In dié artikel deel ons graag dié moderne trou inspirasie vir ʼn luukse troue met Mooi Troues se lesers. Hierdie moderne gestileerde trou inspirasie fotosessie by die pragtige Loch Lynne Wine Estate in die Durbanville Wyn Vallei is een wat jy nie moet mis nie. Loch Lynne is die perfekte keuse vir ʼn luukse troue met hoë gehalte moderne interieurs en prentjie mooi uitsigte kan mens nie verkeerd gaan nie.
Hierdie gestileerde fotosessie was gereël deur die talentvolle fotograaf met die hulp van ʼn professionele trou koördineerder. Wow! Dit het perfek uitgedraai en ons is dol verlief oor die hele gevoel van die trou inspirasie fotosessie. Maak julself gereed vir ʼn blomme ontploffing. By Mooi Troues is ons baie lief vir blomme, en baie daarvan! Hierdie fotosessie het definitief nie terug gestaan wanneer dit by die blom ontwerpe kom nie.
Daardie blomme boog wat agter die informele sitkamer opset is, is iets besonders mooi. Dit is ʼn goeie idee om ʼn blomme boog of twee in ʼn trou onthaal te implementeer, omrede dit mens se aandag trek en dit lewe gee aan enige spasie.
Die tafeldekor is prentjiemooi. Dit is altyd lekker om ʼn vars uitkyk op trou dekor te hê en iets anders te sien as die tendens wat tans orals gesien word. Hierdie tafel het soveel sagte kleur skakerings met pastelle en hier en daar ʼn tikseltjie goud soos met die eetgerei. Alles was perfek van die foto’s, tafel dekor, blomme, bruid se handruiker, trourokke, bruidegom se pak, grimering en hare, troukoek, trou skryfbehoeftes en die prentjie mooi ligging.
Alles is moontlik met ʼn span talentvolle trou diensverskaffers. Met ʼn professionele span, sal julle ʼn stresvrye troue ervaar. As julle opsoek is na inspirasie vir julle troue, rol af vir moderne trou inspirasie vir ʼn luukse troue.
Meer oor Loch Lynne Wine Estate:
Loch Lynne is ʼn pragtige wynlandgoed met ʼn trou venue, geleë teen die heuwels van Durbanville. Hierdie skilderagtige werkende plaas behou steeds hul boerdery-aktiwiteite en is omskep in ʼn lieflike bestemming vir troues.
Of julle opsoek is na pragtige natuur tonele en groenigheid van die Kaapse wynlande, of die hoë gehalte moderne interieurs van dié venue vir julle troue, dan sal Loch Lynne die perfekte keuse wees vir julle spesiale dag. Loch Lynne het verskeie areas beskikbaar waar julle jul droomtroue of spesiale geleentheid kan hou.
Loch Lynne het ʼn ruim stylvolle onthaal lokaal perfek vir troues en funksies. Die buitelug binnehof is perfek vir ʼn buitelug seremonie, intieme troue of funksie. Vir die seremonie kan julle gebruik maak van Loch Lynne se pragtige glas huis lokaal. Die keuse is julle sin.
Wie het die fotosessie gereël?
Coba Photography en Dear Grace Events.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ek, Coba, wou graag ʼn moderne fotosessie reël om my portefeulje op te dateer. Daarom het ek gedink om ʼn fotosessie te reël wat meer modern is, met sagte kleure en trou dekor.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek het dadelik vir Simone van Dear Grace Events gekontak. Sy is fantasties om mee saam te werk. Ons het toe saam al die verskillende diensverskaffers gekies. Almal was ongelooflik!
Agter die skerms van die fotosessie:
Ons het eers die dag voor die fotosessie die bruidegom se pak gekry. Daar is minder winkels wat bruidegom pakke verhuur as wat daar plekke is wat trourokke verhuur. Die fotosessie het ook natuurlik langer geneem as beplan, of ons het nie tyd gehad vir al die voorkomste wat ons wou doen nie. Maar alles het perfek uitgewerk!
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Hoe alles op die ou end perfek uitgewerk het. Al die diensverskaffers was ongelooflik gewees om mee saam te werk, almal is so talentvol! Die drie pragtige modelle van die dag het ook natuurlik ons werk baie maklik gemaak.
Dekor:
Ek wou vir sagte kleure gaan met die dekor. Winterbirds Events in samewerking met Beau Atelier, Palm Event Hire.
M.Studio en Ohrr Candles het alles só mooi laat lyk.
Kleurskema:
Weereens wou ek sagte kleure; ligte pienk en wit gebruik vir die fotosessie, sodat enige paartjie hierdie tydlose kleurskema kon gebruik vir hul troue.
Venue en Ligging:
Loch Lynne het uitgestaan omdat hulle troues doen vir die moderne paartjie. Dit is ʼn pragtige wynplaas perfek vir wynland troues.
Trourok en bruidegom pak:
Didi Couture was my eerste keuse gewees vir die rokke. Die pak het ek gehuur by the Tuxman in Cobblewalk – ek wou graag ʼn tydlose swart pak gebruik vir die fotosessie.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Die belangrikste is dat jy die regte diensverskaffers kies sodat hulle jou visie vir die troudekor ens. kan help realiseer.
- Venue: Loch Lynne
- Fotograaf: Coba Photography
- Agter die skerms fotograaf: Photos by Lise-Marie
- Blomme: Winter Bird Events
- Bruidegom-pak: The Tuxman Cobblewalk
- Dekor: Beau Atelier
- Kerse: OHRR candle collective
- Grimering: Behind the face Make up artistry
- Hare: Diva hairstyles
- Troukoek: The Cake Duchess
- Koördineerder: Dear Grace Events
- Skryfbehoeftes: M.Studio
- Meubels: Palm Events Hire
- Trourok: Didi Couture
- Videograaf: Kopel Kreative | Wedding Videographer
- Modelle: Esther Yenga + Charise Vorster+Fabio Yves Sedeman