Nico & Anlo se Prettige Intieme Troue

Ons is baie opgewonde om Nico en Anlo se prettige intieme troue met Mooi Troues se lesers te deel.  Die paartjie het by ʼn populêre en pragtige klein restaurant op ʼn plaas in die Muldersvlei omgewing getrou.

As julle besig is om ʼn intieme troue te beplan, dan is Anlo en Nico se troue definitief een wat op julle kortlys moet wees.  Die paartjie se selfdoen troue sal paartjie tonne inspirasie bied.  Hulle het ʼn mengsel van ʼn romantiese, moderne tema gehad vir hul troue, definitief ʼn tema wat tydloos is en altyd mooi sal wees.

Anlo se trourok en sluier van Once Worn Bridal is só mooi en effens eksentriek waaroor ons totaal en al gaande is.  Die Rosa Karoo ontwerpers trourok van Once Worn Bridal se pofferige arms is só stylvol en definitief uniek aan ʼn trourok.

Die bruid het ook ʼn pragtige handruiker gehad wat bestaan het uit wit orgideë en sagte pienk rose.  Nico het ʼn swart troupak gehad en om die prettige styl van hul troue deur te trek het hy ʼn paar wit tekkies aangehad.

Die seremonie was op die stoep van die trou venue omring deur die oulike binnehof tuin en wit mure van die trou venue.  Anlo en Nico se troue se gevoel in die algeheel is baie informeel, maar met styl.  Dit is die perfekte kombinasie as mens dit reg dóén soos die paartjie.

Hulle het nie gefokus op te veel dekor vir hul troue se onthaal nie en het dinge effens anders gedoen, wat altyd verfrissend is om te sien. Inplaas van ʼn troukoek het hulle ʼn sjampanje toring gedoen.  Almal is mal oor ʼn sjampanje toring en dit lyk ook net altyd so mooi!

Rol af om meer te lees oor hul prettige intieme troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek het vir Nico op ʼn realiteit TV program raak gesien waar hy die Sjef was.  Ek het vir hom op sosiale media gekontak waar hy my toe op ʼn ‘date’ gevra het.  Een date word toe twee en so het die lys aan gegaan.

Na vier maande in Oktober 2022 toe vra hy my om te trou.  Ons was weg Paternoster toe vir sy verjaarsdag, so ek het nie veel vermoed nie.  Ons het op die strand gaan stap met ʼn vreeslike koue wind wat gewaai het.  Hy het my terug geroep vir ʼn “drukkie” en toe op sy een been af gesak en my gevra om te trou na hy sy liefde aan my verklaar het.  Was eintlik bitter oulik.

Meer oor Once Worn Bridal:


By Once Worn Bridal lê hul grootste trots daarin om ʼn premium ervaring aan hul gekoesterde kliënte te lewer.  Hulle gekureerte saamgestelde versameling bevat tweedehandse en voorbeeld trourokke handgeselekteer uit die beste aanbiedinge in die bruids bedryf.  Boonop bied hulle ook trourok huurdienste en pasgemaakte nuwe trourokke van gerespekteerde Suid-Afrikaanse ontwerpers etiket, Rosa Karoo Bridal.  Die luukse bruidsrokke in Once Word Bridal se boetiek is werklik ontsagwekkend en beloof ʼn onvergeetlike ervaring vir toekomstige bruide.

Tydens die bruide se privaat aanpas konsultasies gaan hulle kundige stiliste ekstra myl om ʼn  genotvolle ervaring te verseker, wat die bruid en haar gevolg op hul gemak laat voel. Once Worn Bridal se toewyding strek verder as net die verskaffing van pragtige trourokke; hulle wil ook die omgewing bewaar.  Vir elke trourok wat verkoop word, plant Once Worn Bridal ʼn inheemse boom, wat die koolstof voetspoor van die aankoop effektief verreken.  Boonop het hulle hierdie jaar hul pogings uitgebrei om bye bewustheid en -bewaring in te sluit, wat bydra tot die bewaring van hierdie noodsaaklike bestuiwers.

Met Once Worn Bridal se unieke benadering kan bruide ʼn trou-ervaring geniet wat hulle nie net fantasties laat voel nie, maar hulle ook goed voel om ʼn positiewe impak in die wêreld te maak.

By Once Worn Bridal glo hulle dat elke stap in die rigting van ʼn droomtroue ʼn stap na ʼn helderder, groener toekoms kan wees.

Veloof- en Trouringe:


Ek het vooraf vir Nico foto’s gestuur van ringe waarvan ek hou en gesê dat ek graag ʼn ovaal vorm ring in roosgoud wil hê.  Ek het ook tien klein diamante gehad wat ek vir hom gegee het wat ek by my ouma geërf het wat ek graag in die ring wou hê.  Hy kon self die ontwerp kies en hoe hy dit daarin wou sit.  Hy het die mooiste ring vir my laat maak deur Moek Jewelry.  Ek het sy ring vir hom laat maak in goud deur Viljoen Juweliers, asook my trou pant in roos goud.  In albei ons pante het ek ons trou datum laat graveer, asook die vers Markus 10:9, wat vir ons baie spesiaal is.

Trourok:


Ek het my trourok gekoop by Once Worn Bridal in Somerset-Wes wat pasgemaak is vir my deur Rosa Karoo Bridal met moutjies wat afneembaar was.  Die rok was absoluut beeldskoon en was alles wat ek oor gedroom het.  Daardie prentjies wat jy op Pinterest sien.  Dit was werklik een van die mooiste rokke en ek het só mooi gevoel in my spierwit rok.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die seremonie was ongelooflik spesiaal en so geseënd in die Here se ver teenwoordigheid.  Ons het ook baie die dansvloer geniet saam met al ons gaste.  Dit was vreeslik lekker gewees en het soveel pret gehad.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Beslis die fotograwe.  Hulle is baie oulike mense en die mooiste paartjie wat vriende geword het.  Hul liefde vir Jesus is só mooi en hul werk is regtig besonders mooi.  Hulle het ons sô gemaklik laat voel voor die kamera en regtig al ons wense na gekom vir ons trou dag.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Moenie te veel spandeer op onnodige dinge soos skryfbehoeftes ens nie.  Jou geld word letterlik in die drein af gegooi.  Probeer om nie te stres as iets nie reg verloop nie.  Net jy weet daarvan, jou gaste gaan nie weet as iets “verkeerd” is nie.  En die dag gaan oor jou en jou man.  Moenie dat stres oorneem en jou ontneem van ʼn mooi, geseënde dag nie.

Trou Dekor en Styl:


Ek wou hê ons kleurskema moes inmeng met die natuurskoon van die venue en die “plasie”.  Strooijonkers het sage groen strikdasse gedra en strooimeisies het sage groen rokkies gedra.  Gaste kon kies tussen olyf groen, emerald groen, vlootblou, vuil pienk of swart.

Ons het nie regtig dekor gedoen nie, omdat die venue reeds mooi was met blomme en groenigheid.  Ons het net feetjie liggies by die onthaal laat ophang in die bome en inplaas van ʼn koek het ons ʼn sjampanje toring gedoen.  Dit was steeds ʼn elegante troue in die natuurskoon.

Trou Venue:


Ons wou ʼn venue hê wat vir ons ʼn “plasie” gevoel sou gee en wou in die buitelug trou met die natuur se skoonheid.  Ons wou ook net ʼn klein intieme troue hè met familie en naastes.

The Kraal Joostenberg het al ons boksies getik.  En die personeel is werklik so bedagsaam en behulpsaam.  Hulle het die mooiste natuurskoon en geluide van voëltjies in die agtergrond.  Dit was soos ʼn sprokiesverhaal.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie se troue was ʼn selfdoen troue met 38 trou gaste en ʼn begroting van so R 1,050.00 per persoon.  Hulle het vyf maande aan die troue beplan.

Eerste Dans:


Dressed Up In White – CAL

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: