei in ʼn voltydse passie.  In Junie 2020 het Schreuder.I sy dagboek oopgemaak en van daar die boek vinnig deur gewerk.

Die naam, Schreuder.I:


Die besigheid is begin, ondersteun, bemark en het gefloreer in die hande en op die lippe van familie en vriende.  Dus egter die besigheid se steunpilare.  Daar word gesê dat mens nie ʼn wen resep verander nie, en daarvan, die naam, toe ʼn maklike keuse.

Die ontwerper het haar nooiens van, naamlik. Schreuder, gebruik as testament van dit wat haar en haar besigheid gebou en gedra het.  Met die eerste dag van haar studies as modeontwerper, is die naam Schreuder.I, gekies, min wetende waarvoor dit eendag gebruik gaan word.

Die naam sal verewig gekoppel wees aan passie en die enorme ondersteuningsnetwerke wat daardie naam behels.

Schreuder.I se liefdie vir ontwerp:


Die passie van Schreuder.I het begin met ʼn oud slinger Frik naaimasjien in die ouma se groen kombuis.  Die idee was om aspoestertjie se rok te maak omdat haar ouers dit nie vir haar wou koop nie.

Dit was ʼn fase wat verby moes gaan.  11 Jaar later het die fase ʼn loopbaan geraak.  Soos haar bruide, het die ontwerper iets persoonlik en uniek gesoek.  Iets wat jy eenvoudig net nie in ʼn winkel kry nie.

Schreuder.I se Ateljee:


Haar ateljee is geleë in Clanwilliam, maar diens die hele Wes-Kaap. Schreuder.I pas by die kliënt aan wat ontmoetings en passings aan betref, dus naaste aan haar/sy werk of tuiste.

Dié perfekte bruid vir ʼn Schreuder.I trourok:


ʼn Schreuder. I bruid weet wat hy/sy wil hê en sal niks minder aanvaar nie.  So tipe bruid soek ʼn rok wat by hulle aanpas, en nie andersom nie.  Hulle soek meer as wat die winkels tans om hulle bied.

ʼn Rok wat om hulle vou, hulle vashou en hulle aanvaar vir wie hulle is.  ʼn Rok wat hulle mooiste eienskappe kan beklemtoon en die res versag.  Bruide kies Schreuder.I omdat hulle hulself in die rok wil sien en niemand anders in dieselfde rok wil sien nie.  Soos hulle, is Schreuder.I rokke uniek en spesiaal.

Slegs pasgemaakte trourokke:


Schreuder.I doen op die huidige stadium slegs pasgemaakte trourokke met die idee om later uit te brei.

Rok ontwerp was nog altyd haar droom:


Op een manier of die ander, het die droom altyd baie rokke vir haar ingesluit.  Of dit persoonlike kopies was en of dit ʼn besigheid van koop en verkoop was, aan die einde van die dag sou daar ʼn zip op iemand se rug toe getrek word en die slee oopgetrek word.  Vir haar is Passie ongelukkig voedsel. “Dit help nie om aan iets te peusel wat jou nie voed nie.  Peusel sal jou tydelik hou jou net tydelik vol.”

Advies aan toekomstige bruide:


Eerstens, afhangende of die kliënt die rok of die plek eerste kies, die ontwerper stel voor dat die twee bymekaar inskakel.  Die een sal heel moontlik tot die ander een lei.

Tweedens, hits sy haar kliënte aan om rokke te pas wanneer hulle reeds geëet het.  Sy reken, as die kliënt van die rok hou met ʼn vol magie, gáán die kliënt absoluut verlief wees op die rok met die troudag.

Derdens, motiveer sy haar kliënte om hulle intuïsie te volg. “Niemand ken jouself beter as jy nie.  Net jy moet die rok goedkeur.  Niemand anders.”

Laastens, wil sy beklemtoon dat die rok nie die oog moet frustreer nie.  Die oog is ʼn lui orgaan en kyk eerste na dit wat uitstaan.  Sy stel voor dat haar kliënte hulle gunsteling eienskap van hulle liggaam kies en dit beklemtoon.  Dit sal die eerste ding wees waarna die oog kyk.

Een-in-ʼn-soort rokke:


Schreuder.I ontwerp trourokke, die gevolg se rokke sowel as ma-van-die-bruid- en blomme meisies rokke.  Schreuder.I geniet een-in-ʼn-soort items en die bykomstighede daarvan.

Bespreek ʼn Konsultasie:


Versamel inspirasie foto’s, en gaan pas dan rokke aan wat naastenby daarna lyk.

Kies ʼn styl.

Neem kennis van die prysklas waarin die rok val, en stel ʼn begroting op.

Schreuder.I en kommunikeer met hulle jou plek, datum en waar jy geleë is.

Daarna sal die ontwerper met jou kontak maak via Whatsapp of ʼn persoonlike ontmoeting oor ʼn koppie koffie.

Gebaseer op jou inspirasie foto, sal die ontwerper vir jou ʼn kwotasie optrek en vir jou die proses rustig verduidelik.  Haar hoof fokus sal wees dat jy die proses en sy resultaat geniet.

Die proses is ʼn ondervinding wat nie gejaag moet word nie, maar geniet en gekoester moet word vir die jare wat volg.

Artikel Krediet: