Tjaart & Natasha se Simplistiese Boheemse Troue

In dié inskrywing deel ons Tjaart en Natasha se simplistiese boheemse troue naby Gansbaai in die Overberg distrik met Mooi Troues se lesers.

Die paartjie het by die populêre trou bestemming, De Uijlenes getrou.  Dit was ʼn gesellige naweek troue met familie en vriende.  De Uijlenes is bekend vir hul naweek troues waar gaste sommer oornag in hul verblyf opsies.

Hulle het die mooiste seremonie gehad onder ʼn massiewe boom in die woud gehad.  Die halwe gedroogte blomme boog by die seremonie is só mooi en pas perfek by die paartjie se styl.

Natasha en Tjaart se trou onthaal was in die Old Barn & Forest venue.  Hulle trou kleure was gebrande oranje, met skakerings van bruine, sjampanje en ligte pienke.  Die aardse tema is altyd ʼn wenner by ʼn troue en skep ʼn baie warm verwelkomende en gesellige atmosfeer.

Ons is totaal en al verlief op hul gaste geskenkies. Elke gas by Natasha en Tjaart se troue het ʼn pragtige klein portret illustrasie van hulself gekry as dankie sê geskenke.  SuikerBossie Creative het vir elke gas hierdie oulike individuele illustrasies geskets.  Dit is so ʼn oulike en unieke trou geskenk wat gaste vir altyd sal onthou.

Dit was ʼn troue gevul met feesviering.  Dié trou venue weet hoe om paartjies se troues in onvergeetlike feesvieringe te verander.  Met lieflike vure tydens die drankies en canapés en ook ʼn oulike wyn stasie en vonkelwyn toring, kan mens nie vir meer vra nie.

DJ PEPE SA  het seker gemaak die paartjie se gaste word vermaak met lekker musiek en dat gaste die dansvloer geniet.

Rol af om meer te lees oor Tjaart en Natasha se liefdesreis en hul simplistiese boheemse troue.

Paartjie se Liefdesreis:


TJ was ʼn “blind date” vir my by ʼn huisdans.  Ek het toevallig ʼn wit rok gedra.  Vir ons predrinks voor die dans het ons na ʼn kroeg in Houtbaai gegaan.  Sommige van die gaste het gedink dat ons pas getrou het, en ons het besluit om saam te speel.  Vinnig het dit gegaan van “blind date to soulmate”.

Sedertdien het ons altyd daarvan gehou om buite avonture te beleef, kamp, stap, visvang of ʼn Karoo-veld braai.

TJ het vir ons ʼn naweek weg bespreek na Badensfontein in Montagu waar hy my gevra het om met hom te trou.  Toe ons daar aankom kon ek baie vinnig in TJ se optrede sien dat hierdie nie net nog ʼn gewone naweek weg is nie.  Ek was moeg na ʼn lang week se werk, en na ons afgepak het was ek baie lus om vuur aan te steek en my pantoffels aan te trek, maar TJ het aan gehou vra dat ons eers ʼn foto moet neem.  TJ het die kamera mooi opgestel en langs my kom staan. Hy het gebewe soos ʼn man wat bok koors het.  Kort daarna het hy vir my gesê dis nie ʼn foto nie en dat daar iets is wat hy vir my moet vra, en dis toe hy afgegaan op sy knie en my gevra om te trou.

Veloof- en Trouringe:


Bruid se ring:

Ek het altyd my oog gehad op Ring Artisan se ringe gehad, en het vir TJ saam gesleep dat ek hulle ringe kan aanpas oppad na ʼn naweek weg.  Almal was vir my baie mooi, maar volgens TJ het my gesig net opgehelder toe hy daardie spesifieke ring aan my vinger sien, en hy het net geweet dat dít dié een is.

Bruidegom se ring:

Die ring is ʼn erfstuk van TJ se oupa.  Om dit meer persoonlik te maak het ons die trou datum en my vinger afdruk aan die binne kant van die ring laat graveer.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleur skema was “burnt orange”, bruin, champagne en ligte pienk.  Die styl was boheems.  Ons wou vir ʼn meer aardse, natuurlike gevoel gaan omdat ons albei so lief is vir die buite lewe en natuur.  Dit was vir ons belangrik om ʼn warm en gemaklike atmosfeer te skep.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Bruid:
  • Die brief en video wat TJ vir my gestuur het om te lees en kyk die oggend van ons troue.
  • Die takbok wat saam my ma by die trou gang af geloop het.
  • My broer wat ʼn “beerboy” was.
  • Ek en my Pa het ingestap op my Ma en Pa se trou liedjie.
  • Die oomblik toe ek vir TJ voor die kansel sien.
  • Toe ons seremoniemeester vir die eerste keer sê: “Natasha Kilian”.
  • Toe ons ons instap liedjie op mors en dit steeds own.
  • Riana Nel wat vir ons ʼn liedjie geskryf het wat so perfek by ons gepas het.
  • My dans saam my oupa.
  • My en TJ se eerste dans.
Bruidegom:
  • Vrydag aand spit braai.
  • Toe ek klaarmaak saam my strooijonkers in die cigar lounge.
  • Toe al die gaste by die seremonie aankom.
  • Natasha wat in die trou gang af stap.
  • Toe die Dominee vir die gevolg vra om ons te staan terwyl hy vir ons bid.
  • Ons seremoniemeester was verskriklik goed heel troue lank.
  • Natasha se toespraak.
  • My dans saam my Ma.
  • My en Natasha se eerste dans.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Husband Wife Team – Christien het ons baie rustig gemaak op die dag en het ons persoonlikhede perfek in die dekor vasgevang.

Raging Goose Koffie – Hulle het twee keer stalletjie opgeslaan Saterdag- en Sondag oggend sonder dat ons daarvoor gevra het en die koffie was besonders.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


  • Beplan die troue saam as ʼn paartjie.
  • Maak weeklikse date nights en gaan saam deur die beplanning.
  • Stel saam ʼn Excel spread sheet op om te help met begroting en weeklikse to-do lists.
  • Besluit vroeg wat is vir julle belangrik, en wat weerspieël julle as ʼn paartjie.
  • Moet nie geld uit gee op iets wat nie vir julle gelukkig gaan maak nie.

Trourok:


Ek wou graag iets anders hê, dit was ʼn kombinasie van verskillende elemente van rokke waarvan ek gehou het.  Dit was werklik ʼn span poging tussen my en Charlotte, maar sy het my persoonlikheid perfek in dié rok deur gebring.  Dit was ʼn perfekte kombinasie tussen “minimalistic” en “glam”.

Trou Begroting en Beplanning:


In totaal het hul 100 trou gaste gehad en het een jaar lank aan hul selfdoen troue beplan.

Trou Venue:


Ek het al vir jare voor ons verloof geraak het geweet dat ons droom troue by De Uijlenes moet wees.  Na ons verlowing het ons steeds na ander venues gaan kyk, maar nie een kon vir ons by De Uijlenes uit kom nie.  Ons het die venue geboek sonder om ʼn formele “viewing” te doen.  Dit was die perfekte balaans tussen natuur, warm en modern.  Die menigte akkommodasie opsies was natuurlik ook ʼn plus punt.  Die venue beskryf ons verhouding en persoonlikhede perfek en ons kon nie vir beter vra nie.

Meer oor SuikerBossie Creative:


SuikerBossie Creative is ʼn kreatiewe maatskappy wat spesialiseer in pasgemaakte illustrasie-ontwerpe.  Hulle skep pragtige portrette van elke gas wat julle troudag bywoon! Hierdie unieke illustrasies dien beide as plasings kaartjies en hartlike dankie-geskenke wat gaste daarna kan raam.

SuikerBossie Creative bied ook die opsie dat die illustrasies in ʼn gasteboek gedruk word, sodat elke gas ʼn opregte boodskap langs hul unieke kunswerk kan laat.  Op hierdie manier sal paartjies ʼn versameling van al die illustrasies en spesiale boodskappe in een pragtige aandenking hê.

Laastens bied hulle ook ʼn diverse keuse van individuele pasgemaakte illustrasies, beskikbaar in ʼn verskeidenheid boeiende artistieke style.

 

Meer oor De Uijlenes:


De Uijlenes is die perfekte trou bestemming.  Hulle het nie net een nie, maar twee ongelooflike troues venues vir paartjies om van te kies – die bekoorlike Nightjar Venue of die rustieke Old Barn & Forest Venue.

De Uijlenes spesialiseer in ʼn onvergeetlike drie-dag naweek troue met verblyf vir AL (of meeste) van julle geliefde trou gaste op hul eiendom.  Niemand hoef bekommerd te wees oor vervoer nie, want die partytjie is reg waar die hart is.

By De Uijlenes gaan alles daaroor om julle spesiale dag só uniek soos jul liefdesverhaal te maak.  Met hulle ontspanne en prettige atmosfeer, kan julle werklik elke detail pasmaak om julle troue ʼn unieke ervaring te maak.

Elke trou venue sluit ook ʼn gesellige toevlugsoord in, vir julle en jul gevolg om te ontspan en voor te berei vir die feesvieringe wat voorlê.  Dan na die drie dae van feesviering en nadat julle trou gaste vertrek het, kry julle ʼn ekstra nag vir net julle twee om te ontspan en al die herinneringe van die naweek in te neem.

By De Uijlenes gaan dit nie net oor die “I Do” nie.  Dit gaan daaroor om mense bymekaar te bring om drie dae lank fees te vier.  Hul het vreugdevure, canapés, vonkelwyn en meer, want liefde is die moeite werd om te vier, en De Uijlenes se span is daar om dit onvergeetlik te maak!

Eerste Dans:


You are the reason – Calum Scott

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: