Neill & Carla se Spontane Paartjie Fotosessie

In dié inskrywing deel ons Neill en Carla se spontane paartjie fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie se glimlagte is aansteeklik en ons kan sien dat hul sommer baie pret gehad het gedurende hulle fotosessie.

Ons glo elke paartjie moet ʼn fotosessie doen op een of ander stadium.  Nie net is dit ʼn oulike manier om die spesiale herinneringe vas te vang nie, maar dit is ook soveel pret.  As julle nie hou van die kamera nie, dan is dit sommer ʼn goeie idee om ʼn fotosessie te bespreek.  Leef bietjie buite jul gemaksone en geniet ʼn prettige fotosessie.

Carla en Neill is albei baie lief vir die natuur en daarom het hul besluit op ʼn buitelug fotosessie in die natuur.  Die dam in die agtergrond van hul foto’s pas perfek by die hele natuur tema.  Daar het tot ʼn hele paar druppels reën geval tydens hul fotosessie, maar dit het hul nie gekeer om pragtige foto’s te kry nie.

Besoek Mooi Troues se Trougids vir baie oulike fotograwe vir julle fotosessie.  Waarvoor wag julle?  Bespreek sommer nou jul fotograaf en maak herinneringe wat ʼn leefstyl by julle sal bly.  Rol af om meer te lees oor Neill en Carla se Spontane paartjie fotosessie en hulle padjie saam.

Die eerste ontmoeting:


Ons het in ons 1ste jaar (2019) op Universiteit ontmoet by ʼn tipiese “Vlei braai” op die PUK in Potchefstroom.  Ons het mekaar toe weer ʼn rukkie later by ʼn Minjonet Dameskoshuis en Excelsior Manskoshuis aksie raak geloop.  Daar het die spark begin.  Dit was egter nie so vinnige “tjoef-tjaf” verhaal nie.  Ons albei was jonk en impulsief en het besluit om vir eers vriende te wees.  Deur die loop van universiteit as ons mekaar gesien het was die spark altyd daar.  In lockdown het Neill plaas toe gegaan en voltyds begin boer wat dit moeilik gemaak het om mekaar te sien.

In Oktober 2022 het die regte tyd uiteindelik aangebreek vir ons amptelik liefdes verhaal.

Carla het “toevallig” naby Gerdau, waar Neill boer, werk gekry en gemaak dat ons verhouding vinnig vlam gevat het.  Ons albei is gelukkiger as ooit.  Vier jaar lank se gebede maak verseker “Ons storie” kosbaar en die wag die moeite werd.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Neill se gunsteling eienskappe van Carla:
  • Carla se manier hoe sy die vertrek ophelder as sy daarin stap met haar sprankelende persoonlikheid.
  • Sy lig my op en hou my positief as ek down in the dumps is.
  • Sy is lojaal.
  • Haar sterk verhouding met God.
  • Haar omgee hart, sy versorg en kyk mooi na my (en almal om haar).
  • Haar moederlike eienskappe en hoe lief sy ander het.
  • Niks is ooit te veel gevra nie vir haar nie.
  • Sy kom met almal oor die weg.
Carla se gunsteling eienskappe van Neill:
  • Neill is die hardwerkendste mens wat ek ken.
  • Hy pas my soos goud op en stel altyd my (en ander) se belange eerste.
  • Hy laat my veilig voel en maak altyd seker ek is reg.
  • Neill bring die beste uit my uit en maak my lag.
  • Hy is sterk en ferm, maar steeds sag en liefdevol.
  • Hy weet wanneer om te werk en wanneer om ʼn lekker tyd te hê (hy het balans in die lewe).
  • Neill gun vir almal om hom net die beste.
  • Hy is vrygewig.

Drome as paartjie:


Ons droom is om altyd so kinderlik verlief te bly en dat die spark nooit sal verdwyn nie.  Ons droom is dat ons liefde sal aanhou groei en dat dit sal lei tot ʼn dol gelukkige huwelik.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Daar is vir ons niks lekkerder as Carla saam Neill plant, stroop, spuit, of beeste kyk terwyl Neill moet werk nie.  Andersins is ons albei baie sosiaal en geniet ʼn lekker braai of sosiale geleentheid saam vriende of familie.

Rede vir die fotosessie:


Carla het gegradueer toe besluit ons om net ʼn paar graduerings foto’s te neem en die res net ʼn normale paartjie fotosessie te doen.  Of wel so ons gedink tot dat dit begin reën het en dit ons fotosessie alles behalwe normaal gemaak het.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons altwee is baie lief vir die natuur en daarom wou ons in die natuur foto’s neem.  Ons wou net “ons” weerspieël in die foto’s en wou daarom ‘n spontane, in die oomblik fotosessie hê.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Ons is mal daaroor om piekniek te hou met ʼn koffie of ʼn sundowner op die koppie of tussen die mielie lande op die plaas.  Ons absolute gunsteling afspraak is wel wanneer die sonneblomme blom om tussen die sonneblomme agter op die bakkie (gepak met komberse en kussings) tydens sonsondergang ʼn piekniek te hou.  ʼn Ander gunsteling is ʼn “date night” by die huis, waar ons saam kos maak en kerslig ete hou met lekker musiek in die agtergrond.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: