Ben & Anri se Verrassings Verlowing in Parys, Frankryk

Oh, ons is vreeslik opgewonde om Ben en Anri se verrassings verlowing in Parys, Frankryk met Mooi Troues se lesers te deel.  Hierdie pragtige paartjie se verlowing fotosessie is een wat jy nie moet mis nie.  Veral as jy ʼn groot liefhebber van die mooie Frankryk is.

Dit was Ben en Anri se eerste Europese toer as paartjie en wat toe net ʼn paartjie fotosessie was, is toe al die tyd ʼn verrassings verlowing wat Ben gereël het.  Hoe romanties is dit?  Dink jouself in om verloof te raak met die wêreld bekende Eiffeltoring as die agtergrond.

Die paartjie se verlowing foto’s is só mooi en ons hou van die kleurskema van hul uitrustings.  Ben se grys pak en wit knopies hemp pas so mooi by Anri se wit rok met haar swart hoedjie.  Mooi uitrustings soos die paartjie aangehad het maak ʼn groot verskil in die resultaat van verlowing foto’s.

Ons is totaal en al verlief op die paartjie se fotosessie.  Van die ou geboue in die agtergrond tot Anri se verbasende en groot glimlag toe Ben haar verras met die groot vraag.

Parys is ook ʼn stad met soveel karakter en persoonlikheid.  Dit is ook bekend as een van die wêreld se mees romantiese stede, so dit is die perfekte plek vir ʼn verlowing fotosessie.

Beplan julle ʼn verlowing fotosessie?  Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese trou fotograwe om julle verlowing fotosessie vas te vang.

As julle meer wil sien van Ben en Anri se verrassings verlowing in Parys, Frankryk en hul pragtige liefdesreis storie, rol af.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:

Ons ontmoeting:

Ons het ontmoet in Onrus, by ʼn vriend se huispartytjie in Desember 2018.  Die oulike ou met die lang hare het met my kom gesels.  My broer was ook by hierdie partytjie en maak vriende met Ben voordat ons eers ontmoet het.  Nadat hy met my gesels het, het hy sy nuwe vriend (my broer) voorgestel aan sy nuwe meisie.  Hy het my so laat lag.

Nadat hy ingelig is ons is broer en suster het ek hom eers later die aand weer gesien. Hy het my gevra om te gaan stap en ons het daaroor begin grappies maak toe ek nee dankie sê.  Dit was tyd om huis toe te gaan, sonder om kontakte uit te ruil, ek het gedink hierdie ou is ʼn catch.  Wat as ek hom nooit weer sien nie.  Ek het teruggegaan om vir Ben ʼn baai drukkie te gee net ingeval hy van my vergeet – hy het die drukkie van die hand gewys, na my gekyk en gesê: “Ek sal jou later kry.”

Eerste date:

Sy woorde het beslis my aandag getrek.  Ek het hom op Instagram gevolg waar hy my nommer gevra het.  Ná ’n week van geen kontak het ek gedink dis seker niks, maar toe bel hy.  Ons het ʼn eerste date.  Hy was tweede jaar op Universiteit en het my by die skool kom haal aangesien ek nog in Matriek was sonder ʼn rybewys. Na die eerste date het ons mekaar elke naweek gesien – maar ons was net GOEIE vriende.

’n Paar weke se grappies het verbygegaan en hy het my genooi om saam met sy gesin in Arniston te gaan vakansie hou.  Na daardie naweek – ons het albei geweet – is ons nie meer net GOEIE vriende nie.  Ons was verlief.  Na 6 maande van die beste tyd saam- het Ben my gevra om sy meisie te wees op hulle pragtige Karoo plaas.

Fast forward:

26 Desember 2022 – Ek en Ben het ons eerste Europese reis saam beplan en ʼn week in Parys deurgebring.  Min het ek geweet ons fotosessie voor die Eiffeltoring was eintlik ons verlowingsfotosessie.  Beste tyd van ons lewe. En natuurlik HET EK JA GESÊ!

Besluit:

Ek het vir Ben 6 maande lank geken toe ek die eerste gevoel kry dat ek met hom gaan trou.  Ek het niks gesê nie en ʼn nota van die datum in my Bybel geplak vir wanneer hy ook die gevoel kry (dat ek vir hom kan wys wanneer ek dit self gevoel het).  ʼn Week later het ons in die Karoo saam gekuier waar hy vir my gesê het hy gaan eendag met my trou.  Hy het gesê hy gaan my eendag onder die Eiffeltoring vra om te trou.  Ek het hom die nota gewys en toe teken ons dit saam en plak dit terug in my Bybel vir die dag wat ons trou om dit oop te maak saam.  Vier jaar later het hy my onder die Eiffeltoring gevra om met hom te trou.

Die groot vraag:

Ons is verloof op 26 Desember 2023.

Ben het die geleentheid gekry om 6 maande in Duitsland te gaan studeer.  Langafstand was nog nooit ons plan nie.  Ek het gaan kuier vir 6 weke in Desember en ek en Ben het toe ons eerste Europese reis saam begin beplan.

Ons eerste stop was om ʼn week in Parys deur te bring, daarna Italië en Switserland.  Ek het niks geweet van verlowings planne nie, maar ons wou nog altyd so gou as wat dit vir ons moontlik was trou. Ek het net voor die vakansie my studies voltooi en ek het gedink hierdie vakansie is die perfekte geleentheid ;).  Maar Ben het alles baie goed vir my weggesteek!

Die oggend van ons verlowing het Ben my vroeg wakker gemaak en gesê ek moet my mooi rokkie aantrek.  Ben het ʼn baie mooi pak aangetrek – hier het ek begin wonder! Ons het net baie geglimlag en vir mekaar gesê hoe mooi ons vir mekaar lyk.  Ben wou niks vertel van die dag se planne nie.  Ons het op die subway geklim Trocadero toe. Hy het gesê ons gaan ʼn vriend ontmoet (dit was die fotograaf).  Hier begin ons fotosessie onder die Eiffeltoring!  Min het ek geweet ons fotosessie voor die Eiffeltoring was eintlik ons verlowingsfotosessie.  Ons was besig om ʼn foto te neem waar ons vir mekaar kyk toe Ben op sy knie gaan en vir my vra om met hom te trou.  Dit was dié beste tyd en gevoel.  Ons wag al 4 jaar vir hierdie pragtige dag. Natuurlik HET EK JA GESÊ!

Na die fotosessie het die nuut verloofdes by ʼn oulike koffie winkel langs die Trocadero croissante en espresso’s geniet.

Hoekom ons mekaar liefhet:

Ben:

Haar entoesiasme, energie, en sagte spin wat sy op die lewe sit.

Anri:

Sy denkwyse, self vir sekerheid, hoe gedrewe hy is en sy positiewe plan maak ingesteldheid.  Ek kan met enigiets na hom toe gaan en hy is konstant ʼn veilige hawe.  As Ben lag en vir my kyk, staan my wêreld stil.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:

Ons beplan om een jaar verloof te wees voor ons trou.  Dit geen ons genoeg tyd om die troue te beplan en ons verlowing te geniet.  Ons kan nie wag om te trou nie.

Die verloofring:

Die verloofring was ALLES BEN.  Hy het self die ring gekies en dit was presies waarvan ek hou.  Dit is ʼn minimalistiese ontwerp met ʼn pragtige diamant.  Hy kies goed!  En dit was ʼn verrassing.  Ek hou daarvan dat hy vir my iets gegee het wat hy op besluit het.

Rede vir die verlowing fotosessie:

Alles was Ben se idee.  Dit was net te mooi in Parys!  Dit was die plan agter die verlowing.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:

PARYS!

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :

Geen vrese – ons wil God se liefde en seën ervaar in hierdie tyd en die verlowings tydperk geniet saam met vriende en familie.  Ons leer ken mekaar net elke dag meer en meer.  Ons kan nie wag om vir altyd saam te spandeer nie.

Visie vir droomtroue:

FUN & LOVE – Ons droom troue is ʼn kleurvolle gelukkige dag.  Ons wil ʼn classy pizza troue hou met al ons gunsteling mense om saam met ons ons spesiale dag te vier.  Ons kan nie wag om hierdie journey as een saam met God te stap nie.

Matthew 19:6

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: