Onpretensieuse Karoo Trou Inspirasie

Met vreeslike opgewondenheid deel ons hierdie pragtige onpretensieuse Karoo trou inspirasie fotosessie met Mooi Troues se lesers.  By Mooi Troues is ons totaal en al verlief op die Karoo en die Karoo se onpretensieuse lewenstyl.  Nie net is die Karoo ʼn populêre vakansie bestemming vir beide plaaslike en internasionale toeriste nie, maar dit begin al hoe meer ʼn populêre bestemming te raak vir troues.

Die Karoo het nie net pragtige landskappe nie, maar ook plattelandse gasvryheid en ʼn hele paar pragtige trou venues en fantastiese verblyf opsies vir trou gaste.  ʼn Span professionele trou diensverskaffers het vêr gereis om hierdie fotosessie ʼn moontlikheid te maak.

Wilde Kanferbos, ook bekend as Vaalbos, groei in die area waar die fotosessie was en het die mooiste wit bloeisels ʼn sekere tyd van die jaar.  Dié trou koördineerder sê die inspirasie agter die fotosessie was om paartjie te wys hulle kan regkom met plante en blomme wat in die plaaslike gebied groei en so baie geld bespaar op hul trou dekor.  Wie het gedink die algemene vaalbos sal nou só ʼn pragtige blomme ontwerp maak by ʼn troue.

Ons is totaal en al verlief op die trou inspirasie fotosessie se voorkoms.  Die sagte skakerings van wit vir die dekor elemente is prentjie mooi en skep ʼn baie deftige gevoel vir die trou dekor.  Lang maer kerse bring warmte tot die tafel en gee ʼn romantiese atmosfeer.  Ons is totaal en al mal oor elke liewe element van die fotosessie.   Van die tafel dekor, blom ontwerpe, trourok, bruidegom se pak tot die grimering, hare en dan laaste maar nie die minste nie, die pragtige ligging van die fotosessie.

Rol af om meer te lees oor hierdie pragtige onpretensieuse Karoo trou inspirasie fotosessie en om die mooiste foto’s te sien.

Inspirasie agter die fotosessie:


Kampher bos groei wild in die Hartswater omgewing en tydens Julie/Augustus maak dit die mooiste wit bloeisels.  Die idee agter die hele fotosessie was om bruide te inspireer om meer na die natuur te kyk vir ongewone elemente en inspirasie.  Jy hoef nie derduisende rande te spandeer om n mooi troue te hê nie. ‘Wees anders en dink buite die boks.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


As die grootste provinsie en ʼn semi woestyn area dink bruide dat die Noord-Kaap bied nie veel.  Maar dis juis dié andersheid van die provinsie en sy mense wat ʼn groot trekpleister word vir bruide wat ietsie anders soek.  Die diensverskaffers wat ons gebruik het, lewer werk van uitstaande gehalte met kompeterende pryse.

Agter die skerms van die fotosessie:


Diensverskaffers bly ver uitmekaar en het 400km gereis om die fotosessie bymekaar te sit.  Die grimeer kunstenaar het die grimering op die dag van die fotosessie gedoen in Bloemfontein en die model moes 2 ure ry om by die venue te kom, juis omdat almal nie so ver kon reis.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die “chemistry” tussen die modelle wat in regte lewe ʼn paartjie is.

Dekor:


Tonne Kampherbos bloeisels is vermeng met kristal kandelare, 40cm Dinner Candles vanaf Pretoria wat per koerier moes kom.  Skryfbehoeftes het vanaf Port Elizabeth gekom en die kandelare is gemaak van skroot materiaal van ʼn skrootverf.

Kleurskema:


Die venue is alles baie neutraal en wit met ʼn industriële gevoel.  Ons wou die industrieel gevoel versag met meter wit materiaal en dit romanties hou.

Venue en Ligging:


Die venue is só veelsydig en is omraam met die mooiste Kaapse gewel herehuis en tog ervaar jy die Noord-Kaap met rye okkerneut bome eie aan die omgewing.

Trourok en bruidegom pak:


Ons wou die pak klassiek hou en die rok vloeiend en romanties.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Put inspirasie uit die natuur.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: