Tyler & Minx se Verrassing Strand Verlowing

Met baie opgewondenheid en groot glimlagte deel ons Tyler en Minx se verrassing strand verlowing met Mooi Troues se lesers.  Wat net ʼn normale paartjie fotosessie op Sardinia Bay se strand in Gqeberha sou wees, het ontaard in ʼn pragtige verrassing verlowing.  Tyler het op sy knieg gegaan tydens die sonsak paartjie fotosessie en die groot vraag aan Minx gevra.  Met ʼn pragtige verloofring en ʼn bottel vonkelwyn is die spesiale oomblik gevier.

Dit is altyd só mooi as ʼn verrassing verlowing so perfek vasgevang word.  Die ware emosies wat in die foto’s voor en na die groot vraag vasgevang is is so mooi.  Dit is altyd belangrik om ʼn professionele fotograaf te huur, vir enige spesiale geleentheid soos dié.  Besoek Mooi Troues se trougids vir fantastiese trou fotograwe om julle herinneringe vas te vang.

Dié paartjie se verlowing fotosessie is so mooi. Al die elemente het perfek bymekaar gekom.  Die pragtige oop strande, rollende branders en die sagte oranje sonsondergang lig.  Ons kan sien Minx en Tyler het die fotosessie baie geniet en het omtrent pret gehad.

Rol af om meer te lees oor Tyler en Minx se verrassing strand verlowing en hul liefdesreis as paartjie.

 

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het van die eerste oomblik wat ons ontmoet het begin “uitgaan” – letterlik!  Ek het ʼn aand uit saam met my vriendinne geniet totdat ek herhaalde ongewenste aandag van ʼn man op die dansvloer begin ontvang het.  Ek het nie belang gestel nie!  Op daardie oomblik het ek ʼn kamtige “kêrel” nodig gehad!  Ek het na Tyler gewys, aangesien hy die naaste (en mooiste) was en hom as my “kêrel” verklaar.  Ek het Tyler nie van ʼn kant geken nie, maar ons speel voorgee het beter uitgewerk as wat verwag is.  Nie lank daarna nie, het Tyler my regte kêrel geword. En nou, 5 jaar later, my verloofde!

Die groot vraag:


Die verlowing het tydens ʼn sonsondergang fotosessie by Sardinia Bay strand plaasgevind.  Ons het geweet ons wil omtrent hierdie tyd van die jaar verloof raak, maar Minx het gedink ons gaan nét ʼn fotosessie op daardie spesifieke dag doen.

Ons het by die strand aangekom, die sonsondergang was pragtig.  Dit was net ons twee en die fotograaf.  Die fotograaf het aanhoudend vir Minx gesê om in die teenoorgestelde rigting te kyk en dis toe dat ek op een knie sak!  Daar was gelukkige trane en ons het ʼn bottel sjampanje oop gemaak.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Minx is die vriendelikste, liefdevolste en hardwerkendste mens wat ek ken.  Sy is tans besig met haar MSc, maar vind steeds op een of ander manier altyd tyd vir ons en om ander te help in haar besige skedule wat die tipe mens wat sy is perfek uitbeeld.

Tyler is die vriendelikste siel wat ooit bestaan het!  Hy is ook die slimste mens wat ek ken.  Tyler is uiters plat-op-die-aarde en gaan altyd uit sy pad uit om mense te help.  Hy is oplettend, saggeaard en vrygewig van aard.  Ek is mal oor die liefde en waarde wat hy vir sy familie het.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons beplan om die troue ongeveer twee jaar vanaf ons verlowing te hou, tussen Desember 2024 en April 2025.  Ons het albei baie familie oorsee en sal graag soveel as moontlik van hulle wil hê moet bywoon, en kyk na watter maand die beste daarvoor sal wees.

Die verloofring:


Ons het saam na ʼn paar juwelierswinkels gegaan vir Minx om verskillende ringe te probeer totdat ons die styl gekry het waarvan sy gehou het.  Sy het uiteindelik besluit op ʼn solitaire diamantring in ʼn protea setting van Browns Juweliers.  Dit is iets wat sy vir altyd sal hou en dra, so ons het albei dit belangrik gevoel om saam te gaan en 100% seker te wees.  Sy het dus geweet ek sou daardie styl kry, maar het nie haar ring gesien tot die oomblik wat ek haar gevra het nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Iets wat nog altyd vir ons albei belangrik was, is om seker te maak dat ons mees spesiale/grootste oomblikke as ʼn paartjie altyd op een of ander manier vasgevang word.  Die fotosessie is opgestel en beplan om ons werklike verlowing vas te lê – ons ware en rou emosies voor, tydens en nadat ek vir Minx gevra het om my vrou te wees.  Dié werklike oomblik self.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Sardinia Bay strand is waar die verlowing en fotosessie plaasgevind het en die inspirasie agter hierdie keuse was dat dit dieselfde strand was waar ek, tydens ʼn ewe mooi sonsondergang, Minx vyf jaar gelede gevra het om my meisie te wees.

Visie vir droomtroue:


Ons wil net hê dit moet ʼn sprokies viering van ons liefde wees waarvan al ons familie van naby en ver deel kan wees.  Ons as ʼn paartjie is mal oor die natuur, so ons sal graag ʼn buitelug-seremonie wil hê.  Die onthaal moet gesellig en pret wees – en dat daar BAIE feetjieliggies, sowel as ʼn goeie grote dansvloer moet wees.  In wese wil ons hê dat die seremonie mooi en welsprekend moet wees en dat die onthaal ʼn absolute partytjie moet wees.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: