Max & Rachel se Elegante Troue in Plettenbergbaai

Met soveel opgewondenheid deel ons Max en Rachel se elegante troue in Plettenbergbaai met Mooi Troues se lesers.  Die Tuinroete bied prentjie mooi natuurtonele, puik trou venues en talentvolle trou diensverskaffers.  Dit geen wonder dat die Tuinroete ʼn populêre trou bestemming is nie.

Die paartjie se troue is só mooi en het ʼn klassieke voorkoms wat vir altyd in die mode sal wees.  Hulle glaskas trou venue tent op die versorgde grasperk van die trou venue skep ʼn luukse voorkoms wat perfek pas by die paartjie se troustyl.  Ons is totaal en al verlief op die ligte kleurskakerings van die paartjie se trou dekor.

Dit het nie net ʼn baie klassieke voorkoms nie, maar gee ook ʼn baie romantiese en dromerige gevoel tot die paartjie se trou dekor. Die blomme wat gelig is bo die tafels is só mooi en dit maak dit makliker vir trou gaste om met mekaar te kan gesels sonder om rond te beweeg vir ʼn groot middelstuk wat in die pad is.

Nguni Restaurant & Catering het die spyseniering gedoen by die paartjie se troue. ʼn Verskeidenheid canapés was aan gaste bedien, wat hulle kon geniet met ʼn lieflike glasie vonkelwyn.   Dit was ʼn kombinasie van warm en koue happies soos Bobotie, springrolletjies, gruyere-kaaspoffertjies, en seekosse.  Nadat gaste gesit het kon hul kies tussen beesfilet met chimichurri of ʼn soja-geglasuurde salm met kant disse van gestoomde groente en bros geroosterde aartappels.  Vir nagereg kon gaste hulself help by die nageregtafel met heerlike soet lekkernye.

Rol af om meer te sien van Max en Rachel se elegante troue in Plettenbergbaai en ook meer te lees oor hul liefdesreis as paartjie.

 

Paartjie se Liefdesreis:


ʼn Gemeenskaplike vriend het ons in die winter van 2016 in New York City voorgestel.  Op ons eerste afspraak het Rachel vir Max vertel van haar Suid-Afrikaanse wortels, haar ouers se emigrasie na die VSA en die klein dorpie langs die suidelike kus van Suid-Afrika dat haar familie besoek elke jaar, Plettenbergbaai.  Rachel kon dit nie glo toe Max meedeel dat hy nie eens twee jaar tevore na ‘Plett’ gereis het op ʼn reis na Suid-Afrika saam met sy broer nie.  Die res was geskiedenis!

In Junie 2021 het Max vir Rachel gevra om te trou in die tuin van haar ouerhuis in die voorstede van New York.  Nadat albei families Rachel verras het vir ʼn heerlike middagete, het Max vir Rachel gesê hulle moet terug reis na die Stad vir ʼn familie fotosessie.  Min het sy geweet dat al hul vriende in Central Park gewag het vir ʼn verrassing park partytjie!  Die vieringe het tot laat in die nag by ʼn plaaslike buurt kroeg voortgegaan.

Verloof- en Trouringe:


Rachel is die stigter van ʼn fyn juweliersware maatskappy, r. chiara.  Sy het ons albei se ringe ontwerp.  Haar s’n, ʼn pragtige emerald cut met ʼn bezel eternity band, baie klassiek met ʼn moderne aanslag.  Max se ring is ʼn klassieke goue band met ʼn Europese pasvorm, gemodelleer na sy pa se troupand.  Elkeen het ʼn spesiale gravering van die ander aan die binnekant.

Meer oor Nguni Restaurant & Catering:


Nguni Restaurant & Catering is geleë in Plettenbergbaai in die populêre Tuinroete distrik in die Wes-Kaap.  Hulle doen spyseniering vir troues, partytjies en spesiale geleenthede vir meer as 20 jaar.  Spyskaart word vir elke funksie aangepas en pasgemaak volgens die kliënt se voorkeure.  Nguni Restaurant & Catering het nie een vasgestelde spyskaart nie aangesien elke geleentheid uniek is in hulle oë.   Hulle kook omdat hul lief is vir kos!

Nguni Restaurant & Catering het ʼn reputasie gebou en het al voorheen spyseniering gedoen vir troues en korporatiewe geleenthede vir kliënte soos soos Pam Golding se toekennings, Kurland Polo, Otter-roete, Investec ensovoorts, om net ʼn paar te noem. Hierdie gesogte span wat slegs slegs bestaan uit dames kan enige geleentheid verander is ʼn onvergeetlike fees.  Besoek gerus Nguni Restaurant & Catering se webtuiste vir ʼn kwotasie vir julle troue of spesiale geleentheid.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


’n Paar oomblikke staan regtig uit.  Die seremonie, met die natuurlike skoonheid van ʼn lelie-dam en berge wat ons omraam terwyl ons, ons geloftes uitgeruil het, na die son wat sak terwyl ons skemerkelkies op die klimop-bedekte stoep geniet het, dit was alles só spesiaal.

Dan was daar die magnetic energy in die vertrek.  Al ons vriende en familie het halfpad oor die wêreld gereis om die aand weg te partytjie, en dit was electric.  Dit is moeilik om die vreugde te beskryf wat ons gevoel het om almal in Plettenbergbaai by ons te  kon hê.

Trourok:


Rachel wou ʼn trourok hê wat klassiek, maar modern was om by die omgewing van ons buitelug-venue te pas.  Sy het dit gevind in ʼn Liz Martinez bandlose, korset, A-lyn rok, kompleet met delikate kralewerk en ʼn deurskynende rug.  Dit was die rok van haar drome.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Marius, ons troubeplanner, was ons ruggraat.  Hy was fantasties in die koördinering en beplanning met ʼn paartjie in ʼn ander kontinent, in ʼn ander tydsone.  Hy het ons visie verstaan en dit absoluut na lewe gebring.

Ons fotograaf, Michelle, en videograaf, Mighty Fine, was ook besonders. Hulle kon elke pragtige oomblik vasvang sodat ons hulle oor-en=oor kan herleef.

Ons vriende en familie praat steeds oor ons platejoggie, Jevan Binder, en saksofoonspeler, Sheldon Sham. They truly brought the house down. Wat ʼn droom.

Ten slotte, ons bloemis Ecozest was werklik puik, so ook die spyseniering van Nguni.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet elke sekonde.  Ons weet, dis makliker gesê as gedaan.  Dit kan ’n stresvolle proses wees, maar aan die einde van die dag gaan dit oor jou liefdesverhaal.  Die dag kom en gaan só vinnig, maar wat regtig saak maak, is julle twee.  Neem daardie spesiale oomblikke om terug te tree en alles in te trek, want die herinneringe sal ʼn leeftyd hou.

Trou Venue:


Ons het met die eerste oogopslag verlief geraak.  Ons is mal oor Plett vir sy natuurlike skoonheid.  Die trou venue Kurland het elke boks en nog afgemerk.  Ons kon nie genoeg kry van die asemrowende uitsigte, pragtige plattelandse villa, uitgestrekte eiendom en warm gevoel regdeur die terrein nie.  Dit was pure betowering op die Suid-Afrikaanse platteland.

Trou Dekor en Styl:


Ons het vir ʼn minimalistiese voorkoms gegaan om aan die skoonheid van die omgewing te verleen.  Ons het natuurskoon laat praat, en die groen gebalanseer met wit blomme, goue aksent en baie kerse om by die romanse te voeg.  Daar het kandelaars regdeur die oop dak-tent gehang, en soos die aand aangegaan het, het die ligte verdof en die sterre helder geword.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het 160 trou gaste gehad en het ʼn totale begroting van R1,000,000, alles insluitend ʼn begroting van so R 6,250 per persoon gehad.  Hulle het 18 maande aan die troue beplan met behulp van ʼn trou beplanner.

Eerste Dans:


Imagine, by Ben Platt

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: